Gul ontvangs vir ‘ons vriende’, die Russe

Die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lavrov saam met Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Foto: Phill Magakoe/AFP)

“Alle lande doen militêre oefeninge saam met vriende.”

Só het Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maandag gesê ná ’n vergadering met Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, in Pretoria, waar hy deur die Suid-Afrikaanse regering gehuisves word.

Die vergadering hou onder meer verband met ʼn gesamentlike militêre oefening wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) saam met Rusland en China sal uitvoer.

Pandor het Lavrov ná die samesprekings bedank vir die “wonderlike vergadering”. Sy het vroeër gesê dié samesprekings sal help om die reeds goeie verhouding tussen die twee lande te versterk.

Sy het Rusland beskryf as ’n “gewaardeerde vennoot”.

Suid-Afrika se bande met Moskou en die beplande militêre oefeninge het erg kritiek ontlok weens die regering se onbereidwilligheid om standpunt teen die Russiese inval in Oekraïne in te neem.

Soos vroeër berig, sal die operasie genaamd Mosi II van 17 tot 27 Februarie langs die KwaZulu-Natalse kus tussen Durban en Richardsbaai plaasvind. Meer as 350 weermaglede sal aan die oefening saam met hul Russiese en Chinese eweknieë deelneem. Dit is met die doel om operasionele vaardighede en kennis te deel, het die SANW gesê.

Pandor het die oefeninge verdedig en gesê dit is deel van die natuurlike verloop van verhoudingbou tussen nasies.

Lede van die Oekraïense gemeenskap in Suid-Afrika het Maandag ’n klein protesoptog in Pretoria teen Lavrov se besoek gehou, en ’n paar borde in die lug gehou wat lui: “Gaan huis toe, Lavrov” en “Stop die leuens! Stop die oorlog”.

Die DA het verlede week reeds ʼn beroep op Pandor gedoen om nie met Lavrov te vergader nie tensy dit is om Rusland te oorreed om alle militêre operasies in Oekraïne te staak. Volgens die party skaar die Suid-Afrikaanse regering hom openlik by Rusland – soos ook bewys deur sy weiering om die Russiese inval in Oekraïne te veroordeel.

“’n Vriendelike vergadering met Rusland is nie gepas nie tensy dit daarop gemik was om die minister te oorreed om sy betrokkenheid in die oorlog in Oekraïne te beëindig,” sê Darren Bergman, die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking.

Lavrov het tydens ’n perskonferensie gesê Rusland “weier nie onderhandelinge” met Oekraïne nie.

“Maar diegene wat weier, moet verstaan hoe langer hulle weier, hoe moeiliker is dit om ’n oplossing te vind,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Harley Davidson ·

Wat n skande en net weer n bewys van wie en wat die organisasie is aan wie ons verkoop is vir ‘n pot lensie sop.

Goldy ·

Die pakt van roelf hulle se onderhandelinge is gebreek daarom moet onafhanklikheidsonderhandelinge kom.

Johann ·

Smile en prys haar comrade terwyl hy verandwoordelik is vir massa moord! SHAME ON YOU!!!!!

Johanna ·

Ek Kan net VRA Here maak hul oê oop. Hul maak van wolf skaapwagter. Kry hul nie HUL sin nie verklaar hul oorlogen met ons weermag Kan jy nie eens n kleurerskool aanval nie

almanie ·

Dit is erg onstellend, want hier broei Nou weer iets!
Maar dink net wat ñ joke van ñ oefening gaan dit wees met ons “soldate” wat nie eers in pas kan dril nie…… video’s wat ek al gesien het was lagwekkend, maar so sal hulle hulle “naam” goed plank slaan.

Truman Burbank ·

Aangesien sy nie russies praat nie, en nie eers behoorlike engels nie, en die russe ook nie lief is vir engels nie, wonder ek hoe komunikeer hulle. Want dit wat bespreek word, mag nie almal se ore bereik nie. So n tolk is uit

Mariana ·

Lekker hand om die blaas met die moordenaars. Soort soek soort. Dit gaan julle nog duur te staan kom. SA is reeds onder die invloed van China ook. Daar skuil meer agter die “oefeninge” as wat hulle voorgee. Die ANC is nie te vertrou nie, kyk mooi, hier kom iets wat ons nog verder gaan afdruk in die put.

Vonkprop ·

Daardie oefening sal skreeusnaaks wees. Kan ons dit op ‘n manier sien?

Jacobus ·

Sy verstaan nie die woord shocking nie want die ministers weet mos nie wat is beurtkrag nie. Net n grappie ek weet wat jy bedoel.

Euodia ·

Dit gaan die verstand te bowe dat die land( SA) nie net hand om die blaas staan met Rusland nie maar ook met Palestina!! Almal moordenaars. Wys net weer die anc voel niks vir lande soos Okraine wat swaar kry nie en min vir die mense in hul eie land.

Louis ·

Russe is glad nie vriende van ons nie.groot vyande van ons met die bos oorlog ook. VriendeVan die anc ja

Ronel ·

Wie is julle “ons”. Verseker nie my vriende nie – moordenaars!!!!!

Aai ·

En so sal dit veroorsaak dat in die toekoms ek nie welkom sal wees om vir my familie te kuier in VSA deur die ANC se tedoene.

TruthDealer ·

Hoekom sou jou familie in die VSA vir Jou blameer vir wat die ANC regering doen? Dit klink bisar. Bedoel nie om onbeskof te wees nie, sê maar net, dit maak geen sin nie.

piet ·

Watse vaardighede wil ons met die Chinese en Russe deel? Ek het hardop begin lag.

