Die polisie in Limpopo het ʼn geregtelike doodsondersoek begin nadat twee bene van ʼn mens Vrydag gevind is waar dit in die Nandoni-dam by Thohoyandou dryf.
Die bene is gevind tydens ʼn soektog deur die polisie se soek-en-reddingseenheid nadat ʼn inwoner van die Hamagidi-nedersetting verlede Saterdag as vermis aangemeld is.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê Uvhona Sikhwari is as vermis aangemeld en ʼn soektog is in die gebied rondom die nedersetting begin. Sikhwari se motor is kort daarna verlate langs die Nandoni-dam aangetref. Die sleutels was steeds in die motor se aansitter en Sikhwari se persoonlike besittings was binne die voertuig.
Ngoepe sê ʼn forensiese ondersoek sal bepaal of die ledemate wat in die dam gevind is aan Sikhwari behoort. Intussen gaan die soektog na die vermiste man steeds voort.
Die oorsaak van die oorledene se dood is nie tans bekend nie.
Ek wonder of is daar nie krokkedille nie
Het ek ook gewonder…???
Wat ‘n grusame werk.
Glo die merke aan die bene sal wys of dit agv n krokkedil is of nie