Gruvonds op Noordwes-plaas gemaak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde man se liggaam, waarvan die kop en ander liggaamsdele verwyder is, is op ʼn plaas naby Christiana in Noordwes gevind.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die liggaam is op die plaas, Honesty, deur die boer gevind.

“Die boer het Sondag op die ontbinde liggaam in een van sy kampe afgekom en dadelik die polisie ontbied,” het Makau gesê. “Die man se kop is vermis en met verdere ondersoek is bepaal dat van die man se liggaamsdele ook vermis is.”

Die polisie vermoed die man is tussen 70 en 80 jaar oud. Die oorsaak van sy dood en sy identiteit is nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Mal toordokters en duiwelse muti is die oorsaak van sy dood

marlene ferreira ·

Hoe gaan ons van moeti moordenaars ontslae raak as selfs ons president kiesers bangpraat met voorvadergeeste.

Lida ·

Is dit net in Afrika waar hierdie bisarre en barbaarsheid voorkom of kom dit in ander lande ook voor? Ek glo nie!!! Dit is net hier waar hulle nog glo dat seuns in die berge besny moet word en aan toordokters glo. Kan nie glo dit word hoegenaamd toegelaat nie. Het die man se familie hom dan nie as vermis aangemeld nie en sal graag wil weet wat die omstandighede rondom sy dood was.

Ai ·

Het jy al gesien hoe word die mense in Suid-Amerika vermoor? Selfs suide van Noord-Amerika? Of die kannibalisme van ons eerste wêreldse Europese lande? Wat van Australiëse mensejagters? Of kinders in Indië wat voor busse ingegooi word? Ek het vriende regoor die wêreld en hulle voel dieselfde as ons oor die soortgelyke barbaarse moorde by hulle.

Nita ·

Nasies wat ons vandag as beskaafd beskou, het die soort praktyke al 3000 jaar gelede afgele.

Asjas ·

Weereens, kan ons dalk ‘n beskrywing van die man kry? Hierdie is seker die enigste land in die wereld waar die beskrywing van iemand rasisties is!
Daar is mense wat geliefdes soek en dalk kan help om die saak vinniger opgelos te kry.
Nou gaan die hele land die Polisie bel want sy Sjinese Oupa met groen hare en pers vel is Woensdag nag met sy clown suit by die agterdeur uit wat is Noordwes se rigting wys.

Jan Fisant ·

Dié dinge gebeur in Krugersdorp ook. Net gister was daar berigte van ‘n wit satanistiese nes daar en nóg moord wat ondersoek word. Ons hele land, ongeag velkleur, is deurtrek met die boosheid en kriminaliteit.

Jan maak n plan ·

Hoop nou net nie een simpel persoon kry dit nou in sy kop om die arme boer hiervoor te laat toe sluit nie.

vermeende ·

Kan onthofing die oorsaak van sy dood wees.
Ek glo nie die SAPD moet verder tyd mors met die oorsaak van sy dood nie, die man is vermoor vir muti.

Ouma mix ·

Ja met die slim mense kan die boer dalk verantwoordelik gehou word

Karma ·

@Ouma mix, eish ja, in dié land van ons is niks wraggies onmoontlik nie. @Lida & Theresa, dit is nie net in Afrika wat sulke wreedhede plaasvind nie, orals waar jy te doen het met tradisionalisme sal jy barbaarse praktyke en gebruike vind – bv. mense (kinder) handel, openbare teregstelling, ‘hekse’ wat op brandstapels aan die brand gesteek word …. Maar dat dit wreed en onmenslik is, is nie te bestry nie!

Christa ·

Die man se kop word nie vermis nie! Dis onwaar! Sy lyk is naby ‘n treinspoor gekry, en dalk was hy iewers heen oppad, en het ‘n slang hom gepik? Dalk was hy 70jr of 80jr oud, soos vermoed word, en is hy aan natuurlike oorsake dood. Wilde diere soos jakkalse kon dalk van sy ledemate gevreet het…..

Maggie van Zyl ·

Christa, is dit nie moontlik 2 verskillende gevalle nie.? Daar sal n duidelike verskil wees aan die liggaamsdele wat verwyder is en wat deur wilde diere afgeeët is..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.