Gruvonds buite spog Pta-gholflandgoed gemaak

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Die verkoolde liggame van twee volwassenes en ʼn kind, vermoedelik 13 jaar oud, is Maandagoggend in ʼn veld buite ʼn luukse gholflandgoed in Centurion gevind.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 02:30 in ʼn veld buite die Copperleaf-landgoed in die Mnandi-omgewing plaasgevind.

“Veiligheidsbeamptes by die landgoed was besig met ʼn patrollie toe hulle ʼn brand in die veld opgemerk het. Hulle het gaan ondersoek instel en op die liggame afgekom,” het Moloto gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 08:00 na toneel ontbied.

“Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Dit wil voorkom of al drie oorledenes vasgebind en hul monde toegebind was.”

Meiring het aan Maroela Media gesê die liggame was so erg verbrand dat dit moeilik was om die geslag van die oorledenes te identifiseer. “Al wat ons in dié stadium weet, is dat een van die slagoffers ʼn man is,” het hy gesê.

Maroela Media het van ʼn betroubare bron verneem die mense is in die veld aan die brand gesteek.

Die motief vir die voorval is onbekend.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die oorledenes se identiteit, geslag, ouderdom en oorsaak van dood sal met behulp van nadoodse ondersoeke bepaal word.

Lees ook: Gruvonds buite Pta-landgoed: Moontlike verbinding gemaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Felicity ·

Liewe Vader, dis erg, absoluut grusaam. Dit moes absoluut erg vir die volwassenes gewees het dan kan jy jou nie indink hoe die arme 13jarige moes gevoel het nie. Niemand wat haar kon help nie! Die gemors wat hiervoor verantwoordelik is, moet dieselfde lot tref!!!!!!! en nog erger!!!!!
R.I.V. Julle is nou veilig by Onse Vader in die hemel. Bid vir die families van die oorledenes wat agterbly. So absoluut grusaam en wreed.

Skokkend ·

Dit is uiters skokkend en dit lyk asof die kriminele ‘n meer wreder en skokkender kompetisie het. Hoe kry jy dit reg om iemand so wreed dood te maak, doodstraf, niks regverdig dit nie.

martin ·

wanner die lye verbrand word los die sake amper nooit opgelos nie.

wicus ·

HULLE IS VERKOOL EN DAN SKRYF HULLE” DAAR IS NIKS WAT VIR HULLE GEDOEN KON WORD NIE” AS MY AFRIKAANSE JUFFROU DIT LEES GAAN SY NET HAAR KOP SKUD

Barbara ·

Wicus die daad is baie erger as die taalgebruik!! Simpatie aan die familie en vriende dis wreed!!

Felicity ·

Hi Jan van Riebeeck, jy is skerp. Sorry, dit was my fout. Moes mensie gewees het.
Felicity

RIV ·

Dit is nie eers meer snaaks nie. Verbranding en verkragting en skending van mense se liggame, lewendig of dood maak nie meer in SA saak nie, solank die Guptas net vir Zuma happy hou. Die land is oorgelaat aan misdadigers .. eers was dit mans wat vermoor is, toe knip Zuma nie ‘n oog nie, toe is dit Vrouens, en hy gee voor hy gee om, maar vergeet die volgende dag daarvan, nou is dit al kinders .. so dit gaan ook oorwaai, solank hy net in sy 5 ster woning kan bly en lekker kan eet en drink en sy vrouens hom happy hou het hy ‘n saak met die dooies. RIV liewe mense .. ek is so jammer dat die REGERING NIE BELANGSTEL om julle te beskerm nie .. Ongeag julle belastinggeld voel die REGERING niks vir julle nie .. julle is aan julleself oorgelaat.

Spook ·

Net as ek begin dink niks kan my meer skok nie. Mense, dit is onbeskryfbaar wreed. Dit is tyd om opstaan. Hoeveel nog?

Ai ·

Die Bybel se die duiwel loop rond soos n brullende leeu opsoek na iemand om te verslind. (1 Petrus 5:8)

Ons kan rerig sien dat dit die geval hier is. Die mense wat hierdie dade pleeg is besete.

