Grypdiewe se buit in veld gevind

Foto: AfriForum Pretoria-Wes-tak

Foto: AfriForum Pretoria-Wes-tak

Talle motoriste wat onlangs onder grypdiewe in die weste van Pretoria en omgewing deurgeloop het, kan moontlik binnekort met van hul besittings herenig word danksy AfriForum se plaaslike tak.

Francois Oberholzer, voorsitter van AfriForum se Pretoria-Wes-tak, het aan Maroela Media gesê grypdiewe in die omgewing van die Voortrekkermonument asook by verkeersligte en -oorgange in Eeufeesweg, Roger Dyasonweg en in DF Malanrylaan is al ʼn geruime tyd ʼn groot probleem.

“Ons het Vrydagaand gery om te kyk of ons die verdagte wat altyd by hierdie spesifieke verkeersoorgang in Roger Dyasonweg toeslaan, kan aantref. Ons was gelukkig vier motors wat saamgery het en toe ons by die oorgang kom, het hy wragtig daar gestaan,” het Oberholzer gesê. Toe die patrollielede uit die voertuie klim, het die vermeende grypdief in die nabygeleë veld en bosse gevlug.

Foto: AfriForum Pretoria-Wes-tak

Foto: AfriForum Pretoria-Wes-tak

Sondag het AfriForum se patrollielede besluit om die veld en bosse rondom die Voortrekkermonument te fynkam, om te kyk vir plekke waar verdagtes moontlik kan wegkruip. “Ons het op ʼn klomp handsakke, ID-boekies, beursies, bestuurslisensies en bankkaarte afgekom,” het Oberholzer gesê. Volgens hom was daar ook vermoedelik gesteelde items wat verbrand was in die veld.

“Ons het reeds een van die handsakke aan die eienaar terugbesorg en die vrou was so dankbaar om haar besittings terug te kry,” het hy gesê. “Sy het vertel dat sy en haar vriendin Saterdagaand by ʼn verkeerslig in Roger Dyasonweg stilgehou het, toe die grypdief die motor se venster stukkend geslaan en haar handsak gegryp het. Hoewel die kontant en so aan natuurlik weg is, is dit nog steeds ʼn groot verligting vir haar om haar ID en bestuurslisensie terug te kry omdat dit mos maar baie moeite en onkoste verg om dié soort goed te vervang.”

Foto: AfriForum Pretoria-Wes-tak

Foto: AfriForum Pretoria-Wes-tak

Oberholzer het gesê hulle probeer tans die eienaars van die ander items ook opspoor sodat hul besittings aan hulle terugbesorg kan word. Hy het gesê AfriForum probeer ook die samewerking van die polisie kry om verkeersoorgange in die gebied veral gedurende spitstye te beveilig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alida ·

Mooi so Agriforum. Dit is net siek om te dink daar word miljarde aan salarisse spandeer vir SAPD lede wat sit en kyk hoe ons self die werk doen.

Paul ·

Dis AfriForum, nie Agriforum nie. Moontlik net ‘n tikfout, maar ek kry die gevoel baie mense dink die naam is Agriforum in plaas van AfriForum.

Annie ·

Mooi so – probeer nou net om die gryp diewe ook te kry. Want hulle gaan seker nou vir hulle ‘n nuwe hoek soek.

Erika ·

Baie dankie aan elke persoon wat hier bystaan en hulp aanbied

Helena ·

Dames leer om julle handsakke onder die sitplek in die skuif en hou julle vensters op ‘n klein skrefie oop of heeltemal toe en gebruik die lugversorger. Die tendens is om aan die passassiers die aandag af te trek terwyl die ander een aan die berstuurskant die handsak gryp of visa versa. Koop maar vir jou pepersprei en blaas die gesig vol, of een van die skokmasjiene. Moenie jammer voel vir hulle nie, hulle voel absoluut zero vir jou of jou lewe.

Johan ·

Kyk nou net as iemand wat wil, die polisie se werk doen, wat ñ verskil. Mooi so Afriforum!

Hannelie Swanepoel ·

Dankie Afriforum, maar is dit nie die polisie se werk nie? Hulle het duidelik nog geen poging aangewend om die skuldige te probeer opspoor of vang nie.

Bertie ·

Is daar dalk tell nommer wat ons kan bel vir navrae. Familie van my verlede week daar deurgeloop onder die vloekke!!!!

Karma ·

@Hannelie Swanepoel – ha-ha-ha!!! Sonder om katterig te wees, maar is die Polisie nie dalk DEEL van die spul wat so “smash-‘n-grab” nie? Sal my niks verbaas nie. Wat my wel verbaas is dat nie almal al in Gauteng al “Shatter Safe”-film op hul motorvensters laat aanbring het nie. Ons weet mos: in die Noordelike provinsies is jy nie veilig nie – of jy nou in die kerk, skool, motor, by die werk of huis is. Dit is net hier in die Wes-Kaap (plattelandse areas) waar daar darem nog ‘n mate van veiligheid, wet-en-orde en ‘n redelik-betroubare Polisiediens is.

Mariette ·

Mooi Afriforum julle doen puik werk. Dis waarom ek n lid is!

Marlene ·

Help asb op hoeke Bloed en DF Malan!! Laas wk di ogg (donker) heel rustig my in oë gekyk en handvatsels getrek, tussen motors in verby beweeg en gister middag 1 wat chips verkoop met aggressie my passassiersdeur gepluk. Kyk my aan en wys “sharp”

Karma ·

@Marlene, ek neem aan Bloed- en DF Malan is in die een of ander dorp/stad strate? “Laas week het die ogg (wat dit ookal mag wees) heel rustig my in die oë gekyk en [aan my kar se ] handvatsels getrek [en] tussen [die] motors in verby beweeg en gister middag [het] een wat chips verkoop. met aggressie[aan] my passsiersdeur gepluk. [Hy] kyk my aan en wys ‘sharp'”. Sjoe, dit het darem kopkrap gekos om jou pos te ontleed!

Goeie les, mense: hou jou deure en vensters dig toe; laat so gou as moontlik Shatter Safe film aanbring; moenie laatnag en vrou-alleen rondry as jy dit kan vermy nie; moenie morsdood stop by ‘n stopstraat of selfs rooi robot as dit veilig genoeg is om stadig deur te beweeg nie (ek bring my kar in ‘n laer rat en ‘kruip’ dan letterlik tot naby die robot terwyl ek rondom my KYK – reg om oor te ry as dit moet). Laastens, wees wakker en bewapen jouself. Ek het ‘n botteltjie mace by my (buiten my vuurwapen) – die ou wat gaan ‘try’m the “smash-‘n-grab” gaan sleg van die saak afkom!

Gesie ·

Ek was ‘n ruk terug die ongelukkige slagoffer van ‘n “breek-en-gryp” naby die Voortrekkermonument. Dit gebeur ongelooflik vinnig, maar ek wens tog ek was net bietjie meer paraat.
Wat die vensterfilm aan betref, lyk dit nie of dit die grypdiewe keer nie. Ek het saam met my man na die toneel teruggekeer om te kyk of ek nie dalk my ID of iets kan opspoor nie – ongelooflik hoe baie vernietigde persoonlike items daar in die veld lê. In elk geval, daar lê ook heelwat motorvensters met film en al uitgeruk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.