Gruvonds ná man (20) vermis raak

Argieffoto

Die soektog na ʼn vermiste 20-jarige man van Limpopo het tragies geëindig toe sy geskende liggaam Sondag in ʼn weiveld gevind is.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene, Koketso Makola van die Ga-Mashegoane-nedersetting tussen Groblersdal en Burgersfort, se liggaam is deur voetgangers buite die Madibong-nedersetting, sowat 20 km van sy huis, aangetref.

“Sy liggaam het al begin ontbind. Sy liggaam is ook geskend en van sy liggaamsdele word vermis,” het Ngoepe gesê.

Makola is op 28 Junie die laaste keer lewend gesien toe hy omstreeks 20:30 gaan slaap het. Hy is as vermis aangemeld, waarna die polisie en lede van die gemeenskap ʼn soektog na hom van stapel gestuur het.

“Die motief vir die moord is onbekend. Die moontlikheid dat dit ritueelverwant is, kan nie uitgesluit word nie,” het Ngoepe bygevoeg.

Makola se oorskot is reeds deur familielede uitgeken.

Die Sekhukhune-polisie buite Groblersdal ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Wat is die kommentaar en verslaggewing uit dié vermoordes se geledere? Wat word dit genoem en is dit regtig aanvaarbaar vir enige rede wat gegee word? Hoop die moordenaar(s) word vinnig opgespoor en gevonnis.

Sue ·

Die is mos maar baie gewild hier in Limpopo, “muti moorde”. Die sadste is dat sulke moorde nooit eers opgelos word nie.

t ·

Die sangomas het onsigbaarheid room aan die moordenaars verkoop. Die Polisie kan hulle nie sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.