Die verkoolde liggame van twee volwassenes en ʼn kind, vermoedelik 13 jaar oud, is Maandagoggend in ʼn veld buite ʼn luukse gholflandgoed in Centurion gevind.
Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 02:30 in ʼn veld buite die Copperleaf-landgoed in die Mnandi-omgewing plaasgevind.
“Veiligheidsbeamptes by die landgoed was besig met ʼn patrollie toe hulle ʼn brand in die veld opgemerk het. Hulle het gaan ondersoek instel en op die liggame afgekom,” het Moloto gesê.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 08:00 na toneel ontbied.
“Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Dit wil voorkom of al drie oorledenes vasgebind en hul monde toegebind was.”
Meiring het aan Maroela Media gesê die liggame was so erg verbrand dat dit moeilik was om die geslag van die oorledenes te identifiseer. “Al wat ons in dié stadium weet, is dat een van die slagoffers ʼn man is,” het hy gesê.
Maroela Media het van ʼn betroubare bron verneem die mense is in die veld aan die brand gesteek.
Die motief vir die voorval is onbekend.
Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die oorledenes se identiteit, geslag, ouderdom en oorsaak van dood sal met behulp van nadoodse ondersoeke bepaal word.
Lees ook: Gruvonds buite Pta-landgoed: Moontlike verbinding gemaak
- Die polisie op die toneel. Die foto is digitaal gemanipuleer om die liggaam te verbloem. Foto: Verskaf
- Die polisie op die toneel. Die foto is digitaal gemanipuleer om die liggaam te verbloem. Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Liewe Vader, dis erg, absoluut grusaam. Dit moes absoluut erg vir die volwassenes gewees het dan kan jy jou nie indink hoe die arme 13jarige moes gevoel het nie. Niemand wat haar kon help nie! Die gemors wat hiervoor verantwoordelik is, moet dieselfde lot tref!!!!!!! en nog erger!!!!!
R.I.V. Julle is nou veilig by Onse Vader in die hemel. Bid vir die families van die oorledenes wat agterbly. So absoluut grusaam en wreed.
Dit is uiters skokkend en dit lyk asof die kriminele ‘n meer wreder en skokkender kompetisie het. Hoe kry jy dit reg om iemand so wreed dood te maak, doodstraf, niks regverdig dit nie.
wanner die lye verbrand word los die sake amper nooit opgelos nie.
HULLE IS VERKOOL EN DAN SKRYF HULLE” DAAR IS NIKS WAT VIR HULLE GEDOEN KON WORD NIE” AS MY AFRIKAANSE JUFFROU DIT LEES GAAN SY NET HAAR KOP SKUD
Hi Jan van Riebeeck, jy is skerp. Sorry, dit was my fout. Moes mensie gewees het.
Felicity