Gru-ontdekking vanuit helikopter in Pta gemaak

misdaadtoneel

Argieffoto

Suid-Afrikaanse lugmagpersoneel het Maandag ‘n gru-ontdekkig vanuit ʼn helikopter gemaak.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê omstreeks 12:30 het die insittendes in die helikopter ʼn maroen voertuig gesien wat op ʼn afgeleë plek naby die Swartkop-lugmagbasis gestaan het. ’n Vrou se liggaam het langs die voertuig gelê.

Die personeel het dadelik die polisie in kennis gestel en hulle het die liggaam langs die Snake Valley-skietbaan aangetref. “Die vrou het verskeie steekwonde aan haar liggaam en erge kopbeserings gehad,” het Moloto gesê. “Haar persoonlike besittings was onaangeraak in die Renault Sandero-voertuig gelaat.”

Daar is later vasgestel dat die vrou ʼn 27-jarige inwoner van Tembisa is.

Moloto het gesê die motief vir die moord kon nog nie vasgestel word nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie. “Indien enigiemand meer inligting oor hierdie saak het, kan die ondersoekbeampte, ao. Van Rensburg, by 082 0811 781 gekontak word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jakoos ·

Hieroor sal sekere lesers nie kommentaar lewer nie, dis mos nie ‘n plaasmoord nie. Ons mag nie ons wrewel oor moorde op swartes uitspreek of as wit jong “manne” (geen MAN doen so-iets) ‘n swart man agter ‘n kar aansleep nie. Ons mag slegs oor plaasmoorde kommentaar lewer. Hoe siek het ons geword. Moord is moord. Verkeerd is en bly verkeerd of dit teen wit, swart of wie ookal gepleeg is

jacques ·

Hoe weet jy dan dis n swart vrou,ek sien dan nie waar hulle n ras aangee nie?

SNEL ·

Jacques, Jakoos het seker gebruik gemaak van die sleutelwoord…Tembisa.

Ruby ·

@Jakoos, jy gorrel nou.

Moord is moord, of dit nou op ‘n plaas of langs ‘n stofstraat is. Dit is en sal altyd wreed en sinneloos wees.

Hoekom mense so warm onder die kraag is rakende plaasmoorde, is omdat die regering ander pad kyk en nie wil besef hulle is besig om saam met die moordernaars ons voedselbronne te vernietig.

Capiche?

Stuart ·

Ruby die regering kyk anderpad met ALLE misdaad, so alle berigte oor misdaad behoort jou warm onder die kraag te maak, want dit beinvloed OOK die ekonomie – CAPICHE??

jacques ·

Weet die pol nie mense word deesdae sommer net vir bloed honger doodgemaak nie.
Ons het al so gewoond aan sulke gebeure graak dat niks kan mens meer skok nie,dit klink al soos gewone nuus.
Die duiwel is bo op ons.

Piet Pompies ·

Lessenaar kommentaar, dit is die mees algemene kommentaar hier deur mense wat absoluut geen ervaring van moord en die gevolge daarvan. Het enige van die gladde bekke al ‘n vermoorde person gesien (liggaam) en dan die impak daarop op die familie, die verlies aan ‘n ouer, broer, suster. As jy dit al ervaar het sal jy besef dat moord ‘n gruwel daad is, maak nie saak wat jou velkleur is.

Jakoos ·

Piet Pompies, dis presies wat ek probeer sê het.,maar word dan persoonlik aangevat, tsk tsk. Gaan kyk gerus terug op vorige berigte van moorde en/of kriminele aanvalle of dinge wat met swartes gebeur, min of geen kommentaar teenoor as dit op wit mense uitgevoer word. En dit kan die ou klompie hierbo net glad nie verstaan nie. Ek kan klomp sulke berigte MET datums wanneer dit verskyn het hier noem! Ek bly by my stelling moord bly moord en verkeerd bly verkeerd of dit op wit of anderskleurig uitgevoer is. En ek bly ook by my stellling dat min of geen kommentaar op berigte gemaak word waar slagoffers nie wit is nie. Kyk gerus terug op Maroela berigte.