Alle sterkte aan die familie van die vermoorde gesin, ek kan net bid. Mag die Here ons genadig wees en uitred.

Magda ·

Klomp LAFAARDS en waste goed noem jy die – as iemand so wreed vermoor word.

Klippie ·

Stenig my maar maar die SPOG landgoed, LUUKSE landgoedding GRIEF my. Wat het dit te doen met die mense wat WREED vermoor en aan die brand gesteek is.. Ons Suid Afrikaners (media inkluis) is nog lekker SNOBISTIES! Die President en sy Ministers drink Shampagne en eet Sushi en sy burgers word WREED vermoor !!

WitBlits ·

MM – dit is ‘n gHolflandgoed soos gespel in die berig, maar julle opskrif is verkeerd!

Janie Monsieur ·

Dagsê WitBlits,

Dankie vir jou valkoog! Ons het berig gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Hoekom ·

Ander plasings op FB beweer dat dit blankes is. Foto’s is ook bygeplaas?????????

Alida ·

Genade wat karring julle oor spelling, ras, geslag of kleur. Dit is MENSE wat verbrand is. Wat makeer julle?

Johan Likkewaan ·

Mens wonder maar net wat is die storie agter die storie… ai.

Sug ·

Dit is tyd dat alle weerbare mans begin om gewapende patrollie ry gedurende die nag, en waar moontlik deur die dag ook. Die vrouens en kinders moet sentraal beskerm word op ‘n veilige plek deur die nag. Ons is in ‘n staat van onverklaarde oorlog.

Tanya ·

Help my reg, asseblief. Die voorval is sowat 2:30 opgemerk maar die paramedici is omstreeds 8:00 na die toneel ontbied? Hoekom nie paramedici om 2:30 geskakel nie of hoe weet hulle dit het 2:30 plaasgevind? Vyf en ‘n half uur later? Ons wereld is so boos. Wat moes nie deur daardie mense, daardie kind, se koppe gegaan het in die laaste oomblik nie. Hoe verskriklik. Mag hulle siele in vrede rus.

Hoekom ·

Wat vir my vreemd is is dat iemand nerens na hulle gesoek het nie. Ek het nerens gesien iemand het na ‘n man, vrou en 13jarige kind gesoek nie?

lynni ·

Het nou op nuus gehoor dat hul vermoed dis mense wat gisteraand uit hul huis ontvoer is. Pa, ma en dogter van iets in die twintig.

Stroeb ·

Watse tipe mense loop tussen ons rond? Hoekom is daar plek vir sulke mense in die alledaagse samelewing?

w ·

Die kriminele is n stem vi di govt daarom word nix gedoen. Gistraand n krimineel wat gesteel het vi my gese”ek isi bang vi die boere nie”ek kom reeds nou uit di tronk uit

JJK ·

AFGRYSLIK AFGRYSLIK – ONBESKRYFBAAR AFGRYSLIK – WAT SE TOEKOMS HET MY KLEINKINDERS IN DIE LAND!!!!

Lena Jonk ·

Ons Almagtige God ons smeek by U vir vrede en veiligheid in SA, ons het nog soveel liefde in ons harte vir daardie land, vernietig die vyande groot asb. Waarnatoe sal ons gaan vir hulp net by U ons Grote God. AMEN

RIP ·

Mense is geidentifiseer, dit was Indier mense gewees. Ouderdomme 57, 51 en 23. SHOCKING!! RIP dear people.

Willem ·

Dis wreed, dis lelik. ongelukkig is dit die wereld waar in ons lewe. So tipe modus operandie klink vir my na meer n haat wraak as enige iets anders. Is dit net moord of is dit n haat aanval gewees.? soos hul sal se. Een het die ander een iets aangedoen en toe is dit ‘pay back time.??? Geld.??? Suur drywe na n besigheid. So baie vra. Min antwoorde.
Sterkte aan die famikie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.