Gruvonds ná bejaarde vrou vermis raak

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die erg geskende liggaam van ʼn vermiste bejaarde vrou is vandeesweek in ʼn veld buite Motherwell in die Oos-Kaap aangetref.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn vrou se liggaam is Woensdagmiddag in die veld naby die Monument-kruisings (die kruising van die R334 en R335) aangetref.

“ʼn Man het hout gaan opgetel toe hy die grusame ontdekking van ʼn gesiglose en erg geskende liggaam gemaak het,” het Beetge gesê.

Die Swartkops-polisie is na die toneel ontbied en het ʼn moordondersoek van stapel gestuur.

“Verdere ondersoek het vasgestel dat ʼn 77-jarige vrou Dinsdag in die Motherwell-omgewing vermis geraak het. Die vrou, Lillian Mapukana, is vir die laaste keer gesien toe sy in Mkhombestraat in Motherwell na die winkels toe gestap het. ʼn Familielid het haar die volgende dag as vermis aangemeld toe sy nie na die huis teruggekeer het nie.”

Die polisie het die twee voorvalle verbind en Mapukana se familie ontbied.

“Haar familie het haar uitgeken aan die klere wat sy gedra het en haar rastalokke, want haar gesig is onherkenbaar vermink,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die motief vir die moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pop ·

Hoe vreeslik het ons land nie geword nie. Die duiwel “rule supreme” sy kettings is af en hy weet nie wat kan hy doen wat erger en viesliker en boser is nie. SA is vir die duiwel soos n kind in n lekkergoed winkel. My innige simpatie met die familie.

Siek en sat ·

Sieker as siek. Gewetenlose misdadigers wat van hierdie pragtige veilige land van ons n misdaadnes van wreedheid gemaak het. En die Regering knip nie n oog nie maar kyk weg.

SA Moordmuseum ·

Net soos die haulocaust museum en apartheidmuseum moet daar ‘n museum gestig word om dit wat nou in SA aangaan uit te beeld.

Spike ·

SA is in die toestand danksy die revolusie, bevrydings bewegings.

Lorna ·

Dit gaan al jare so. Dis die bedwelmde jong mans wat dit doen. Het dit in KZN in die 90’s gesien.

Koos de Meyer. ·

Miskien is dit ons beurt om onder grond te gaan. Hierdie land is sieker as siek. Moord en nogmaals moord elke dag. Waar gaan alles eindig. En daar word niks aan gedoen nie.

D V ·

Ons weet almal die probleem van ons land.
Ek sal graag die oplosings van die probleem wil sien. Wat kan ons mense doen om dit te stop.

Deon ·

Ons moet als opteken wat die amptenare verkeerd doen, als afneem wanneer ons misdaadslagoffers is, en dit vir die hele wereld wys. Wanneer reg en geregtigheid terugkom sal die wat vir die terreurdade verantwoordelik is aangekla word. Die wereld gaan weer regkom en die wreede politici wat onmin saai en staatsamptenare wat anderkant toe kyk sal vervolg word. So teken aan, neem fotos, versprei na die wereld.

Siek en sat ·

Sieker as siek. Gewetenlose misdadigers wat van hierdie pragtige veilige land van ons n misdaadnes van wreedheid gemaak het. En die Regering knip nie n oog nie maar kyk weg.

Mariana ·

Hoe verskriklik wreed. My innige meegevoel met die naasbestaandes.

Stan ·

‘n 77 jarige!!! Watter mens martel ‘n bejaarde so? Die skuldige moes op STERK drugs gewees het. Sterkte aan haar familie.

LB ·

Ek verafsku wat van hierdie land geword het. Ons bly tussen miljoene satans en ons eie tree al net so veragtelik op teen mekaar.

Sue ·

Sulke goed lees en hoor jy van hier in die Noorde agv “muti moorde”, redelik algemeen hier want hul verkoop die oe en tong en ander dele van die liggaam ook. Maar dit is nogal die eerste wat ek dit in die Kaap lees. Gewoonlik in KZN en Limpopo.

Sterkte aan daardie vrou se familie. Maak nie saak watse kleur jou vel is nie, ek dink die dood bly en sal vir ewig n baie seer ding bly.

leser ·

ek dink dis tyd dat c r voor die wêreldhof gedaag word vir sy aandeel in sa moorde

Alida ·

Agge nee en dit seker vir n paar ou randjies wat sy by haar gehad het. Hoop die familie vang die vark en leer hom n les voor hy in veilige bewaring toegesluit word.

Geskiedenis ·

Teken dit op in die geskiedenis boeke!!! Die regering wil mos nuwe geskiedenis maak.

Sue ·

Ek sidder nogal om te weet watse leuen hulle gaan opdis in die “nuwe geskiedenis” van ons “veilige” land

Vervolging ·

Vandag se elektroniese getuienis maak dit moeilik om geskiedenis te probeer verander. Die waarheid word opgeteken en gaan die skuldiges hard byt.

madels ·

Dis so verskriklik! en verskriklik vir die familie om die arme weerlose vrou so te moes uitken… mag die moordenaar SPOEDIG gevind word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.