Gruvonds op Noordwes-leeuplaas gemaak

Foto: Arno de Klerk.

Foto: Arno de Klerk.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Woensdag die Excelsior-leeuplaas naby Tosca in Noordwes met ʼn lasbrief in sy besit deursoek. “Hier het ons bewyse gekry dat groot getalle donkies op ʼn onmenslike manier geslag is. Ons het ook 100 donkievelle gevind,” het die NDBV in ʼn verklaring gesê.

“Die donkies is op ʼn grusame wyse van hul velle gestroop en dit beteken dat die Wet op Dierebeskerming oortree is. Strafregtelike klagtes gaan aanhangig gemaak word,” het die NDBV gesê. Dit is bevestig dat tien donkies op 28 Februarie alleen geslag is.

“Daar is ʼn slagpale op die plaas wat geregistreer is vir die slag van beeste, skape en bokke, maar nie perde nie. Dit is dus ʼn oortreding om donkies hier te slag.

Die NDBV het die Suid-Afrikaanse Polisie se veediefstaleenheid asook die Noordwes se openbare veeartsenydienste van hul vonds in kennis gestel. Klagtes word gelê in terme van die Wet op Dierebeskerming, die Wet op Veediefstal en die Wet op Vleisveiligheid.

“Die NDBV is van mening dat hierdie kommersiële handel is en ook verband hou met die onlangse geval waar 450 donkievelle opgeveil en verkoop is in Hartswater in Noordwes,” het die NDBV gesê. Die NDBV moes drie perde, ʼn donkie en drie skape uitsit by dié veiling op 25 Januarie omdat hulle vlakke van lyding net té hoog was.

Maroela Media het vroeër berig dat dr. Langa Madyibi, ʼn beampte van Noordwes se departement van landbou, gesê het daar is ʼn getekende ooreenkoms wat die belangstelling aandui vir moontlike samewerking tussen Noordwes en ʼn tegnologiese maatskappy in China om hul tegnieke te gebruik om die produksie van donkies in die provinsie te verhoog. Daar is ook verdere samesprekings oor hoe om die diere op ʼn wettige en menslike manier te slag, maar geen besluit is nog tot dusver geneem oor hoe om voort te gaan met die konsep nie.

Foto: Arno de Klerk.

Foto: Arno de Klerk.

Die donkievelle word gekook om gelatien te bekom wat ʼn hoofbestanddeel in “ejiao” is. Ejiao word ook as ʼn bloedtonikum beskryf wat onder meer kan help om bloeding te stelp terwyl dit ook glo bloedsirkulasie verbeter. Chinese glo die gelatien het teenverouderingseienskappe en kan slapeloosheid en duiseligheid voorkom.

Volgens die Independent word die gelatien in ʼn harde jel verkoop wat in warm water of alkohol opgelos word. Dit kan ook as ʼn room vir beensere aangewend word.

Die velle op die leeuplaas word intussen na ʼn plek van veiligheid verskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Eric ·

Ek wil net baie graag weet het hulle gesien dat donkies op wreedaardige manier geslag is of het hulle dit sommer aangeneem?
En as jy met donkies boer en hul slag vir hulle velle wat is die verskil of jy beeste slag ? Beesvelle produkte is hele wereld vol wat is nou presies die verskil?

Penellope Jones ·

Dit gaan eerder oor die manier van kant maak. Mense is in hegtenis geneem volgens ‘n berig op National Council of SPCA’s en waar getuies genoem het van die manier hoe hierdie arme diere behandel is.

Die berig is op hulle webwerf getiteld “Horses and donkeys bludgeoned with hammers, skinned alive””

Daan Erasmus ·

Eric. Ek stem saam met jou. Wie het gesien dat die donkies lewend geslag word. Dit is ‘n leeu plaas. Die leeus moet eet. En hoekom dan die vel weg gooi.

Monica Pelser ·

Daar is geen verskil nie, GEEN DIERE hoef met hulle lewens te betaal vir mense en hul genot nie maar op die ooblik is daar net 44 Miljoen donkies wereld wyd, daar word huideglik 4 miljoen donkies per jaar nou dood gemaak vir die produksie van ejiao. Die manier hoe die donkies ook dood gemaak word of dit onwettig of wettig by die slagpale is, albei is erger as wat jy jouself OOIT sou kon voorstel. Ek dink nie die is die platform om jou in te lig oor hoe dit gedoen word nie, maar as jy belangstel volg my Hands off our Donkeys Facebook blad om presies uit te vind wat met hierdie diere gebeur en voel vry om my n bodskap te stuur, ek het vreeslik baie navorsing hieroor. Voor ons, ons oe uitvee is die donkie ook extinct deur mense se greed.

