Gumede reageer ná ANC haar pos

Zandile Gumede. Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency(ANA)

Zandile Gumede, voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, het gesê sy wil haar naam in ere herstel nadat sy deur die ANC in KwaZulu-Natal herontplooi is.

Die ANC het Dinsdag die aankondiging gemaak nadat sy provinsiale uitvoerende komitee vergader het.

“Ek het ʼn hele aantal medianavrae ontvang na aanleiding van die ANC-leierskap in KwaZulu-Natal se aankondiging,” het Gumede in ʼn verklaring gesê.

“Ek neem kennis van die aankondiging en behou my reg voor om stil te bly terwyl ek raad kry by my regsverteenwoordigers rakende hierdie besluit.”

Gumede het gesê sy sal later aankondig wat sy in hierdie verband gaan doen, maar die belangrikste vir haar is om haar naam in ere te herstel na aanleiding van die uitsprake wat oor haar gemaak is.

“Ek glo dit is belangrik dat ek die ware toedrag van sake bekend maak aangesien ek die eerste vroueburgemeester van hierdie pragtige stad en eerste vrouevoorsitter van die grootste ANC-streek in Suid-Afrika was.”

Volgens Gumede sal sy nie stilgemaak word nie.

Gumede is in Mei saam met Mondli Mthembu, ANC-raadslid in eThekwini, aangekla vir beweerde tenderbedrog, korrupsie en rampokkery rakende ʼn R208 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban.

Verskeie ander mense is twee weke vroeër in hegtenis geneem, onder wie twee senior eThekwini-beamptes en sakelui, in verband met die misdaad. Al die beskuldigdes sal in Januarie volgende jaar in die hof verskyn.

Gumede is tans uit op borgtog van R50 000 en is deur die ANC op spesiale verlof geplaas, wat al twee keer verleng moes word.

Tydens Gumede se eerste hofverskyning het die hof gehoor dat sy na bewering die toekenning van tenders beïnvloed het en personeel opdrag gegee het om die wet te oortree. Sy het ook na bewering ʼn optog teen die stadsbestuurder, Sipho Nzuza, gereël om daarop aan te dring dat hy afgedank word nadat hy geweier het om maatskappye te betaal vir die onreëlmatige kontrakte wat hulle bekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

“Kul jou hier, kul jou daar”, en siedaar nog ‘n houdini reg om “her-ont-plooi” te word!!! Niks Nuuts in SA nie!

Neels ·

Dit klink soos n weerstandige parrasiet wat vasbyt en nie genoeg kan kry nie . Wanneer n koruptrnaar uitgevang word is hulle altyd onskuldig en dreig met name wat sal uikom , hofsake, ens want nou is hulle verwydwr van hulle persoonlike spaarvarkie, net om later stilletjies te verdwyn tussen die massas .

Maljan ·

Hoekom kan sy nie afgedank word nie? As sy op een plek oortree het, gaan sy dit op n ander plek ook doen. Die ANC mag dalk met haar getrou het (dat dit verewig is) die belastingbetaler het nie. Ons betaal haar salaris en wil haar nie meer hê nie. Ons wil eerlike mense hê.

Cherokee ·

Lolla, sy is wel deur die munisipaliteit afgedank maar die ANC het haar beloon met ‘n ander posisie in hul party.

marous ·

Nou is die nagwaak verby . Dis nou deur nag partytjie en raai wie betaal daarvoor ?

Gemaskerde Sopbeen ·

Die land waarheen sy “her-ontplooi” is het seker nie sulke goeie weer soos SA nie, en die huis en kar wat sy gaan kry is kleiner as wat sy nou het….dis hoekom sy so tekere gaan!!!

koos ·

John, dis ‘n mediese toestand genaamd “Zumaragietes”. Dit het eerste in KZN uitgebreek en toe versprei na Pretoria naby Meintjieskop en daarvandaan na Kaapstad in die omgewing van die parlament. Gevalle van die sindroom is ook in Johannesburg in Braamfontein gevind. Ongelukkig kan dit net behandel word deur bevriesing van die brein.

Genieve ·

Ek kan nie glo syt nog iets te se na sy van haar amp onthef is nie en na n ander geplaas is nie hoe werk die Nuwe SA??

SjN ·

Gevieve, dit is hoe dit werk in die nuwe SA en dit is hoekom ons rommelstatus gegradeer word.

Suzette Geringer ·

Op daardie foto sal ‘n mens sweer sy is die beste burgermeester wat SA nog ooit gesien het. Geen skaamte en self respek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.