Gruvonds in veld gemaak

Argieffoto

Die geskende liggaam van ʼn man in sy 40’s is Maandagmiddag in ʼn veld buite Polokwane in Limpopo gevind.

“Die polisie het ʼn wenk van die publiek ontvang dat ʼn liggaam in ʼn veld in die Onverwacht-omgewing, ʼn paar kilometer buite Polokwane, gestort is,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder Dinsdag gesê.

“Die polisie het daar op die erg geskende liggaam van ʼn man in sy 40’s afgekom. ʼn Paar van sy liggaamsdele is verwyder.”

Volgens Ngoepe is die motief vir die moord onbekend, maar die moontlikheid dat dit ʼn rituele moord is, kan nie uitgesluit word nie. Die man het geen vorm van identiteit aan hom gehad nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn volskaalse ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RIP ·

Is daar nog iets oor om te se behalwe Condolences with the family?

thinus ·

ja behalwe dat in hierdie polities korrek oordrewe land sal die SAPD nie eers vermeld van watter ras die persoon is nie behalwe dat hy +/- 40 jaar is! Ek is seker daarvan dat iendien iemand vermis word, dit tog nuttig sal wees.

Middie ·

Soms is ek verstom as verslaggewers meld wat beskuldiges aangehad het met hul hofverskyning. Wat op aarde maak dit saak? In hierdie tipe beriggewing kon ras nuttig wees maar nou ja, liewer stilbly as in die moeilikheid land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.