Dodetal in gru-botsing styg tot 15

Argieffoto: Verskaf

Die dodetal in die ongeluk op die N4-tolpad in Mpumalanga het tot 15 gestyg.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, het Saterdagoggend gesê 14 mense is op slag dood en nog een, wat kritiek beseer is, het vanoggend in die hospitaal gesterf.

Die botsing het Vrydagaand omstreeks 19:30 naby Matsulu op die nasionale pad tussen Mbombela en Malelane gebeur toe een van die bestuurders ʼn ander voertuig probeer verbysteek het, sê Mabuza.

ʼn Midibus het trompop teen ʼn vragmotor gebots wat in die teenoorgestelde rigting op pad was. Hierna het ʼn passasiersmotor teen ʼn tweede vragmotor gebots. Die 14 mense wat op slag dood is, was almal insittendes van die 22-sitplek-bussie, onder wie die bestuurder.

Mabuza sê nege mense, wat die een vragmotorbestuurder insluit, is op die toneel behandel voor hulle na die Kiaat- en Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela gebring is.

Noodbeamptes het die een deel van die pad ure lank gesluit om die liggame van die toneel te verwyder. “Dit het tot massiewe vertragings op die pad aanleiding gegee,” sê Mabuza.

Pat Ngomane, Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes betuig en wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe.

Hy het bestuurders gemaan om die pad met groter versigtigheid te gebruik en beter op te let sodat nog lewensverlies in ongelukke voorkom kan word. Hy sê bestuurders moet veral saans op hul hoede wees wanneer omstandighede nie ideaal is nie.

ʼn Taakspan, bestaande uit amptenare van gemeenskapsveiligheid, die SAPD en die plaaslike owerheid sal môre met die naasbestaandes van die oorledenes byeenkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Moenie vergeet om die ou “jaagduiwel”-storie by te sleep nie?

Chris Ws ·

Dan praat ons nie eers van “op ‘n dubbel sperstreep verbysteek “nie.Als faktore wat niks met die oorsake van ongelukke uit te waai het nie .

1+1 ·

Hulle praat oor van ‘n taakspan van gemeenskapsveiligheid van die SAPD wat die naasbestaandes gaan nader. Ek hoop dat die taakspan wat aangestel is om die werklike oorsaak van die botsing te ondersoek hulle werk afgehandel het. ‘n Integriteitsverslag voordat hulle die naasbestaandes gaan nader is belangrik veral vir die eise wat ingestel gaan word. Dit gaan miljoene kos en ek wonder hoe lyk die finansies van die padongelukkefonds tans.

Marcelle Malan ·

My innige simpatie met die families van al die oorledenes. Dit is so hartseer en onnodig. As dit nou al so gaan met ongelukke op byna al die hoofroetes sidder ek oor wat oppad is met die Desember 2018 vakansie om die draai.

Karinda ·

Wat vir my so verskriklik de-m$@r in maak is dat die insittendes van die taxi’s nie eers mag kla as die bestuurder soos ‘n besetene ry nie want dan word hulle sommer afgelaai.

Hier is 15 mense dood en hul gesinne is in rou gedompel. Dit is omdat die owerheid die verdomde taxi bestuurders laat doen NET wat hulle wil. Hulle is onaaantasbare en wetteloos – druk die regering ‘n pit!!!!! Hulle kan in teenoorgestelde verkeer op ry. In MyCiti bus lane ry, oor rooi verkeersligte haag en stop NET waar hulle wil.

So letterlik laat die overheid hulle wegkom met moord – hierdie onskuldige slagoffers se bloed is op julle hande!

Wilmarie ·

Ek stem saam jou. Daai mense het nie ander vervoer nie, hulle moet maar van taxi’s gebruik maak.

braam ·

Haai , ek hoop die mense in die passesiers mototr is OK . Dit moes seker “n groot skok gewees het

Pieter ·

Die spietkops kruip by die kameras en skale weg. Ek kan nie onthou wanneer laas ek afgetrek is in ‘n padblokkade nie. Die slagting sal voortduur solank wetstoepassing nie op standaard is nie. My trok gaan jaarliks deur die toets, hoekom nie ander voertuie nie. Jammer vir mense wat so hul lewens verloor. RIP

Spietnik ·

Gedulk kan baie ongelukke voorkom.
‘n Moeë bestuurder nog meer.
Wanneer vind die medere ongelukke plaas??? In die donkerure???
Is die besruurders op en wakker???
Is verkeersbeamtes ìn die nagtelike op diens???

Ek ·

So het iemand eendag gese Texis jaag so om dat hul geld wil maak Iemand vra toe so dit gee die taxi die reg om ander mense se lewens in gevaar te stel Texis moet eindelik op die voertuig skryf Lesensie om dood te maak Ongelukke sal nie ondersoek word nie Daars nie geld nie en hulle wil net rus

ja,reg ·

Geen worries. die departement gaan mos buiteband vervaardigers sien. dit gaan al die probleme op los. julle sal sien.

As ons nuwe bande ontwerp gaan NIEMAND meer oor dubbel sper strepe, stop strate, robotte, ens ry nie.

julle sal sien. die paaie gaan baie veiliger wees.

wag en kyk………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.