Gru-ongeluk vertraag verkeer erg op N1

Foto: ER24

ʼn Gru-ongeluk waarin twee mense dood is, het Woensdagoggend erge verkeersvertragings op die N1 naby die Koeberg-wisselaar in Woodstock, Kaapstad, tot gevolg gehad.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met hulle en Metro en Life Healthcare se aankoms op die toneel het ʼn vragmotor en sy vrag in die snelbaan gelê. ʼn Motor is onder die vrag aangetref.

“Die bestuurder van die vragmotor het halflyf by die venster uitgehang. Hy is blitsig uit die vragmotor verwyder en deur paramedici ondersoek. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand.” Hy is op die toneel behandel voor hy na die Vincent Palotti-hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.

Volgens Meiring moes ʼn gespesialiseerde hyskraan gebruik word om die vrag van die motor af te verwyder. “Dit het lank gevat voor hulle daarin kon slaag. Toe die vrag uiteindelik verwyder is, het paramedici die liggame van twee mans in die motor gevind. Hulle het ongelukkig reeds aan veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Verkeer is erg vertraag weens die voorval. Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lee ·

Ai dis verskriklik. Innige simpatie en sterkte aan die familie. Rus in Vrede xx

m ·

Liewe hel mens kan nie glo waste gruwelike ongelukke gebeur nie. Sterkte aan die familie.

dejavu ·

Op presies dieselfde plek op die N1 op 19 Maart 2008 is twee vrouens ook daar dood van ‘n ‘container’-vragmotor wat bo-op hulle Cressida omgeslaan het. Daar is ‘n skerp draai wat vanaf die M5 in die N1 invloei en die vragmotor bestuurders jaag om daardie draai en verloor dan beheer. My hart gaan uit na hul geliefdes. Rus in Vrede manne. :(

Asjas ·

Baie dankie vir die inligting, ek het nogal gewonder hoe gebeur so iets. Ek hoop die twee mense wat oorlede is, is op slag dood en het geensins gely nie. Innige simpatie aan die families betrokke. Dit is nie aangenaam om iemand te groet die oggend op pad werk toe en dan nooit weer te sien nie :(

jan ·

Indien ek reg onthou was dit 3 vrouens – Ma, dogter en kleindogter

dejavu ·

Jan as ek reg onthou was die dogter van 18 jaar swanger. Sy en haar ma was die oggend oppad na haar baba-sonar afspraak.

tamboti ·

Ja die duiwels jaag mos in die middel en regter bane teen onwettige spoed, en daarby het hul geen idee of verantwoordelikheid van die gevolge van hul roekeloosheid!

Alida ·

As mens die nuus kyk en koerante lees kan jy glo waar die ongelukke vandaan kom. Lisensies word gekoop vir groot vragmotors en gewone voertuie.

Sina ·

Eerlik hierdie vragmotors het geen respek vir ander nie. Gister is presies so vragmotor aan ons regter baan, hy ry so waar as vet vinniger om voor ons verby te skiet na die heel linker baan. Nie n saak wat kom, gaan en voor hom is nie!! Was briesend, hul dink die pad behoort net aan hulle. Sterkte aan die families.

Retha ·

My hart pyn om dit te sien, te moet weet mense het gesterf in die verskriklike ongeluk. Sulke goed moenie gebeur nie. Innige simpatie aan die families.

Theresa ·

Innige simpatie aan familie en vriende. Vermoed dis weer ‘n vragmotordrywer wat gejaag het. Indien hul die 80km per uur ry wat hul mag op 120 zones, behoort hul meer beheer te hê.

Leeu ·

Jy sien n trok en blameer hom reeds, die as die motor 1km oor die limit gery het, dan was dit hulle eie skuld nie waar nie? Ek’s bly ons het Theresa wat daar was en die feite ken.

Rina Smit ·

Ja daardie tragiese ongeluk was die dogter haar ma en ongebore baba, was oppad dokter toe die oggend om die geslag van die baba uit te vind. Baie hartseer xx

annaetjie ·

Verwyder trokke van ons paaie. Maak woos in die verlede gebruik van spoorwee. Saterdag ook ‘n trok omgeslaan oppad Pretoria toe. Pad tussen Kuruman en Vryburg ry tot 4 trokke agter mekaar, geen voertuig kan tussen hul inkom nie so naby ry hulle na aanmekaar. Dis wnr ‘n motorris ongeduldig raak en ongeluk veroorskaak. Van die trokbestuurders jag met ‘n hoe spoed verby jou.