Jakoos ·

En verskoon vingerfoute – ek is deeglik bewus daarvan. Dit gebeur met almal – voor ek nou DAAROOR ook aangeval word!

Lelikrondom ·

Jakoos, eerstens alle moorde is sinneloos en hartseer en ek praat dit geensins goed nie. Daar is moord gepleeg van die begin van die mensdom af en dit sal aanhou vir solank daar nog mense op aarde sal wees; dis die tragiese realiteit. Ons as blanke Suid Afrikjaners soek net ‘n platform waar ons ons opinies en frustrasies kan lig, soos bv. op hierdie forum. Hierdie is nie facebook of so, waar elkeen van ons verplig is om kommentaar te lewer oor elke ding wat geplaas word nie. ‘n Groot groep glo ek wat onderwerpe hier volg op Maroela Media deel spesifieke kwelvrae o.a. met betreking op plaasmoorde, BEE ens… wat ‘n daaglikse negatiewe impak op ons blankes het. Die tragiese moord van die vrou is een van baie, maar het sy eie kategorie. Plaas moorde is in ‘n ander kategorie en daardie kategorie is groot. As jy dit nie kan sien nie, loop jy met oogklappe aan.

Jakoos ·

Lelikrondom – jy mis weereens die punt. Niemnad verwag mens moet op elke liewe berig kommentaar lewer nie. My standpunt van die begin was dat mense vreeslik tekere gaan met kommentare op plaasmoordberigte maar dan as dit ‘n berig oor moord op anderskleuriges word skaars ‘n wenkbrou gelig. WAT is nou so moeilik om te verstaan ? Moenie nou kom met kategorie ens nie – ek skryf veral na aanleiding van sekeres wat op elke liewe berig waar daar simpatie is met swartes (SOOS bv die spul wat ‘n swart man saam met hul kar gesleep het) oor plaasmoorde kerm en wil maak asof daar NOOIT daaroor berig gegee word terwyld ie teendeel waar is. DUS, jou verwysing dat elke berig in ‘n ander kategorie val is ook verkeerd want genoemde berig oor swart man wat deur wittes in ‘n kar gesleep is het OOK niks met plaasmoorde te doene nie. Sien, baie ironies, dit waarvan jy my beskuldig is maar waar van meeste hier! Weereens, verkeerd IS en BLY verkeerd of dit plaasaanval, moord op wit of swart of wat ookal is. Een hier bo skryf plaasmoorde maak mens warm onder die kraag want dit beinvloed die ekonomie – wel mens moet warm onder die kraag raak oor ELKE berig van misdaad op wie ookal en op watter manier ookal want ALLES beinvloed die ekonomie en veral dinge soos toerisme. Julle probeer jul opmerkings nou kwalifiseer en trap net dieper in jul eie slaggate. Ai mense, hou maar op om MY aan te val as julle ‘n slegte dag het, hou liewe by die berig! En probeer logies dink en redeneer.

Theresa ·

Moord is ‘n gruweldaad. Sien die vrou is jonk – dalk het haar mense ook nie eers geweet waarom sy nie tuiskeer nie. ‘n Feit deesdae wat enige ouer gryser by die dag maak. Dat jou kind sal veilig tuiskom. Plaasmoorde is meestal mense van ons mense. Aldus die baie emosionele gevoel daaromtrent – niks fout om so passievol vir jou mense te voel nie. Ek is trots om my mense wat nog nie straat op en af spring en vensters breek, motors omgooi en als steel sover hul kan nie. My passie lê by my mense. Glad nie te sê ek voel nie jammer vir die vermoorde nie. Haar familie gaan deur dieselfde seer as enige ander een s’n sou. Hoop daar is binnekort ‘n leidraad en dat die skuim gevang word.

Theresa ·

Plaas asb my vorige kommentaar. Daar is niks fout daarmee nie. Dis al 3x hierdie week wat die kommentaar wat ek gee oor iets aktueel wat net nie verskyn nie. Wat sou gebeur het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.