Gru-vonds in verlate veld

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggame van vier volwasse mans is Saterdag in die bosse by Coega, die Oos-Kaapse nywerheidsgebied net buite Port Elizabeth, deur twee veewagters gevind.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die wagters was glo op soek na hul vee toe hulle op die lyke afgekom het.

Beetge sê die mans se liggame het reeds begin ontbind, maar die polisie vermoed in dié stadium dat dit die vier liggame is van die Oos-Kaapse mans wat vroeër vandeesweek uit New Brighton ontvoer is.

ʼn Groep mans het dié vier mans na bewering met wapens tot in ʼn motor gedwing en toe met hulle weggejaag. Die vier mans was 21, 24, 26 en 30 jaar oud.

“Die vier oorledenes se liggame moet nog deur hul naasbestaandes uitgeken word. Die oorsaak van hul dood sal eers deur middel van ʼn nadoodse ondersoek bepaal kan word, maar in dié stadium word daar vermoed dat hulle verwurg en met ʼn mes gesteek is,” sê hy.

Enigeen met meer inligting word aangemoedig om ao. Robin Denston by 072 139 0241te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Karlien
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Johannes van Staden ·

Dan oorweeg SA nog om n werelbeker aantebied ….

LMF ·

Dis verlede tyd hul het oorweeg dit is sulke dinge wat veroorsaak het dat SA dit nie gekry het nie asgevolg van die kurrupte land geen law and order nie

Leahim ·

Ek wonder nou net wat die polisie gedoen het vanaf die ontvoering tot die vind van die ontbinde lyke seker geondersoek met “gesoute” speurders met die hoop om niks te vind nie want so werk die klomp mos van betaaldag tot betaaldag en probeer so min moontlik doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.