Gru-video van moord op vrou nié in SA geneem

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Grafiese video van ʼn vrou wat op gruwelike wyse met ʼn panga onthoof word, het tans talle sosialemediagebruikers in Suid-Afrika op hol.

Op die video kan gesien word hoe minstens drie mans ʼn vrou in ʼn beboste gebied insleep voordat sy herhaaldelik met ʼn mes in die bolyf gesteek en met ʼn panga onthoof word. Die video word tans wyd op sosiale media en WhatsApp versprei met bewerings dat dié grusame voorval tydens ʼn plaasaanval in KwaZulu-Natal gebeur het.

Talle lesers het Maroela Media oor die video genader om navraag te doen of die video werklik tydens ʼn plaasaanval in Suid-Afrika geneem is.

Die voorval het egter nié in Suid-Afrika gebeur soos beweer word nie. Volgens die webwerf ViaRondônia het die voorval in Januarie vanjaar in die Caladinho-streek in Brasilië gebeur. Die webwerf identifiseer die jong vrou in die video as Déborah Bessa (19), wat vermis was voordat haar liggaam op 13 Januarie in ʼn vlak graf in die beboste gebied gevind is.

Volgens die webwerf is die moord uitgevoer deur lede van die Comando Vermelho-bende. Daar word beweer dat Bessa deel was van ʼn vyandige bende en dat dit die motief vir haar moord was.

Die webwerf Ampost berig daar is ʼn video van die moord geneem om vrees by die mededingende bende in te boesem. Die webwerf berig ook ʼn familielid het gesê Bessa het kort voor haar moord gesê sy wil haar lewe verander en nie meer by misdaad betrokke wees nie.

NewsRondonia berig André de Souza Martins (28) is ná die moord in hegtenis geneem en het glo erken hy het die jong vrou uit wraak vermoor. Die video is volgens die berig gevind op ʼn selfoon waarop die polisie beslag gelê het ten tyde van die inhegtenisneming.

ʼn Woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal het aan Maroela Media bevestig dat die SAPD kennis dra van die video en dat die voorval beslis nie in Suid-Afrika gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

JoeV ·

Jip, toe emosie wet geword het, daai dag, alles in sy m@er in!!

Liberaal ·

Ja, want linkse liberaliste laat mense toe om te doen net wat hulle wil. Geen gevolge, geen verantwoordelikhede.

devill ·

Ek wonder of moordenaars ooit dink aan die mense wat hulle al vermoor het.
Ek wonder of die drie mans ooit weer aan haar gedink het nadat hulle haar gesteek en onthoof het.
Dit is verskriklik!

Tiaan ·

Mense asb dink voordat jy so iets aanstuur en net aanneem dit gebeur in Suid Afrika daar is soveel FOPNUUS omdat iemand ‘n stertjie bylas vir hul eie agendas!

Stuiwer ·

Mense moenie sulke goed aanstuur nie! Dit maak nie saak waar dit gebeur het nie. Dis ontstellend en onnodig. Dis nie vir vermaak nie. Dit maak mense net al hoe meer onsensitief.

bgj van der westhuizen ·

ja dit kan hier ook gewees het wand hier word mense ook so vreed vermoor en gemartel maar dit word nooit oopblik geys nie wand die sapd en die anc regering smeer dit toe

Reguit ·

Alles op die video is presies hoe ons boere vermoor word. In die meeste plaasnanvalle is dit nog erger—verkrag, strykyster, petrol, kook water, en so kan ek aangaan. Dis goed dat die wereld dit sien.

Ook Reguit ·

Reguit ek stem 100% saam met jou, Dit is baie sleg om dit te sien maar ek glo dat dit laat ons meer bewus wees van wat in ons Land onder die Boere aangaan. Want mense glo dit kan nie so sleg wees nie

corrie ·

Stem 100% saam hoeveel van ons boere word net so wreed gemartel maar dit word toegesmeer

·

Ek dink dit is net so siek dat mense dit aanstuur. Hoekom???? Mense soek graag aandag. Nie veel verstand nie.

Thinus Erasmus ·

Onskuldig of krimineel, as mens is hierdie wereld ewe wreed, die verskil is net of jy dit verdien het of nie!

ADK ·

Ek het die video gekry, half pad deur gekyk en dit verwyder. My aanbeveling is dat jy dit dadelik verwyder as jy dit sou kry. Dis verskiklik grusaam!!!! Moenie dit kyk nie.

Cherokee ·

Dankie vir jou voorstel. Ek delete dit sonder om dit na enige een aan te stuur.

Connie ·

Ek het dit ook gekry van UK af. Baie grusaam! Het vir die person gese om nooit weer vir my sulke videos te stuur nie.

