Gumede verkies tot hoof van grootste ANC-streek

Zandile Gumede. Foto: http://www.durban.gov.za/

Zandile Gumede. Foto: http://www.durban.gov.za/

Zandile Gumede het die wedloop om die ANC se grootste streek te lei dié naweek loshande op die eThekwini-streeksverkiesingskonferensie gewen.

Gumede is Sondag in die vroeë oggendure verkies tot die streekvoorsitter by Durban se Moses Mabhida-stadion toe sy met 283 stemme teen haar opponent, James Nxumalo, se een stem gewen het. In die vorige verkiesing om die leierskap in die eThekwini-streek in Februarie het Nxumalo koning gekraai met 41 stemme meer as Gumede.

Die party se vyfde verkiesingkonferensie is Saterdag voorafgegaan deur ʼn aansoek in die Durbanse hooggeregshof om te verhoed dat die konferensie voortgaan. Die polisie het ook met lede van die ANC-takke gebots wat by die hof saamgedrom het om die aansoek te ondersteun.

Die stryd tussen Gumede en Nxumalo was so intens dat Luthuli-huis moes intree om beheer oor die kongres te neem om te verseker dat dit sonder probleme kan voortgaan.

Ná haar verkiesing het Gumede gesê eenheid moet tussen die onderskeie ANC-takke gesmee word en sy het ondersteuners aangemoedig om dit na te jaag. Gumede sal nou waarskynlik die burgemeester van Durban, die land se derde grootste stad en met ʼn jaarlikse begroting van R39 miljard, word.

Slegs 72 takke het hul oudit vir Saterdag se konferensie geslaag. ʼn Verdere 22 takke het die konferensie geboikot, wat beteken net meer as die helfte van die streek se takke het aan die verkiesing deelgeneem.

Die uitkoms van die verkiesing in Februarie is ter syde gestel nadat dit aan die lig gekom het dat drie takke wat nie behoorlik geoudit is nie, toegelaat is om onreëlmatig die party se amptelike leiers te verkies.

Legua Mapena is as adjunk-voorsitter verkies en Bheki Ntuli as sekretaris. Mondli Mthembu is verkies as adjunk-sekretaris en Barbara Fortuin as tesourier.

Gumede is die eerste vrou wat aan die hoof staan van die ANC in die eThekwini-streek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bach ·

Wie gee om wie verkies word as daardie een maar net weer vir Z gaan napraat en als wat hy doen goedkeur veral as dit ‘n vrou is met sy reputasie……………!

scalla ·

In haar jonger dae het sy glo die skoonheidskompetisie in Diepsloot gewen.

Christo Visagie ·

Het haar glo onttrek aan die skoonheids kompetisie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,wou nie bekend staan as mej Diepsloot nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.