Gruvonds by Secunda-ashoop

'n Babaseun se liggaam is Maandag op die stortingsterrein gevind. Foto: Jana Oosthuizen / The Bulletin

‘n Babaseun se liggaam is Maandag op die stortingsterrein gevind. Foto: Jana Oosthuizen / The Bulletin

Die erg ontbinde liggaam van ʼn babaseuntjie, vermoedelik ses maande oud, is Maandag op die stortingsterrein buite Secunda, Mpumalanga, gevind.

The Bulletin, ʼn plaaslike gemeenskapskoerant, berig ʼn veiligheidswag by die stortingsterrein het omstreeks 11:00 op die kind se liggaam afgekom terwyl hy besig was met roetinepatrollie.

“Aasgrouers het in die gebied saamgedrom. Ek het hulle probeer verjaag, toe hulle my roep om te wys wat hulle gevind het. Toe ek nader gaan, het ek die naakte liggaam van die baba gesien en die polisie gebel,” het die wag aan The Bulletin gesê.

Volgens ʼn polisiebeampte wat op die toneel was, lyk dit asof die babatjie ʼn ligte gelaatskleur het, maar pers is weens die ontbindingsproses.

Kapt. Bettina Zondo, woordvoerder van die Secunda-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die kind se liggaam is vermoedelik verlede week daar gestort. Dit is nie duidelik wanneer die kind dood is nie.

Sy het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die seun se ouderdom en die oorsaak en tyd van sy dood vas te stel.

“Sodra die nadoodse ondersoek afgehandel is, sal die polisie besluit presies watter soort saak aanhangig gemaak gaan word. Sover is die polisie op soek na enigiemand wat die polisie met meer inligting kan help. Die polisie is op soek na die ouers of enigiemand wat weet wie die ouers kan wees,” het sy gesê.

Geen baba is onlangs in die omgewing as vermis by die polisie aangemeld nie.

Mense met meer inligting word versoek om Secunda se misdaadkantoor by 017 624 2020 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Mariana ·

Nee, hoe kan iemand so siek wees om dit aan ‘n ou babatjie te kan doen.

jacoline ·

Its hard to imagine a crime more grislier and more depressing than disposing of one’s newborn! I can’t rationalize why this happens? Poverty? Insanity? Depression? What?

Daan ·

Die mensdom is siek, wat se Ma is dit wat haar kind net weggooi, of is hy dalk vermoor. Ek dink die doodstraf moet terukom vir sulke gevalle en aborsies.

BAREND ·

die geliefde mandela het aborsies wettig gemaak onthou julle

Karin ·

Ronnie, gaan lees gerus oor aborsiekultuur op die internet.

Wanneer aborsie onwettig is, is hierdie tipe ding BAIE minder algemeen. Aborsies word egter gewettig en jy “fool” jouself as jy dink aborsies gebeur slegs voor 12 weke wanneer dit wat uit die vrou se liggaam kom, nog skaars soos ‘n baba lyk. As jy maar net die woorde “abortion culture” Google, sal jy telke stories vind van aborsieklinieke waar babas gesond gebore word en dan doodgewoon vermoor word. Ek het selfs gelees van een verhaal waar die verpleegster in die aborsiekliniek ‘n lewende baba gevang het, en etlike minute met hom gespeel het voor sy hom doodgesteek het.
Aborsies wat gewettig is maak dat mense voel – dis wettig om my baba in ‘n kliniek te vermoor, so watter verskil maak dit as ek hom in ‘n toilet afspoel, op ‘n asgat gooi, in ‘n drom, of toedraai in ‘n sak en langs die pad gooi. Ek maak die baba dood, die wyse verskil net. Aborsies wat gewettig word maak dat (sommige) mense geen agting het vir ‘n baba se lewe nie – ongebore of nie. Watter verskil maak dit dan of die baba binne die baarmoeder vermoor word of daarbuite? Wanneer begin die kind se lewe saakmaak? In ons samelewing waar ‘n lewe so min werd is, maak aborsies wat gewettig is dat enige baba se lewe nog minder werd is.

Perspektief ·

Dit ruk mens om so iets te lees. Ek wil wel vir kommentator Daan noem dat dit nie net ñ ma se daad kan wees nie maar ook ñ pa s’n. Dis vir my ñ swaar pil om te sluk al vir ñ wyle waar daar berig word van kindertjies – van pas gebore tot kleuters – wat dood gevind word, en eerste vraag is “hoe kan ñ ma so iets doen?” Kry bietjie perspektief want misdaad soos die word nie net aan die ma gekoppel nie. Daar is al baie berig van Pa’s wat weke of dae oue bloeitjies dood slaan of teen mure gooi. Nie te min. Hierdie is so hartseer en wie ook al die klein lewetjie beëindig het moet reg staan vir sy of haar straf.

Daan ·

Ek wil graag net regstel, ek beskuldig nie die Ma van moontlike moord nie, maar omdat sy stilbly en toelaat of sy haarself die kind op die ashoop gooi. Hoe leef sy daarna met dit saam. Ja mans kan die kinders leed aandoen.

