Gumede se tenderbedrog tot R389 miljoen gestyg

Gumede verlaat die hof (Foto: Motshwari Mofokeng,ANA)

Die bedrag betrokke by die beweerde tenderbedrog met die toeken van ʼn kontrak met Durban Solid Waste (DSW), het nou tot R389 miljoen gestyg, het die Durbanse handelshof Woensdag gehoor.

Die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede, en haar medebeskuldigdes is in Mei verlede jaar aanvanklik aangekla van R208 miljoen se beweerde korrupsie, rampokkery en tenderbedrog. Die saak hou verband met ʼn kontrak met DSW vir vasteafvalverwydering vir die stad van meer as R200 miljoen. Die kwessie het sy oorsprong in 2016. Diensverskaffers is glo groot bedrae geld betaal, maar geen dienste is gelewer nie.

Natasha Kara, die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in KwaZulu-Natal, het Woensdag ná afloop van die verhoor gesê ʼn ondersoek en beslaglegging in Oktober verlede jaar het nóg dokumente by die huis van een van die medebeskuldigdes opgelewer. Dié dokumente het tot ’n verdere deeglike ondersoek gelei wat veroorsaak het dat die saak verder sloer.

Gumede en haar medebeskuldigdes verskyn op 16 April weer in die Durbanse handelshof.

Gumede het Woensdag aan verslaggewers buite die hof gesê sy is ontstig oor die feit dat die saak steeds in die lug hang.

Gumede is tans uit op borgtog van R50 000 en is in Augustus verlede jaar deur die ANC op spesiale verlof geplaas.

Ander beskuldigdes is Robert Abbu, adjunkhoof vir strategiese en nuwe ontwikkelings, Sandile Ngcobo, die stad se voorsieningskettingbestuurder en Mondli Mthembu, voorsitter van die komitee vir menslike nedersettings en infrastruktuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andre ·

Sy is op spesiale verlof geplaas en kry seker nog haar maandelikse salaris

colleen ·

En bonus en alle ander voordele. Dit sal net in ‘n ander hoër pos aangestel word na die spesiale verlof.

Bizza ·

Party nasies in hierdie land is nie useless, lui, oneerlik en skelm nie.

Johanna Botha ·

Waneer sien ons dat iemand vervolg word in die land ! ! ? !

daniel ·

Burgermeesters veral is totaal vrygestel van vervolging lyk dit vir my.

Uhhhm ek onthou iets ·

Uhhhm ek onthou iets van sy kon nie hof toe gaan omdat sy nie transport geld gehad het nie, is ek by die regte adres, daar is ook soveel korrupsie. Die spesiale verlof werk nie, sy verdien nogsteeds geld en sowaar kan daar mos gesien word nog inkriminerende dokumente by die huis gevind, maar nee spesiale verlof, sodat jy darem transport gelde kan hê! Dan die arrogansie van hoekom hang dit so in diel lug…..

daniel ·

En intussen moet die gewone en eerlike mense deur hul nekke betaal sodat die korrupsie kan voortduur.

Jan ·

Weet van ander mense wat op baie kleiner bedrae n baie groter bedrag borg moes betaal of in sekere gevalle nie eers n keuse van borg geky het nie

Johan ·

Gumede is ontstig omdat die saak nog steeds in die lug hang. Sy kan my maar glo – daar is miljoene mense wat ontstig is omdat die hofsaak nog kon realiseer nie.

JohanR ·

Wonderlik hoe baie nog dink sy is heeltemal onskuldig. Sal sy tronk toe gaan? Die son sal eers uitbrand woordat dit gebeure! After all she is ANC, and ANC’s DO NOT go to jail, they just get recycled.

Erika ·

Dan moet kinders put toilette gebruik, in sinkhuise bly, terwyl sy duisende mense uit hierdie miljoene voordeel kon trek. Sal daarvan hou om te sien watse motors haar kinders in ry terwyl ander kilometers skooltoe moet stap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.