Grusame toneel op Vrystaat-varkplaas gevind

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto: NDBV

Foto: NDBV

Inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het onlangs op ʼn grusame toneel afgekom toe hulle ʼn varkplaas buite Brandfort in die Vrystaat besoek het.

Die vereniging het in ʼn verklaring gesê hulle het Vrydag inligting ontvang van varke wat sonder kos en water gelaat word op die plaas en het hulle dadelik daarheen gehaas. Daar was egter geen teken van mense op die plaas nie en die inspekteurs moes ʼn lasbrief bekom om die perseel binne te gaan.

“Daar was geen kos of water vir die varke nie en die varke wat nog geleef het, het aan die oorskot van die minstens tien varke gevreet wat reeds gevrek het,” het die NDBV gesê. “Die karkasse van die varke was in verskillende fases van ontbinding en varkbeendere het oral rondgelê wat dit moeilik maak om te bepaal presies hoeveel varke dood is.”

Nadat die inspekteurs vir die varke kos en water neergesit het, het die varke baklei om by die water uit te kom. “Daar is ʼn besluit geneem om die oorblywende varke ’n genadedood toe te dien weens hul uiters swak toestand. Om hul lewens te probeer verleng sou wreed gewees het en hulle net verdere lyding veroorsaak het.”

Drie klein varkies was te rats om deur die inspekteurs gevang te word en is tydelik op die plaas met genoeg water en kos agtergelaat.

Die inspekteurs het die volgende dag na die plaas teruggekeer waar twee aandeelhouers van die varkboerdery aangetref is. Aanklagte van dieremishandeling is teen hulle aanhangig gemaak. Die polisie sal die boerdery monitor totdat die oorblywende drie varkies verwyder kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Jakes ·

Dit is die gevolg van ñ grondeis , die regering het nie geld gegee nie , dan word die boerdery net so gelos .

Justa ·

Daar is n spesiale plek in die hel vir sulke tipes. Ek wonder hoeveel ander gevalle is daar wat ons nie eers van weet nie. Diere se hel is op hierdie aarde.

margaret ·

Em wonder wie was die aandeelhouers en aan wie behoort die varkplaas…

MCS ·

Ek het nog nooit in my lewe n vark gesien wat in so n uitgehongerde toestand is nie! Voor ek die storie gelees het ,het ek nie eens geweet dit is varke op die foto nie! Verskriklik!

vermeende ·

Regstelinde boerdery?????
Ek glo so want n boer moet lief wees vir diere.

Bob ·

OK wag. Ek is nie ‘n boer nie maar – Sal ‘n mens dan nie eerder die diere verkoop indien jy nie geld het om vir hulle te sorg nie? Hierdie berekening kan self ‘n graad 2tjie doen.

Elgeraine ·

Liewe aarde, dis skokkend! Hoe kan enige ‘mens’ so iets laat gebeur, dis ongelooflik wreed en hartseer. Hoe gevoelloos moet so persoon wees. Sies!

Joann ·

Ai mag die Here tog al die diere wat so swaar kry genadig wees. Asb. Here

Kopper ·

Mens en dier het geen waarde in hierdie kultuur nie. Geen respek vir niks. Incompetent.

Oupa Neels ·

Noem die name en kleur van die sogenaamde boere. Asb hulle is nie boere nie en sal nooit boere kan wees nie.

vermeende ·

Oupa dit is nie nodig nie, vir die laaste 20jaar noem die media graag die ras, ouderdom en veral die geslag as dit blank man is maar nie as dit swartes is nie, dan is dit net n persoon/e, so ook in die berigs.

Chris ·

sit die mense /of kan hulle mense genoem word? in n hok sonder kos en water vir paar dae!.

Christo ·

Hul het verseker nog nooit eers n hond groot gemaak nie, wat nog om te praat van boer?

Sputnik ·

As jy die grond verniet kry dan moet die “skenker” seker jou boerwerk ook vir jou doen, al dan nie? Eish!