Nog iets ·

Nog iets, Daan jy Perspektief is ook albei reg. Daar is geen vermiste baba aangemeld, dit kon Pa gewees het, maar Ma sal eerder Pa beskerm as haar eie kind, as dit so is, is sy net so sleg en skuldig. Dankie vir oopkop redenasies deur jul 2

Perspektief ·

Niemand weet waar die ma is en of sy self lewe nie. Kom ons wag en kyk wat lewer die ondersoek op. Ek weet dit klink baie positief vir die land waarin ons woon om op ons wonderlike polisiemag en regstelsel te vertrou maar om te spekuleer dat die ma iemand beskerm of weet van dit of soos voorheen genoem selfs leef is om te gryp na grashalms. Dis hartseer en tragies en wie ookal verantwoordelik is moet beslis swaar gestraf word. Ek is net keelvol vir stereotipering.

Jean ·

Dit is wat ‘n LEWE in SA werd is. Mense kom met moord weg, mense kom weg met kindermishandeling, mense kom met die wreedste dieremishandeling weg. Mense kom weg met die marteling van oumense, die aan die brand steek van ‘diewe’, die verkragting van vrouens en kinders. IN SA is GEEN lewe meer iets werd nie, soms word niks eers gesteel by mense wat wreed vermoor word nie, kinders wat met messe gesteek word, wat verkrag en doodgemaak word oppad winkels toe, hoeveel kinders meld verkragting aan? .. DIT IS DIE LAND WAARIN ONS WOON!

m ·

Liewe hel wie gee so min om vir sy kind om hom op n ashoop te gaan weggooi. Sal nooit weet hoe sulke mense se koppe werk nie.

wdp ·

en die duiwel is los in die RSA, seker omdat ons regering sulke heilige morele “mense” is

Ilze ·

Ek wonder baie keer hoe kan die Here……nog lief wees vir ons mense???????

Doret ·

Hoe huil ek nou terwyl ek my eie baba van 12 dae vashou!!!!! Kleine seuntjie-lyfie my hart breek vir jou?. Mag jy sag rus in Liewe Jesus se arms waar jy geen onreg of koue meet voel nie. Hierdie nuwe mamma-hart rou vir jou. Hoe kan mens so iets doen????? Ek en my man het 4 jaar gewag en gebid vir hierdie wonderwerkie wat ek nou vashou. Hoe slaap jy snags mamma? Mag die Here jou moederskoot sluit!

Annie ·

Ma of pa … so n persoon verdien nie die naam ouer nie … maar wel die doodstraf.

E Jordaan ·

Wel die ouers sal seker nog hul kinder toelaag probeer kry, die dat dit nie gerapporteer word nie!
Grusaam!

As ek maar net geweet het ·

Goeie dag, ek wil graag my mening gee oor aborsie. Is dit reg, NEE. Besef julle hoeveel mense om julle het dit gedoen? Self jou vrou of man het ja gese vir aborsie. Hulle vertel jou net nie… Want dis een GROOOT donker geheim wat hulle nie wil uiter nie. Ek is een van hulle… Daar is baie baie baie van ons… Jou vrou, Vriendin, Juffrou, Pastoor en die lys kan net aanhou en aanhou… Kyk Om jou, baie loop met ‘n doeie siel… Die dag wat daai baba doodgemaak is, het daai mamma haarself ook doodgemaak… Weet julle wats hartseer? Dat daar vir jou vertel word jy moet dit vinnig doen, voor dit 5weke is, want dan kan die “fetus” niks voel nie. SNERT!! ALS is snert!!!! Dat amal om jou, tot jou Ouers wat petisies geteken het teen aborsie jou ompraat om dit Te doen, voor dit te laat is. Die mense wat jou die meeste moet beskerm, het jou gehelp moord pleeg en gehelp om jou ook Te “vermoor”… Die mense wat so vinnig vinger wys, as dit aan jou deur klop, hoop ek julle bly by jul waardes… Jou Matriek dogter, jou dogter wat vir Dokter studeer, jou dogter wat 16 is, jou dogter as sy verkrag is… DINK BAIE BAIE MOOI. Dit vernietig mense se lewens… Hier is soooo baie dooie vrouens wat rondloop, stukkend… Dis nie n uitweg nie… Wat in die gees gebeur, is onbeskryflik…?

Roelien ·

Ek boer met miniatuur perde. Vir elke vul wat gebore word, moet ons DNA wegstuur en ouerskap bevestiging doen. Hoekom in die lewe in kan dit nie vir babas en hul ouers ook gewld nie? Is daar dan meer waarde aan ‘n dier as aan ‘n mens? Ek dink hospitale en klinieke waar geboortes plaasvind, moet dit by hul kostes reken dat daar DNA op babas gedoen moet word. Dit sal soveel probleme uitskakel.

Ouma ·

Ai, ek voel so jammer vir “As ek maar geweet het”. Daar is baie vrouens soos jy wat gedink het; dit is die maklike uitweg….maar toe nié. Die Mamma is die een wat met die letsels sit vir die res van haar lewe. Maar ek wil jou vra: vergewe jouself. Ek glo jy hét al baie keer bely en voor die Here gehuil omdat jy die horlosie nie kan terugdraai nie. Jy erken dat dit verkeerd was en God hét jou vergewe. Jy sal dit nooit weer laat gebeur nie. God het dit in die dieptes van die see gegooi en ‘n bordjie “No fishing” daar opgesit. Dit geld vir jou ook. As God jou vergewe het, wie is jy om jouself so te kasty en die pyn te herleef oor en oor? Dit is nou in die verlede. Los dit daarby die Here, en gaan aan met jou lewe. Jy sal eendag ‘n ekstra goeie mamme wees, want jy ken verlies. Baie sterkte aan jou, en al die ander vrouens wat in hierdie strik van pyn getrap het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.