Gru-vonds by Pta-verkeerskollege

Die fetus is in 'n drein tussen twee geboue gevind. Foto: Verskaf

Die fetus is in ‘n drein tussen twee geboue gevind. Foto: Verskaf

Loodgieters wat instandhoudingswerk by die verkeerskollege in Pretoria gedoen het, het Woensdag ʼn gru-vonds gemaak toe hulle ʼn fetus in ʼn drein gevind het.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 15:00 na die Gauteng Traffic College in Zandfontein, in die weste van Pretoria, ontbied nadat die loodgieters op die babalykie afgekom het.

“Die fetus is in ʼn drein tussen twee geboue gelos. Die ma van die kind is nog nie geïdentifiseer nie,” het Moloto gesê.

Moloto het gesê dit is nie in die stadium bekend hoe oud die fetus is, of wanneer dit in drein gelos is nie. “ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dié inligting te bepaal.”

Die Hercules-polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte.

Moloto het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan hom by 079 694 6694 bel.

Polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Polisie op die toneel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Uys ·

Maroela waarom dit nuus maak om met die publiek te deel. Self n bees sal nie n kalf in die veld los dat hy moet vrek nie. Die bees sal alles in haar vermoeë doen om die kalf te laat suip en oor leef.

Nic de Bruyn ·

Ek is vas oortuig daarvan dat Suid Afrika reeds in die afgrond af is. Niks kan meer hierdie Goddelose Land red nie.

SI ·

Ja Nic …. spreek dood oor hierdie land! Wat daarvan as ons almal net begin bid vir ons leiers en ons land …. dit is die opdrag wat die Woord vir ons gee, nie waar nie? Ons as gelowiges moet maar net gefokus bly op dit waarin ons glo eerder as om die heeltyd negatief en verdoemend te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.