Lance ·

Die bale gras wat verniet met vragmotors aangery word na die plaasboere in Kaap,is seker ook vir jou ń probleem.Dit is darem nie almal wat onverskillig bestuur nie.Vragmotors moet elke jaar deur die toets gesit word,dan wonder jy hoe het hulle geslaag.Om vragmotors op die pad te hou is baie duur veral vir die kleiner vervoer maatskappye.

Avril ·

Innige simpatie aan die familie. Ek wil ook graag noem, Maandag op pad Paarl toe, het ‘n PPC CEMENT vrag sommer so voor my ingery, ingestoot, you name it. Hy het my amper van die pad afgery. Die bestuurders ry rerig onverskullig. Daar moet nou ingetree word en vining ook, voor daar nog mense tot sterwe kom.

anton ·

Die mense wat so in die bresse tree vir die vragmotors en hul onverskillige/roekelose bestuurders, moet nie huil as n trok eendag iemand na aan jou se dood veroorsaak nie!!!
Feit van die saak is dat die trokke op ons paaie n baie gevaarlike instrument geword het want die bestuurders is nie bevoeg of bevoeg genoeg om dit te bestuur nie.
Kyk gerus maar hoe bestuur hulle elke dag op ons paaie.
Elke Jan rap en sy maat dink mos om n trok te bestuur is dieselfde as om motor te bestuur.
Daars n groot verkil!!!

Mariska ·

So anton jy gaan nie huil as dit n kar is wat die ongeluk gan veroorsaak nie…?
Dis jammer dat sommige dink dis net swaarvragmotorbestuurders wat nie kan bestuur nie. Ek kan jou wel vertel van hoeveel gewone motors soos hul gat ry. Veral die tipe wat voor trokke probeer ( gou ) indruk want jy is mos net n lorrie jy is nie vinnig genoeg vir wat n kar of bakkie of suv kan doen nie. Nee n trok trek dalk nie so vinnig weg nie maar weet jy hoeveel stoot krag het so n wa veral as hy vol is as daar noodbrieke aangeslaan moet word.
Dink twee keer man.

Mens kry net soveel roekeloos motorkar bestuurders as trok drywers op die pad. Dis nie net een party wat skuldig is nie. Daar is vele goeie wets gehoorse trok bestuurders ook.

Lance ·

Verskoon die afrikaans,ek het begin dink ek is die enigste vragmotor eienaar.Die bale gras sal ons van nou af per spoor stuur.Mariska dankie vir jou ondersteuning,mooi aand.

Willie ·

Ek is ook ‘ vragmotor bestuurder en ek probeer elke dag om so veilig as moontlik te bestuur maar die algemene plubliek met motors maak dit baie moeilik en in di geval van ‘n ongeluk word die vragmotor bestuurder eerste geblameer ek glo motoriste moet ook opleiding kry hoe in di nabyheid van vragmotors veilig te bestuur. Ek weet daar is baie vragmotor bestuurders wat roekeloos bestuur en sal ni dink hulle is onskuldig ni so dit is ‘n probleem aan beide kante moenie net ons aanval dink volgende keer hoe jy vir vragmotors insny of hom ni di kans gun om baan te wissel ni

anton ·

Mariska, van trok bestuur sal jy my ongelukkig niks kan vertel al probeer jy hoe hard want sien ek het reeds my Ekstra swaar voertuig lisensie in 1983 gekry en het ook selfs in ander lande trok bestuur. ( Daar ook lisensie moes doen)
Hierdie berig gaan nie oor motoriste wat swak bestuur nie maar oor trokke en hulle bestuurders wat nie behoorlike kan bestuur nie.
Ek wil egter nie met jou verder redeneer nie maar wil net een vraag vra?
Hoeveel vragmotors op ons paaie, ry die maksimum spoed van 80 km/h soos deur die wet vereis word?
”I rest my case”

Helena Kotze ·

Ons as familie is verpletterd met die afsterwe van my broer Alan Ryke en sy stiefseun Nico Brits. Kan nie glo dat hul so tragies moes sterf nie. RIP

wilma ·

Ai, Helena – wat ‘n tragedie. Woorde is min. Innige simpatie met jul verlies en baie sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.