Gru-ongeluk op N1: Polisie op soek na ooggetuies

Foto: ER24

Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag ʼn beroep gedoen op ooggetuies van ʼn grusame ongeluk Woensdagoggend op die N1 naby Woodstock om na vore te kom.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het lede van die publiek wat die ongeluk sien gebeur het of enigsins meer inligting oor die ongeluk het versoek om na vore te kom. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vragmotorbestuurder het na bewering beheer oor die voertuig verloor wat veroorsaak het dat die vragmotor en vraghouer bo-op ʼn motor geval het. Die twee insittendes in die motor het op die toneel gesterf. Die bestuurder van die vragmotor is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Die verkeer op die snelweg is erg vertraag weens die ongeluk.

Van Wyk het gesê enigiemand met meer inligting word versoek om sers. Melvyn Matthews op 079 894 0092 of 021 506 9400/52 te skakel. Alternatiewelik kan inligting by Stop Misdaad by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frederik ·

Teen wie ondersoek die polisie ‘n saak van strafbare manslag ?? Die betrokkenes is oorlede in die ongeluk.

My mening ·

Daar het dus niemand stilgehou wat die ongeluk gesien het. Heel moontlik want ek het dit ook ondervind waar ek die enigste een was wat stilgehou het by so ‘n ongeluk. Die wiel kan egter draai dat jy wat sommer maar net aanry ook eendag in ‘n ongeluk betrokke raak en dan?

Captain (Ret.) Paulus N Antonio ·

It’s a standard administrative procedure for the just administration of a judicial inquest since three people lost their lives in the horrific accidents and, for insurance purposes and the just administration of the testaments of the deceased in this matter. Somebody must have witnessed this horrible accident own up and be a real man and / or and tell the world what has really happened on that fatal day you are owing it, to humanity.

Corine ·

I agree with you Captain,
We have accidents in Holland but not that WORSE, any one who saw this happen MUST let know,

SE MAAR NET ·

Ek stop ooknie by ongelukke nie.
Ons bly in Suid Afrika. En dit is baie gevaarlik om net te stop. Ek as vrou alleen ry verby en bel die polisie….

Chris Ws ·

Heeltemal reg om nie te stop nie,veral op die oop pad want daar is ‘n hopelose te kort aan verkeers polisie op ons paaie wat beteken dat sou jy aangeval word op die ongeluks toneel gaan jy nie gou hulp kry nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.