Gru-ongeluk op N1 eis 5

(Foto: Verskaf)

Vyf mense van wie twee jong kinders is dood nadat ’n vragmotor en drie ander motors Saterdagmiddag in ’n botsing op die N1-hoofweg tussen Kranskop en die Modimolle-afrit in Limpopo betrokke was.

Mike Maringa, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, sê voorlopige ondersoek dui daarop dat die bestuurder van ’n Toyota Corolla ’n sperstreep verbygesteek het waarna dié motor reg van voor met ’n Volvo-vragmotor gebots het.

(Foto: Verskaf)

Die vragmotor het probeer uitswaai en teen twee ander motors gebots.

Twee bestuurders en drie passasiers is in die voorval oorlede. Dit sluit in ’n vyfjarige seun en sesjarige meisie.

Drie ander is in die voorval beseer.

Roekelose en nalatige bestuur is moontlik die oorsaak van die ongeluk, het Maringa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.