Gruvonds in stroom langs Pta-pad

Nooddienste in Pretoria het Vrydagoggend die liggaam van ʼn 45-jarige man uit die stroom langs die R80/Mabopane-hoofweg naby die Hebron gehaal.

“Nooddienste is omstreeks 07:45 na die toneel ontbied waar Tshwane-metropolisie bystand versoek het toe hulle op die liggaam van ʼn man afgekom het,” sê Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane-nooddienste.

Die span het ʼn rubberboot gebruik en die liggaam van ʼn man, vermoedelik 45 jaar oud, uit die stroom gehaal. Die man het kneusplekke aan sy gesig opgedoen en dit wil voorkom of hy al langer as ʼn dag in die water was.

“Die liggaam is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorgegee. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.