‘Gruwelhuis-egpaar’ vasgetrek

Chantel en John Deminey. Foto: Verskaf deur SAPD

Chantel (37) en John Deminey (45), die sogenaamde “gruwelhuis-egpaar” van Bloemspruit buite Bloemfontein, is Dinsdag deur die Gautengse polisie in hegtenis geneem.

Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, het gesê danksy ʼn wenk wat die polisie van Maroela Media se lesers ontvang en opgevolg het, is die egpaar vanmiddag in Pretoria-Noord in hegtenis geneem. “Hulle is tans in aanhouding en sal binnekort teruggebring word Bloemfontein toe waar hulle verhoor sal word,” het sy gesê.

Sy het gesê die egpaar sal moontlik vandeesweek nog in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris van die Vrystaat, het die gemeenskap en die media geloof vir hul hulp om die egpaar op te spoor. “My waardering aan die gemeenskap wat verseker het dat die twee teruggebring word om aan die pen te ry sodat onskuldige kinders beskerm kan word. Dit is ʼn bewys daarvan dat ʼn multi-dissiplinêre-benadering misdaad in ons gemeenskappe minimaliseer. Ek spreek ook my waardering aan die media uit wat hierdie inligting gepubliseer het wat daartoe gelei het dat hierdie twee opgespoor kon word,” het Sempe bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is in Mei 2015 in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat twee kinders by ʼn kleinhoewe in Bloemspruit mishandel word.

Volgens polisierekords het die egpaar ʼn 11-jarige meisie gedwing om met ouer mans seksuele omgang te hê waarvoor hulle betaling ontvang het. ʼn Negejarige seun is fisiek aangerand en is glo ook seksueel misbruik. Daar word beweer dat die kinders ook onder meer met sigarette gebrand is. Die egpaar staan tereg op 13 aanklagte.

Die egpaar het aanvanklik al die hofsittings van die verhoor bygewoon, maar op 23 April was hulle nêrens te vinde nie. ʼn Lasbrief vir hul inhegtenisneming is in daardie stadium uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sussa ·

Dit is uitstenende nuus. Hoe lank het hulle gedink kan hul wegkruip? Nou moet die howe net hul ding doen en almal betrokke laat boet. Mense moet kinders beskerm. Hulle is ‘n geskenk van bo.

Bert ·

Ja, het ek ook gewonder.
Maar die reg moet seker sy loop (kruip) neem.

Verbaas ·

Goeie ding dat hulle so vinnig vasgetrek is net jammer ander kriminele word nie so vinnig gevang nie.

Charizma Smit ·

Ek doen dit met graagte weer. Hoop julle 2 sit vir baie lank.

Vlam ·

Waarom wegkruip? Wonder waar die skaamte was ten tye van opdragte wat moes uitgevoer word? Die grootste felle straf sal NOOIT die letsels van die kinders kan uitwis nie! Ek BID v die ou kindertjies!!

Susan ·

Well done! Ek sal ook weer share dat die biesies bewe as mense so wil wegkruip. Dit is al wat goed van sosiale media is, inligting wat vinnig versprei en in hierdie geval fantasties uitgewerk het

glo nie ·

Ek glo nie dit is hul kinders nie. Ek het agtergekom nerens in n berig staan dat hul die ouers is nie. Dalk is dit pleegkinders?

Amelia ·

Jy is doodreg. Ek meen jy weet mos n kind is n kind. En as ek na die twee persone kyk…….hul is glad nie versorg. So ek neem aan die kinders in hul huis was ook nie versorg nie. Dan moet iets mos vir jou se hier is fout.

Thys ·

Net die doodstraf is volgens my n gepaste vonnis is die geval .

kas ·

Nee Sus,hulle borg sal nou teruggetrek word en hulle sal in hegtenis bly tot die saak afgehandel is.Hulle is ‘n vlugrisiko.

Penelope ·

Goedso! Julle verdien eintlik die doodstraf. Daardie kinders gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sterkte aan die kinders en ek hoop hulle is op ‘n baie beter plek om behoorlik gesond te word van alles waaraan hulle blootgestel is.

anita ·

Daar is iets verkeerd in ons gemeenskap dat soveel kinders pyn moet verduur en van eie ouers, Hierdie mense moet geen borg kry nie, maar ek betreur die feit dat die doodstraf weg geneem is.

Leeu ·

Welgedaan MM lesers wat die kommentaar geplaas het waar julle, die 2 gesien het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.