Dodetal in gru-botsing styg tot 15

Argieffoto: Verskaf

Die dodetal in die ongeluk op die N4-tolpad in Mpumalanga het tot 15 gestyg.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, het Saterdagoggend gesê 14 mense is op slag dood en nog een, wat kritiek beseer is, het vanoggend in die hospitaal gesterf.

Die botsing het Vrydagaand omstreeks 19:30 naby Matsulu op die nasionale pad tussen Mbombela en Malelane gebeur toe een van die bestuurders ʼn ander voertuig probeer verbysteek het, sê Mabuza.

ʼn Midibus het trompop teen ʼn vragmotor gebots wat in die teenoorgestelde rigting op pad was. Hierna het ʼn passasiersmotor teen ʼn tweede vragmotor gebots. Die 14 mense wat op slag dood is, was almal insittendes van die 22-sitplek-bussie, onder wie die bestuurder.

Mabuza sê nege mense, wat die een vragmotorbestuurder insluit, is op die toneel behandel voor hulle na die Kiaat- en Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela gebring is.

Noodbeamptes het die een deel van die pad ure lank gesluit om die liggame van die toneel te verwyder. “Dit het tot massiewe vertragings op die pad aanleiding gegee,” sê Mabuza.

Pat Ngomane, Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes betuig en wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe.

Hy het bestuurders gemaan om die pad met groter versigtigheid te gebruik en beter op te let sodat nog lewensverlies in ongelukke voorkom kan word. Hy sê bestuurders moet veral saans op hul hoede wees wanneer omstandighede nie ideaal is nie.

ʼn Taakspan, bestaande uit amptenare van gemeenskapsveiligheid, die SAPD en die plaaslike owerheid sal môre met die naasbestaandes van die oorledenes byeenkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bernard Hellberg

Moenie vergeet om die ou “jaagduiwel”-storie by te sleep nie?

1+1

Hulle praat oor van ‘n taakspan van gemeenskapsveiligheid van die SAPD wat die naasbestaandes gaan nader. Ek hoop dat die taakspan wat aangestel is om die werklike oorsaak van die botsing te ondersoek hulle werk afgehandel het. ‘n Integriteitsverslag voordat hulle die naasbestaandes gaan nader is belangrik veral vir die eise wat ingestel gaan word. Dit gaan miljoene kos en ek wonder hoe lyk die finansies van die padongelukkefonds tans.

Pop

Niemand verbaas dat dit n taxi is nie???

Marcelle Malan

My innige simpatie met die families van al die oorledenes. Dit is so hartseer en onnodig. As dit nou al so gaan met ongelukke op byna al die hoofroetes sidder ek oor wat oppad is met die Desember 2018 vakansie om die draai.

Karinda

Wat vir my so verskriklik [email protected] in maak is dat die insittendes van die taxi’s nie eers mag kla as die bestuurder soos ‘n besetene ry nie want dan word hulle sommer afgelaai. Hier is 15 mense dood en hul gesinne is in rou gedompel. Dit is omdat die owerheid die verdomde taxi bestuurders laat doen NET wat hulle wil. Hulle is onaaantasbare en wetteloos – druk die regering ‘n pit!!!!! Hulle kan in teenoorgestelde verkeer op ry. In MyCiti bus lane ry, oor rooi verkeersligte haag en stop NET waar hulle wil. So letterlik laat die overheid hulle wegkom… Lees meer »