Gruvonds buite Pta-landgoed: Moontlike verbinding gemaak

Die polisie op die toneel. Die foto is digitaal gemanipuleer om die liggaam te verbloem. Foto: Verskaf

Die Gautengse polisie het ʼn moontlike verbinding gemaak nadat drie verkoolde liggame Maandagoggend in ʼn veld buite ʼn spog-gholflandgoed in Pretoria gevind is.

Maroela Media het vroeër berig twee volwassenes en ʼn kind, vermoedelik 13 jaar oud, se liggame is omstreeks 02:30 in ʼn veld buite die Copperleaf-landgoed in die Mnandi-omgewing gevind.

Veiligheidsbeamptes by die landgoed was besig met ʼn patrollie toe hulle ʼn brand in die veld opgemerk het. Hulle het gaan ondersoek instel en op die liggame afgekom. Die mense was vasgebind en hul monde toegebind.

Die liggame was onherkenbaar verbrand.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê nadoodse ondersoeke word deur die loop van die oggend gedoen om die geslag en ouderdom van die oorledenes asook die oorsaak van hul dood te bepaal.

“Die moontlikheid word ondersoek of die drie mense verbind kan word met ʼn huisroof en ontvoering van ʼn gesin van Northcliff in Johannesburg deur die loop van Sondagnag. Drie mense is tydens die voorval ontvoer,” het hy gesê.

Makhubele het gesê naasbestaandes van dié gesin sal Dinsdag ná die nadoodse ondersoek die oorskot gewys word vir moontlike leidrade om die mense uit te ken.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Etienne,

Dankie vir jou kommentaar. Ons het besluit om die woordkeuse na ‘…en hul monde toegebind’ te verander om enige verwarring uit die weg te ruim.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Natasha ·

Muilband: Band wat styf om ‘n persoon se mond gebind word om hom of haar te verhinder om te praat.
Hierdie mense was wreed vermoor.

Nel ·

Om gemuilband te word beteken om stil gemaak te word. In hierdie geval was hulle monde toegeplak.

Wilna ·

As ek dit nie mis het nie beteken muilband jou moet was toe gemaak. So dalk was hul nog lewendig. Dis verskriklik. My hart gaan uit na die familie.

Arsène Lupin ·

Mense is ons nou al so gewoond aan moord, dat ons meer bekommerd is of die regte afrikaanse terme gebruik is, as wat ons ontsteld is dat hier 3 mense hul lewens verloor het op ‘n baie wreede manier. Nee, regtig!

Absoluut ·

Absoluut, ek stem 100% saam, verder gebruik Maroela goeie Afrikaans wat almal tot voordeel strek, as jy onseker is, vat jou woordeboek. Dit was presies die regte term. Kom ons bid eerder vir hierdie familie wat vandag deur ‘n geweldige trauma moet gaan.

Willem deklerk ·

Die groot probleem hier was die afskaffing van die galg

Willem deklerk ·

Die groot probleem hier was die afskaffing van die galg…bring die doodstraf terug

Irene ·

Probleem na 1994 kon enige iemand sa in kom jul sal sien vir 2019 erger om stemme te kry

m ·

Hierdie mense raak net al hoe meer barbaars. Die regering sal moet regtig begin belangstel en iets doen aan hierdie sinnelose moorde…..

Johann ·

Ek dink dat daar meer agter dit sit as net ‘n huisroof.
As dit wel die mense is, hoekom amper 40 km ver reis om die mense te vermoor.
In baie van die gevalle wat ek nou al van gelees het word die mense in hulle wonings vermoor.
Wonder maar net

ek ·

Ek voel bitter jammer vir daai familie wat die lyke moet gaan uitken! Dit is verskriklik erg!! Mag Liewe Jesus die geliefdes styf vashou. Ek het nie woorde vir die wreedheid nie.

Lynni ·

Die mense is positief uitgeken en hul name is bekend gemaak.

Lynni ·

Nie uitgeken nie, maar tandheelkunde verslae. (dental records). Hul was mos verbrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.