Gumede woon kerkdiens by voor hofverskyning

Zandile Gumede, burgemeester van die Ethekwini-metromunisipaliteit. Foto: Bongani Mbatha/ANA

Zandile Gumede, uitvoerende burgemeester van die eThekwini-metro (Durban), het Woensdagaand ʼn kerkdiens bygewoon voor haar hofverskyning vandag.

Die diens is vir Gumede gereël en ʼn nagwaak is ook buite die Durbanse landdroshof gereël waar Gumede later vandag op bedrogaanklagte verskyn.

Gumede is deur die ANC op verlof geplaas hangende die hofsaak en Fawiza Peer, adjunkburgemeester, neem tans in haar plek waar.

Gumede, voorsitter van die ANC se eThekwini-streek, Mondli Mthembu, adjunkstreeksekretaris, en ʼn diensverskaffer, is in Mei op borgtog van R50 000 elk vrygelaat.

Die beweerde bedrog hou verband met ʼn tender van R208 miljoen in Durban se departement vir vaste afval waardeur diensverskaffers na bewering groot bedrae geld betaal is, maar geen dienste gelewer is nie.

Die ANC het vroeër gesê sy provinsiale uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal sal die naweek Gumede se lot beslis.

Intussen word daar berig dat ʼn lid van die Valke wat deel is van die taakspan wat die tenderbedrog ondersoek ʼn beweerde sluipmoordaanval oorleef het.

Die AO het Vrydag in sy werksmotor gereis toe hy geskiet en gewond is. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die voorval bevestig, maar wou egter nie bevestig dat dit met die ondersoek na Gumede verband hou nie.

Daar is drie skote op die beampte se motor afgevuur en hy is in die skouer gewond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Pastor: “Is there anyone here that needs prayer healing?” Zandile: “Yes, Pastor…pray for my hearing…” Paster, after praying with hands on Zandile’s ears: “How’s your hearing now? Any improvement?” Zandile: “I don’t know Pastor….my hearing is only tomorrow!!”

wilma ·

Gemaskerde Sopbeen, daar maak jy my Donderdag met jou kommentaar. Dankie.

Db ·

Wat soek die kaders alewig in die kerk as hulle gemors uitkom? Speel lekker godsdiens wanneer dit hulle pas en die “pastors” kry seker ‘n ietsie in die gatsak om hulle te seën en te getuig watter goeie mense hierdie is.

Die Godsdiens Troefkaart ·

Ou gesegde: Feminist until you get a husband. Communist until you get money. Atheist until the plane starts to fall.

Petrus ·

Dit was nog maar altyd so. Die NP kaders het dieselfde gedoen.

John ·

Ons sg dominees is ‘n erge skande. Die Human Rights het die lekkerste wegkruipnes geword want nou hoef geen boodskap oor Hemelwette en oor straf vir sondes verkondig te word nie. Wat beteken dat niemand nou beriste mag word oor dit wat hy verkeerd doen nie of vertel word wat die Bybel sè nie, want dan kan jy met die aardse gereg te doen kry. Wat sè dit: Vervolging van die Christendom is reeds erg aan die gang, net deesdae beperk ‘aardse’ wette ons (jippie-jippie) kamma om die Woord te verkondig. En dominees is besig om die Bybel te wysig… om glo nie vervolg te word nie. En so vat-ons-hande en stap sing-sing-saam-saam-gee-gee hel toe.

jean ·

En die kerkdiens en “nagwaak” gaan help vir ?????? Indien nie vandag of more nie….geoordeel en veroordeel sal sy word.

Oud Liberaal ·

Ja Petrus, die Natte was ook maar korrup, net bietjie mindermeer ‘gesofistikeerd’. Die grappie word vertel van ‘n oud minister se ma wat op ‘n funksie gekla het: ” Foeitog, my seun koop net ‘n plaas, dan vat die staat dit en bou ‘n dam”. Go figure!

Jimmy ·

Dit het wel gebeur met ‘n NP senator wat later ‘n ambassadeur in London geword het. Hy het ‘n waardelose stuk plot in Vanderbijlpark vir ‘n applel en ‘n ui gekoop. So ‘n jaar later is Yskor se aanleg daarop gebou. Die senator het glo ‘n fortuin gemaak.

Christa ·

Snaaks hoe mense die Here aanroep as
Hulle in die moeilikheid is. As hulle bedrog pleeg vra hulle nie God vir aanwysings nie.

Gert van Wierdapark ·

Sy het seker net haar Alibi agtermekaar gekry! ‘n Huigelaar is mos eintlik maar ‘ n toneelspeler = daar is dus vir n spesifieke gehoor gespeel om jammerte en ondersteuning. Ons moet onthou, as sy Oranje klere moet aan trek, kan verskeie ander Soustrein-ryers hul kaartjies kwyt wees!!!! Sy is dus baie se dikste tjommie!

Tanya ·

Ag siestog om kerk toe te gaan dink sy dit gaan haar help sorry dat jy so dink as jy iets verkeert gedoen het moet jy boet daar voor so is in bybel geskrywe

Hansmyt.eeiskoud ·

Eisch Marra man, die osi hys lekker gedweep da byri pasta se tjerk. Dia pasta es banja bley want so die mense kom, dai pasta hy stier die offering boks around. Colleksin time my broe!

Jr ·

Hier op aarde kan jy vir die mense en die howe lieg maar nie vir Liewe Jesus. As jy nie jou straf op aarde kry gaan jy hom in die Hemel kry. Moenie kerk speel nie vrou.

Griet ·

Help nie die antie hol kerk toe noudat die bollie die fan gestrike het nie. Sy is en was skelm en ek hoop sy sal haar Sunday best moet inruil vir n oranje (kerk)pakkie. Die hele skelm gebroedsel maak my naar.

Jerry ·

Kommunistiese en sosialistiese pastore predik n bevrydingsteologie. Dit is n verdraaiing en die teenoorgestelde van die bybel en Christelike geloofsoortuigings!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.