Tanzie ·

Ek wonder maar net of ek die enigste een is wat dink die persoon wat by die vrou staan en haar blykbaar onthoof het, lyk nie soos ‘n André de Souza Martins nie?

jakes ·

Brasilie, Mexico en SA is die 3 lande waar moord so alledaags is soos om asem te haal. Maak nie saak op welke wyse of watter land iemand vermoor word nie, dis ewe grusaam. Moordenaars is lafaards en sal dit altyd bly, Hulle sal wel eendag daarvoor boet.

bollie ·

Hele paar Suid-Amerikaanse lande (Venezuela, Colombië, ens.) asook Wes-Indiese Eilande. Heelwat lande in Afrika ook.

Neutraal ·

Maak nie saak waar dit was of wat die rede was nie. Dis grusaam. Daardie moordenaars moet einlik voor hul bebdelede om die kewe gebring word.

Erg ·

Ek het ‘n baie sterk maag, maar hierdie video het my vreeslik omgekrap. Ek sal enige een wat nog nie hierdie video gesien het nie, aanbeveel om dit NIE TE KYK NIE!!!! Dit het my wel laat wonder oor ons mense wat daagliks vermoor word, die vrou in die bank en soveel ander waarvan ons hoor en lees…. My hart gaan uit na elke liewe gesin wie iemand afgestaan het aan die dood weens moord.

Penellope Jones ·

Liewe genugtig – ek bewe soos ek hier sit van skok om te lees wat met hierdie vrou gebeur het!!!
Hoe barbaars en wreed wil mense wees om dit te doen aan ander?????

Johan ·

As jy bewe net van lees moet jy so ver as monntlik wegbly van daai video af. Jy sal nie slaap vir n maand nie. Ons is nie gemaak om sulke goed te sien nie. Dit is suiwer gedistilleerde evil.

ZAR ·

Ek is dankbaar dat ek kan kies om dit nie te kyk nie, want dit moet baie erg wees vir God om altyd te sien wat Sy geliefdes alles doen met hul vrye wil.

Sdl ·

Ek wens ek kan die ou vind wat die video begin versprei het met die lieg storie daaraan. Sy gesig moet oralste versprei word dat mense kan weet wie hy is en wettig vervolg moet word. Sy daad is net so wreed en ek ag hom in die selfde klas mens soos gesien in video. Daar is nie vir hom plek in die samelewing nie en hoort in die tronk.

Griet ·

Kry die persoon wat in di eerste plek gelieg het deur te se dis plaasmoord in SA. Tronk toe en gooi sleutels weg. Dis nie die eerste keer dat soiets gebeur nie en oki di laaste keer ni. Dis deur hierdie gehoerery met leuens dat plaasmoorde nie die nodige aandag kry nie.

Johann ·

MAROELA.

Wat of wie in julle redaksionele kantoor het die besluit geneen om hierdie barbaarsheid in soveel detail te plaas?

Ja, dis my en almal se keuse wat ons tot in watter mate KIES om toe te laat in ons harte en huise toegang te kry. MAAR…. ek skaam my vandag om te moet se SHAME ON YOU MAROELA vir nie net die olasung van die artikel met AL die detail om mense te kry om na die walglike videi te gaan soek nie… AANHITS van julle sensasie najaag beriggewing, wat julle WEET mense gaan verder laat soek!!!!!!

Nie dat ek n reaksie verwag nie, maar waaragtag: dis NIE verandwoordelike berriggewing nie. GEEN MENS MET N GEWETE gooi hierdie tipe detail vir die publiek en sit terug en se dis OK… of NIE MAROELA se verandwoordelikheid oor wat mense verder met sulke walging maak nie.

GEEN MAAR GEEN MENS behoort SO vermunk te word, en dan deur die MEDIA misbruik word om leser getalle en “views” na te jaag nie!!!!!!

Daars nie eers n waarskuwing in julle berig dat mense juis NIE hulle aan die video moet blootstel nie?

SHAME ON YOU!

Johann

Hazeldean ·

Ek stem heelhartig saam met jou Johann. Met soveel sinnelose geweld nét in SA ….nee genugtig! En al die idiote wat daai video versprei…shame on you too!!!

Henk du Toit ·

Ag nee regtig Johann ek dink jou kritiek op Maroela se verslaggewing is onnodig en ek vermoed dat jy die nuanse van die berig mis. Die berig is objektief en informatief. Dit se presies wat jy gaan sien sou jy na die video kyk. Maroela is daar om nuus oor te dra en nie om voorskriftelik te wees oor waarna n mens moet kyk of nie kyk nie. Maroela gaan sekerlik van die oortuiging uit dat hul lesers vrye keuse het oor waarna hulle kyk en meer belangrik nog oor die verstandelike vermoee het om in te sien dat hulle teen die video gewaarsku is.
Is dit net ek of laat jou spelling en sinskonstrie my spoeg en plak dink?

Andrea ·

Ek stem nie saam nie. Die wêreld moet weet van sulke barbaarshede, al is dit hoe ontstellend. Ons wil dan juis hê die buitewêreld moet weet wat hier aangaan tydens plaasmoorde. Dan kan jy mos nie jou kop wegdraai van ander mense wat onder soortgelyke omstandighed moet lewe nie.

