Gru-ongeluk op N1: Nog ʼn man sterf

Foto: ER24

Die gru-ongeluk wat Woensdagoggend erge verkeersvertragings op die N1 naby die Koeberg-wisselaar in Woodstock, Kaapstad, tot gevolg gehad het, het nog ʼn lewe geëis.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het bevestig die bestuurder van die vragmotor het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Maroela Media het vroeër berig by paramedici se aankoms op die toneel het ʼn vragmotor en sy vrag in die snelbaan gelê. ʼn Motor is onder die vrag aangetref.

“Die bestuurder van die vragmotor het halflyf by die venster uitgehang. Hy is blitsig uit die vragmotor verwyder en deur paramedici ondersoek. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand.” Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Vincent Palotti-hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.

Volgens Meiring moes ʼn gespesialiseerde hyskraan gebruik word om die vrag van die motor af te verwyder. “Dit het lank geduur voordat hulle daarin kon slaag. Toe die vrag uiteindelik verwyder is, het paramedici die liggame van twee mans in die motor gevind. Hulle het reeds aan veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Verkeer is erg vertraag weens die voorval. Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois le Cochon ·

Alhoewel dit in hierdie geval nie blyk dat die vraghouer van die lorrie afgeval het nie, is dit ontstellend om te sien hoeveel lorries vraghouers vervoer wat glag nie vasgemaak is aan die “flatbed” nie. So paar jaar gelede in Kaapstad het so ‘n vraghouer afgeval op ‘n motor. ‘n Ma en haar swanger dogter is toe dood.

PATSY ·

Ek onthou die voorval het ook gister hiervan gepraat. Dit was presies by dieselfde wisselaar wat dit gebeur het.

Jaques ·

Dis reg, dieselfde wissellaar, en die groot rede hoekom die vragmotors daar so omdop?
Spoed.
Ek het al op menige dae gesien hoe hulle rondom daai draai gejaag kom teen ‘n spoed wat ek nie eens met ‘n sleepwa of karavaan agter my kar sou waag nie.

Robert ·

Baie eienaars van vervoermaatskappye is blatant aandadig. Hul dra net soveel skuld by ongelukke waar hul voertuie die skuldige party is. Hul is egter gou om hulself te distansieër. Die gemiddelde “trok”drywer is ook nie nie juis ‘n ou wat Fisika en Wiskunde op hoërgraad geslaag het nie. v = u + at en s = ½ (u+v) t, is beslis nie deel van hul denke nie.

dries ·

Ek wonder hoekom doen die verkeersowerhede nie iets aan die vragmotors en busse wat so vinnig jaag nie? IS HULLE BANG VIR DIE BESTUURDERS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.