Lh ·

Enige mens het n gewete en siel wat God gegee het om oor Sy aardse koninkryk te regeer. Wat wys hierdie uiters wrede, onmenslike, daad ? Besluit maar self, kan seker ook nie veralgemeen nie, maar steeds.

christine ·

Ek het nog nooit vir varke soos die gebid nie maar nou doen ek dit. Het Brandford glad nie groente nie die strate is vuil van die gemors maar die kan nie die varke laat eet nie al stap ek my voete deur en klop huis vir huis vir asblik kos my diere sal eet anders verkoop ek dit. Here vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie jammer ons het U gefaal.

Frederik ·

Hier kan nou gesien word wat party mense van boerdery af weet, al het hul ‘n plaas. Ek verstaan nou beter wat Ju-luis bedoel het toe hy Donderdag gesê het die grond moet aan die swartes behoort, maar die wittes moet dit bewerk.

Josua Keys ·

Nog voor Maroela Media die artikel geplaas het was die storie rees op facebook gewees, die eienaars het blykbaar kontakte met ministers in die ANC soos beweer was, daar was soos ek verstaan ses eienaars wat elkeen n aandeel in die plaas gehad het en dat daar n groot som varke vir hulle gegee was deur die regering om met die boerdery te begin spekulasie sê dit was meer as 80varkies gewees en hulle het ook help bou aan van die geboue en hokke op die plaas(silwer platter) en nou is die plaas rommel status en steeds gaan hulle apartheid of Jan Van Riebeech daarvoor blameer.

snoefie ·

dit het al voorheen gebeur. ook varke genees. ook aan n raadslid of minister behoort.

TVR ·

Verwyder die oorblywende varkie asap en skenk dit vir boere wat weet hoe om met diere te boer! Dis jammer mens kan nie die “wanna be boete” BLACKLIST as patete nie!!

snoefie ·

easy come easy go. wanneer gaan die anc leer? mense pas net op wat HULLE SELF VOOR BETAAL HET.

JOHANN ·

VARKEEEE. !!!!!!! Dis wat die aandeelhouers is . Verdien dieselfde as wat hulle aan die diere doen

Hein Griesel ·

Name en shame hulle fotos in die koerante en op sosiale media àsb

onmenslik ·

As definitive van die term menslike behandeling in gedagte gehou word, beteken dit dat die plaaseienaars en bestuurders, ongeag hul ras, nie mense is nie?

frans ·

het hulle nie dalk gedink hulle kweek nou LEAN PORK vleis nie !!

JoeV ·

Is dit die ANC se poging om “lean bacon” te maak?
Kan sien dit gaan nie werk nie.

Zoni ·

So jammer dat dieselfde straf nie geld vir diere ishandeling as vir mense mishandeling nie….dan sal mense hul verantwoordelikheid meer ernstig opneem. Sekere mense besit net dood doodeenvoudig GEEN verantwoordelikheid nie!! En dan word verantwoordelikheid aan hul afgedwing deur die regering….. Foeitog…

Joann ·

Chris ek stem. Hulle boer mos op hul agterwerelde teen huis se muur al agter die son aan. Wil als he maar wil niks doen. Ek 38jr.geboer en mens kan hul nie vertrou met jou boerdery nie,moet agter hul staan. Patete

Karen Jenkinson ·

Dié boere kry meeste vd tyd geld by die regering of ‘n sagte lening maar dan word daar duur implemente en groot trekkers gekoop en wanneer kos gekoop moet word is daar nie geld nie en so is dit die begin van die einde! Kan jy jou voorstel wat die regte boer met so ‘n lening kan vermag?

Marthsu ·

Jis ek kan nie glo dat mense so ongenadig kan wees nie. Dit is wreed en hierdie mense moet gestraf word!!!!!

Terminator ·

Hulle straf moet wees 2 maande sonder kos en water ek dink dit regverdig hul straf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.