Johan ·

N maat van my is so vermoor. Wag tot dit met van die mense gebeur op die web dan sing hul gou n ander storie.

Dewald ·

Sy was 23 … en dit het in 2016 gebeur in brazil..niemand is aangekla vir die moord nie.

Vraagteken ·

Verkeerd! Dit was haar eks – wou haar kamstig ‘n les leer. Hy is tronkstraf opgelê vir die moord.

Antionette ·

Die skuldiges is wel in hegtenis geneem, die foon met die video is by hulle gevind en dit was bende lede wat ‘n bendelid van ‘n ander bende groep uit weerwrssk vermoor het!!

Pieter ·

Dit is hartseer dat buitelandse videos gebruik word om wreedhede wat plaasvind op eie bodem uitgebeels word……….. Swarts op wit en gewels is nie net ‘n plaaslike probleem nie …… dit is internationaal!!!!

Henk du Toit ·

Ag nee regtig Johann ek dink jou kritiek op Maroela se verslaggewing is onnodig en ek vermoed dat jy die nuanse van die berig mis. Die berig is objektief en informatief. Dit se presies wat jy gaan sien sou jy na die video kyk. Maroela is daar om nuus oor te dra en nie om voorskriftelik te wees oor waarna n mens moet kyk of nie kyk nie. Maroela gaan sekerlik van die oortuiging uit dat hul lesers vrye keuse het oor waarna hulle kyk en meer belangrik nog oor die verstandelike vermoee het om in te sien dat hulle teen die video gewaarsku is.
Is dit net ek of laat jou spelling en sinskonstrie my spoeg en plak dink?

anton ·

Ek het ook die video ontvang en nie geweet waaroor dit gaan nie.
Nadat ek dit gekyk het was ek so verskriklik ontsteld en siek gevoel dat ek skaars kon praat…………Die hele dag was ek heuwig ontsteld!!!
Ek het besef dat ons mense ook so vermoor word in S.A en selfs erger.
Daar is verskriklike ”siek” mense in die samelewing.
Die satan is los in die wêreld mense en ek glo ons leef werklik in die eindtyd want so kan alles nie aangaan nie.

Johan ·

Mens kyk nou met ander oe na daai onskuldige bloeitjies wat voor in die hof staan in wie se mond suiker nie sal smelt nie

Johanna Botha ·

Wel dit is wat in SA gebeur 52 keer n dag selfs erger !

Freddie ·

Asseblief mense, wees seker van julle feite en moenie die goed versprei nie. Dit help regtig niemand nie en versprei verskriklike wanhoop. Kinders kry nagmerries oor hierdie dinge.

M Bothma ·

Dit is ‘n goeie ding dat julle dit geplaas het Maroela. Die mense leef in ‘n sysagte kokon droomwêreldjie toegespin. Wys die realiteit, dankie.

Jorrie ·

Ongeag WAAR dit plaasgevind het, dis uiter BARBAARS! Ek het ongelukkig óók die video ontvang en gekyk, dit het my heeldag GEWELDIG ontstel. Hoe een persoon ‘n ander se lewe kan neem en boonop nog op so wrede manier gaan my gesonde verstand te bowe. Hierdie wêreld van ons is siek.

Moet dit groot asb nie kyk nie. Dit gaan jou vreeslik omkrap.

Magaretha van heerden ·

Dankie vir die regstel van die feite. Iemand het dit vir ons gestuur as dat dit in SA was. Maak in elk geval nie saak waar nie Dit bly grusaam en totaal Goddeloos. Nogtans het dit angs verwek vir ons eie mense wat daagliks die berigte sien. Daar behoort n waarskuwing saam met dit te gaan sodat mense kan kies of hulle dit wil kyk of nie. Ek persoonlik was geweldig ontsteld. Dit gee net nog meer idees vir die bose mense.

Ewald ·

Ek het nie video gekyk nie, maar het al videos gesien waar gangsters in Elsies Rivier en op Kaapse vlakte mense skiet en doodskiet en n mens lees nie eers n beriggie daaroor. En dis op ons voorstoep in Suid Afrika.

Martie ·

OK en dit is in n ander land gepleeg ,wat is die verskul in Suid-Afrika word plaasboere ,vrouens en kinders op net sulke wrede maniere vermoor.

Susan ·

Nie in SA? ?? Hoekom sal hy Dan se Ramaposa en Dan Zuma Zuma Zuma?

?

JAN ·

Enige vorm van sadisme wreedheid gemeenheid = satanisme. Ongeag waar en wie.
Googloer gerus.

Her ·

Stel nie belang om die video te kyk nie. Het jare gelede op video gesien hoe die Isis ‘n gevangene onthoof net ‘n stoperige mes. Die wereld het baie haat, goddeloosheid en barbaarsheid. Dit het vir jare by my gebly. Ja mense moet asb nie kyk nie!!

Nel ·

Dink aan die kinders wat uit nuuskierigheid na iets so grusaam moet kyk.. Ekself , nee dankie. Ek kan nie eers na ‘n dierlyk kyk wat doodgery is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.