Gru-ongeluk op N1; vier sterf

Vier mense het in die ongeluk buite Mokopane, Limpopo, gesterf. (Foto: ER24)

Vier mense is dood en twee ander beseer toe twee voertuie Vrydagmiddag op die N1-noord, sowat 15 km buite Polokwane in Limpopo, in ʼn ongeluk betrokke was.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was om 13:33 op die toneel.

“Die twee voertuie het langs die kant van die pad gestaan. Een voertuig het aan die brand geslaan,” het hy Meiring gesê.

Een van die slagoffers is deur ʼn verbygaande motoris uit die brandende motorwrak getrek. Hy is nie ernstig beseer nie. ʼn Persoon wat in die ander voertuig was, het ook geringe beserings opgedoen, het Russel gesê.

Hulle is na hospitale vir verdere behandeling geneem.

“Nadat die brandende voertuig geblus is, het paramedici vier mense met noodlottige brandwonde [in die voertuig] aangetref. Paramedici kon niks vir hulle doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval. Geen verdere besonderhede oor die ongeluk is in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.