Niel ·

Dit is absoluut walglik en wreed, ek hoop die skuldiges word vasgetrek

Piet Badenhorst ·

Kyk bietjie mooi, die saak het n ander kant.
Donkie vleis word jare al aan Krokkodille en Leeus gevoer.
Ek vermoed iemand wil die handel in Donkie velle domineer vir eie gewin.

Lientjie van Aswegen ·

Ek stem 100% saam dat iemand die mark wil domineer. Waarvoor word die lasbriewe uitgereik? Is dit oor onwettige slagtings of gesteelde donkies of velle? Die regering keur dit dan goed

Jaco Grobler ·

Sover ek weet word donkies en perde wat uitgedien is of dood is van oorsake soos ouderdom of ‘n hartaanval vir ander diere gevoer, hulle eerste doel is werksdier, nie om te dien as voedsel of vir sy vel nie. Elke ou gaan maar’ n opinie oor die donkie kwessie hê, wat is reg, wat is verkeerd, volgens my is diere gegee om te bestuur en te gebruik asook verbruik terwyl hulle altyd goed behandel moet word. Om te werk en te voed is goed, maar om hom te gebruik om myself ‘mooi’ te maak is vir my oor die streep trap, tensy die dier van natuurlike oorsake sterf.

Alida ·

BARBAARS!!! Wat verwag mens as nommer een nog aan toordokers en voorvaders glo. St 3 mentaliteit.

sharon ·

wil maar net se!!!!!ek eet nie weer by chinese resturante nie!!!dit is hul wat die vleis meng met hul disse!!!hoe gan jy en ek dit weet? …. hulle kanie meer vleis bekostig nie!!!! daarom maak hulle n ander plan!!!

Dankbaar ·

Goeie werk NDBV. Julle het meer passie vir diere aswat ons polisie vir die beskerming van mense het. Dankbaar vir die goeie werk wat julle doen. Mag die skuldiges betaal vir wat hulle gedoen het.

WonderNet ·

Hoe kan jy van ‘n vel aflei hoe die dier “onmenslik” geslag is. En ek neem aan almal hier wat walglik en wreed aanhaal is vegatariers?

Rocky Bell ·

Hulle word lewendig geslag. Net soos wat die Sjinese honde lewendig slag – lewer “better” kwaliteit vel. As by die ‘maag’ het gaan kyk maar op PETA se webwerf.

Kiepie ·

My eerste vraag ook WonderNet. Die DBV doen wonderlike en baie noodsaaklike werk maar ek kry die gevoel hulle probeer deesdae van skoktaktiek gebruik maak om ‘n punt te probeer oordra.

Alida ·

Wonder Net. Jou kommentaar word verwerp met die minagtig wat dit verdien. Ons eet almal vleis maar daar is perke hoe dit op die winkelrakke beland.

Kommerwekkend ·

Dit is net snaaks dat meerderheid van die onwettige gebeure in ons land nl. renoster stropery, “slag van donkies vir velle” alles vir china is.

Nico K ·

Ek persoonlik dra skoene en ‘n belt van leer en glo die meeste ander mans ook. Nou net omdat dit van beesvel gemaak is, is dit onmenslik, maar as ek nou donkievelle daarvoor gebruik het, dan was dit verskriklik! Ek verstaan dit nie. Hulle het ‘n wettige slagpale. Hoekom sou hulle die donkies “onmenslik wreed” geslag het. Sal hulle nou regtig daardie donkies wreder geslag het as al die ander vleis wat julle op julle tafels kry.

Annatjie ·

Klink vir my so half lagwekkend. “Wreed geslag” en op grusame wyse van hulle velle gestroop. Het die donkies dan nog gelewe toe hulle velle verwyder is en op grond waarvan word die aannames gemaak? Noem die stawende bewyse of is dit nou maar weer net ‘n manier om die boer af te kraak?

