Gru-ongeluk op N1 eis vyf

(Foto: Verskaf)

Vyf mense is dood en een beseer nadat twee motors en ’n vragmotor Sondagmiddag in ’n botsing op die N1 naby Modimolle (Nylstroom) in Limpopo betrokke was.

’n Gebarste motorband het vermoedelik die gru-ongeluk tot gevolg gehad.

Mike Maringa, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê een van die motorbande van ’n Ford Kuga het vermoedelik gebars en die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor.

Die Ford Kuga het teen ’n aankomende Suzuki gebots waarna dié teen ’n vragmotor gebots het. Die Suzuki het aan die brand geslaan en die vragmotor het omgeslaan.

Die vragmotorbestuurder is lig beseer. Al die insittendes van die ander twee voertuie het in die voorval omgekom.

Maringa sê nege mense is die naweek op Limpopo se paaie dood. Die vorige naweek het 12 mense in motorongelukke in dié provinsie omgekom.

Voorlopige ondersoeke het gewys dat gebarste motorbande die moontlike oorsaak was in drie van die vier ongelukke wat die afgelope naweek in Limpopo aangemeld is.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, provinsiale LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, doen ’n beroep op motoriste om die toestand van hul voertuie na te gaan voor hulle na hul bestemmings vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Miskruier ·

Hier langs die R101 koop mens goedkoop bande, dalk versool of dalk net groewe dieper gesny.

Pieter ·

Die voertuig lyk nog nuut en bande ook as jy in zoom. Mens moet net ook onthou nuwe babas gaan ook dood. (Ek glo nie die bande is versool of groewe gesny nie.). Spoek kan wel n groot rol speel.

Danie ·

Dit is goed en reg om jou voertuig na te gaan maar met al die slaggate op die paaie kan jy n splinternuwe band so seer maak dat hy enige tyd kan bars. Gaan kyk in n parkeer area hoeveel motors staan daar dan lyk die band nog goed maar hy het n knop aan die kant van slaggat ry. Nee wat hulle moet die paaie eers reg kry en dan die bestuurders blameer

Misky ·

@Danie, ek stem 100% saam met jou en was ook my eerste gedagte. Ons hele land se paaie is n toestand en veral nou met reen seisoen wat by ons in Durban aangebreek het. Maak nie saak hoe mooi jy ry nie, daai slag gat is vol water en kan nie gesien word nie. Ek moes self so 3 maande terug nuwe band opsit agv slaggat en was skaars 6 mde oud gewees.

mynie ·

Ek sit al vir vier weke sonder my kar a.g.v n slaggat. En dit ook nogal met n nuwe band wat skaar 6 maande oud was.

Thys Dup ·

Slaggate speel wel n rol, maar kyk hoe lyk die bande waarmee mense op die pad gaan. Het hierdie naweek geen verkeers polisie op die pad gesien nie, maar baie voertuie wat verby my gejaag het op paaie wat nat was.

Kokerboom ·

Daar is 2 dinge wat my verstand te bowe gaan as dit by padveligheid kom nl die verkoop van 2ehandse bande en diere wat vryelik op paaie loop veral in omgewing van informele nedersettings!!!Hoe kan dubbele spelreels so toegelaat word???

Yvonne ·

Tragies…as ek kyk na die impak op die voertuie dan lyk dit of spoed ook hoog was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.