Dup ·

Voëls van eenderse vere.Kommunisme het wêrelwyd misluk maar SA ploeter net voort op die pad vol slaggate,geen elektrisiteit en gebrek aan dienste.Die minister hou vergaderings en drink tee saam met verteenwoordigers van ʼn land wat deur die wêreld van oorlogmisdade aangekla gaan word.Wat kan ʼn mens verder sê?

Johannes Wilhelmus ·

Wat se vaardigheid of kennis het ons weermag????? Dis die beste grap vir 2023… Ons weermag is soos Eskom, niks werd nie…

Sean ·

En daar het julle dit nou Hoop maar Trump kom vinnig aan bewind

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun; om 2 redes:
1. Rusland is sedert begin 1992 nie meer kommunisties nie.
2. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerming teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne. Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.

Die ANC is vol dubbele standaarde: blykbaar is Rusland se “beskerming” van Russe in die Oekraïne reg. Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg. Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macau gee ook reg. Die ANC is ook stil oor die groot mate van outonomie wat Spanje vir die Baskiese volk hee. Net wit mense/nie-ANC-mense in die Wes-Kaap wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd, rassisties en “vol apartheid”.

Koos 100 ·

Jaco, jy hoef nie eers so ver te gaan soek nie. Die dubbel standaarde sien ons elke dag in ons eie land. Een mag wettiglik kill the boer skree en dit is reg, ‘n ander word tronk toe gestuur as hy of sy ‘n k woord gebruik. Gewone mense sit sonder krag vir 8 tot 10 ure per dag, terwyl ander, wat die gemors veroorsaak het, met kragopwekkers en diesel voorsien word, wat met my geld gefinansier word.

anko ·

moenie vergeet van soweto wat se kragrekening sky high is en die aandeelhouers van eskom wil die bedrag nog afskryf ook, kry net 2x per dag (4ure) kragonderbrekings?????

Marius ·

Hoeveel onse is in julle pond????
Dit is beslis nie my vriende nie , ek het in my weermagtyd die land juis teen die tipe mense beskerm.

CA ·

Los nou maar die eensydige moralisering (Irak, Libië, ens..?). Groeiende energietekorte sal maak dat ons binnekort maar te bly is oor die goeie pragmatiese verhoudinge met Rusland wat in staat is om SA van relatief goedkoop diesel en ander energieprodukte te voorsien. As jou SUV leeg is sing jy ‘n ander meer realistiese deuntjie…

Christine ·

Ek skaam my om ‘n Suid-Afrikaner te wees ! Dit vul my met weersin!

Raadsman ·

Hierdie verhouding met Rusland het niks met die geskiedenis van die ANC te doen nie, maar slegs met sekere ministers wat in Rusland se sak is a g v geld onderdeur die tafel.

Paul ·

Meng jou met die semels en die varke vreet jou!!!
Vriende met iemand wat Oekraïne inval en onskuldige mense moor en eiendomme vernietig?????
Wat ‘n skande vir SA.

TruthDealer ·

Lees Marthinus se verduideliking vd WARE situasie. Sy kommentaar begin met “Angela Merkel en Francois Hollande”. Ja ons is almal jammer vir onskuldige slagoffers van oorloë orals op aarde maar dit is planeet Aarde vir jou daai. Moet Putin met sy hande in sy sakke staan terwyl Nato/VSA kruip tot op sy landsgrense, reg om aan te val? Blameer Zelensky, Nato, die VSA, Biden wat nou al miljarde der miljarde in geld en wapens Oekraine toe stuur, feitlik elke 2 maande. En die WEF het ook altyd n vinger in die pastei. Die hele kabal wat hierdie inval uitgelok en inderdaad, Onvermydelik gemaak het. Blameer die wat die blaam verdien.

Jaco ·

SA se vriendskap met die mooi liberale Joe Biden van die VSA het toe nie gelei tot wat ek oor droom nie, nl. om al SA se wit mense na die VSA, met sy mooi oop immigrasiebeleid, te deporteer.
So nou wonder ek maar net: wat van Rusland? Eerlikwaar, ten spyte van die moeilike taal en die koue winters, sal ek môre soontoe gaan, al deporteer die ANC-regering my ook met net die klere aan my lyf. Ten minste is Rusland darem SONDER:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak of geen munisipale dienslewering
Hemelhoë misdaadvlakke
Regstellende aksie
BEE
En en en

Aanhouer ·

Gaan so gou as moontlik. Jy mag maar, uit jou eie. Jy weet nie eers wat deporteer beteken nie . Sterkte. :)

Andre ·

Nee wat, gee Larov kans om te praat. Hoor bietjie wat hy sê, die weste wil nie met hulle praat nie. hoekom nogal nie? Te veel geld te maak met oorlog toerusting? Iemand maak geld hieruit, die Russe ook, so wie wen?….almal wen. Dis net die arme publiek wat verloor, lewens en so meer.

Jaco ·

Rusland kan mos aanbied om kragstasies vir SA te bou en goedkoop petrol na SA toe uitvoer. Dis VEEL beter as simpel militêre oefeninge.

Matmiet ·

Want die ANC se grootste inkomste kom vanaf die UMK Mangaan myn in die Noordkaap wat hulle besit saam met die Russe. Hulle sal nooit die hand byt wat hulle voer nie….

Matmiet ·

Hulle hele lewe lank word die skape vertel dat hulle teen die wolwe beskerm word, om aan die einde deur die skaapwagter geëet te word…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.