Leon Kirstein ·

Om donkievelle vir oosterse mark te lewer, moet velle lewendig verwyder word sodoende die regte graad gelatien daaruit te verkry. Hierdie donkies word sodoende verlam deur n staalpen in die nekwerwels in te steek. Velle word dan lewend afgehaal. Baie grusaam….maar waar. Wat het van ons menslikheid geword???

Justice ·

Die feit dat die donkie velle op `n leeu plaas gevind is maak vir my heel logiese sin. Het die DBV terselfde tyd die kondisie van die leeus nagegaan? Ek glo so. Enige slagtings prosses is wreed ongeag hoe jy daarna wil kyk – selfs by `n slagpale. Indien die boer `n geleentheid het om `n beter sekondere inkomste vir sy donkie velle te kon bekom is dit sy reg. Normaalweg sou die velle teen `n laer prys na die gelatien fabriek by Krugersdorp gegaan het vir prossesering. Ek sou die etiek bevraagteken het indien die boer `n slaghuis of polonie fabriek op die dorp bedryf het.

Johannes van Staden ·

Wat hulle doen hulle slaan die arme dier voor die kop met n hammer …die dier verloor sy bewussyn en dan terwyl die dier nog lewe word die vel afgesny …dan bloei die dier dood….onmenslik, barbaars en sielloos !

Lmfga ·

Al manier wat ek kan dink om n donkie lewendig te slag is om hakke in sy ore te sit gkoppel aan kettings. Jy maak dan die leeus oop en hy hardloop uit sy vel uit.

Alwyn ·

Ek wil net graag julle attend maak daarop dat daar nie iets soos openbare veeartsenydienste is nie, maar Departement van Landou se direktoraat van Veeartsenydienste

Speedguard ·

Mooi Alwyn se hulle, hoe durf hulle die mense is dan so “know it all” Dit was net so om dat hul altyd gese het hul werk vir die Spoorwee en nooit genoem en Hawens nie !!!:o

Jannie ·

Hoe dink julle word varke skape beeste ens in die informele nedersettings doodgemaak en dan geslag. Nou dat n witman dit vir sy leeus voer is dit waglik barbaars ens. Moet hy die velle nou aan die brand steek pleks van om dit te verkoop en vir sy werkers leeus ens te sorg. Kom by en los die mense uit dat hulle met hul eie boerdery maak soos hulle wil.

Grassie ·

Ek sien dat hulle ook beeste, skape en bokke op dieselfde plek slag. Dit laat my wonder waar die donkievleis heengaan. Die leeus kan sekerlik nie al daardie vleis opvreet nie. As ek ooit in die Tosca-omgewing kom sal ek beslis nie biltong, maalvleis of wors koop nie. Ook nie salami nie.

Monica Pelser ·

Al ooit in jou vleis disse soos gekoopte pastye se bestandele die volgende gesien:
Beef: 75%
Other: 25%
Sal ek jou se wat die Other is?

Monica Pelser ·

Meroala Media, EK WIL JULLE BAIE GRAAG UITNOOI VIR KOFFIE EN MY NAVORSING EN ONS OPTOG BESONDERHEDE MET JULLE DEEL, ASB KONTAK MY.

Niël ·

Ek werk ook op leeu plaas leeus Kan Nie sommer bees of skaap eet Nie want dit word met allerande goed en hormone in gespuit wat n leeu siek maak en tot sy dood Kan lei so perd en donkie vleis dan veiliger ons self verkies erder wilds vleis want dis wat hulle in die natuur so eet en n leeu eet baie so hang af hoeveel leeus op die plaas is is 28 donkies Nie baie en julle is reg hoekom die velle weg . Om n donkie lewendig te slag is ook Nie moontlik logika gaan hy stil staan. Niemand Kan regtig sê of bewys Sonder fotos of video dat die donkies wreed dood gemaak is Nie en as ek dit Nie mis het Nie (praat onder korreksie) kan jy op jou plaas slag net wat jy wil in perkke tot die wet

Cherokee ·

Dit laat mens dink nè! Leeus eet donkies,..dus as daar leeusteak op die spyskaart is, blaai verby.

JJ ·

Moontlike wrede optrede. MAAR WAT VAN DIE BOERE WAT ELKE DAG VERMOOR WORD!!!

Jaco Grobler ·

Ek vra myself af, wie gaan ek hier glo, die DBV of die ‘mens’, en as ek sien en lees wat mense om my daaglils doen, sit ek my geld op die DBV.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.