Gryslys ʼn ‘yslike bedreiging’ vir SA ekonomie

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika staan die gevaar om onderwerp te word aan verhoogde monitering deur die Internasionale Finansiële Aksietaakmag (FATF) weens gebrekke in die land se vermoë om aan internasionale vereistes oor geldwassery en die finansiering van terrorisme te voldoen.

Dr Dion George, die DA se skaduminister oor finansies, sê die DA eis dat die tesourie dringend optree om die aanbevelings in te stel wat die FATF voorgestel het om seker te maak die land beland nie in ʼn ekonomiese katastrofe nie.

Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het in reaksie op ʼn vraag tydens die staande komitee oor finansies gesê as Suid-Afrika op die gryslys geplaas word, sal dit erge gevolge inhou vir die ekonomie. Dit sal ʼn impak hê op Suid-Afrika se vermoë om beleggings en internasionale finansiële transaksies te lok.

“Die impak op die ekonomie en die finansiële stelsel sal na verwagting al hoe erger word. Saam met ʼn verswakkende betalingsbalans sal die gryslys die land se ekonomiese stagnasie vererger.”

Ander bedreigings tot Suid-Afrika se ekonomie en finansiële stelsel sluit in:

  • banke in Suid-Afrika sal blootgestel word aan al hoe meer inspeksies deur reguleringsowerhede (dit beteken hoër transaksie-, administratiewe-, nakoming-, oudit- en finansieringskoste)
  • Suid-Afrika kan op die EU se swartlys geplaas word en die VK se lys van hoërisikolande (dit beteken beperkte toegang tot kommersiële lenings, lenings van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en verskeie ander bronne van finansiële hulp)
  • Banke se vermoë om oorgrenstransaksies te hanteer sal beperk word (dit sal ʼn impak hê op invoere en uitvoere en lei tot ʼn afname in internasionale betrekkinge en die BBP)
  • Die prys van skuld en rente op skuld sal verhoog.

“Die reputasieskade indien die land op die gryslys geplaas word sal só erg wees dat die land waarskynlik verdere afgraderings kan verwag in belegging- en kredietgraderings. Dit sal verder toegang tot internasionale markte beperk,” voeg George by.

As Suid-Afrika nie maklike, bekostigbare toegang tot internasionale finansiële markte deur die internasionale finansiële stelsel het nie, sal dit al hoe moeiliker word om aan die basiese behoeftes van burgers te voldoen – dit sal rampspoedig wees vir armes.

“Die grootste FATF-verwante risiko aan die ekonomie spruit uit die moontlikheid dat die regering nie die finansiële waghond se aanbevelings op ʼn behoorlike manier kan instel nie. Dit is die verantwoordelikheid van die nasionale tesourie om seker te maak die nodige wettige en tegniese stappe word gedoen indien die land die gryslys wil vermy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

Die DA stel soveel (sinvolle) vereistes, maar dit word nêrens gelees hoeveel van daardie eise slaag, of word bloot ignoreer, nie. Die vraag is dus of soortgelyke eise werklike gewig dra.

Brandwag ·

Ons weet mos dit gaan nie gebeur nie, die wereld se kriminele like die plek.

Elizabeth ·

En uiteindelik wentel dit af na versekeringsmaatskappye.

Jack ·

Hoekom sal n terroristestaat nie terroriste soos moedertjie rusland en ander vriende help nie. Ons is tog reeds in gevaar om deel te word van die sanksies wat teen rusland ingestel is. Die duidelike kantkiesery deur die uitgaande anc regering is nie neutraal nie maar in die guns van lande wat etniese uitwissing pleeg. Dink terug aan zimbabwe en mugabe en die oorstroming deur die misdadigers van daardie land na ons land. Die regering herinner nou baie aan n klomp visse in n emmer al gapende en wagtende op die onvermydelike dood.

Kokerboom ·

Slegs met ‘n regeringsverandering kan daad by woord gevoeg word

Jaco ·

Wit mense sit dié finansiële instansies in Europa en Amerika se luukse kantore en gryslys en gradeer meestal nie-wit derde wêreld lande se ekonomieë af.
Vanaand gaan hulle huis toe in veilige moltreine en gaan tuis in huise sonder diefwering, alarms ens.
Môre oormore tree die gevolge van hulle afgradering in werking en styg pryse van kos, petrol, elektrisiteit ens in derde wêreldlande en kry daardie lande se gewone mense net mog meer swaar.
Maar die regeringslede wat daardie ekonomieë so swak bestuur, kom NIKS oor nie, omdat hulle salarisse weens korrupsie so hoog is dat selfs ‘n verdubbeling van die lewenskoste weens afgradering hulle glad nie raak nie.
Weet die graderingsbesighede dit? Dat hulle “strafmaatreëls” nie die korrupte regeringsleiers se persoonlike dag-tot-dag finansies seermaak nie, maar dat dit net gewone mense seermaak?
Weet hulle ook dat hulle “teiken” teen meestal nie-wit derde wêreld lande báie na rassisme lyk?

Christine ·

Die DA sal mooi moet besin of hulle die goed wil laat instel kort voor hulle DALK die volgende verkiesing kan wen…. Dan sit hulle met die gryslys-vereisdes wat die DA gaan kniehalter om die ekonomie te kick-start. Ek wonder maar net.

Swerwer ·

Die land is klaar in ‘n ekonomiese katastrofe. Rommelstatus sê alles

VaalDonkie ·

Hulle straf ons omdat ons deel van BRICS is. Hulle kan gaan vlieg.

annie ·

Nou eers agtergekom… in die so edele Mandela-la-la-land? Swart diamante uit Zim in Madiba se kluis en toe word die storie tjoepstil want dit is Madiba, onthou. En so poer-poer ons voort tot deesdae dollars om die sitbank-kussings stuiwer op te stop. Die Guptas natuurlik nie bygereken nie want hulle moes tempels in Indië en elders gaan bou vir die nageslag van die roemryke familie. Gryslyn, watter gryslyn?

Christine ·

Stem 100% saam. Spul skelms en terroriste – Mandela et al.

VaalDonkie ·

Julle mense wat so vir Europa aanbid moet darem onthou dat hulle die ANC aan bewind wou he. Europa is nie ons volkie se vriende nie al is ons ook bloedverwant.

Christine ·

Stem saam…. EU En VSA sit agter die Rusland-Oekraine oorlog. Doen jul navorsing.

Marthinus W ·

Drie Amerikaanse state is berug vir hul geldwassery, maar hulle hou hulself natuurlik hoogheilig. Die state is Delaware (waar Biden bly), Florida (trump) en South Dakota.

PieterJ ·

Regering verstaan die dinge so goed soos my hondjie wiskunde verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.