Gumtree reageer op DBV se versoek

Gumtree

Gumtree

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het bevestig dat Gumtree se hoof van kommunikasie reageer het op die organisasie se versoek wat betref die verkope van donkies, muile en die betrokke byprodukte.

Christine Kuch, woordvoerder van die NDBV, het gesê Gumtree het besluit om ʼn verbod te plaas op die verkope van enige donkies en muile op die webwerf, nie net die velle en byprodukte nie. “Ons hoop dat dit ʼn klein deel kan speel om dieremishandeling te verminder,” het sy gesê.

“Dit is ʼn beduidende stap in die rigting van ons uiteindelike doel om seker te maak dat daar glad nie aanlyn handelgedryf word met lewende diere nie. Gumtree se besluit word waardeer,” het Kuch bygevoeg.

Die NDBV het ʼn motivering gebied waarom advertensies vir diere of “gratis aan ʼn goeie huis” oneties is. “Dit bied ʼn platform vir twyfelagtige praktyke insluitend agterplaas-telers, handeldryf in wilde of eksotiese diere en daar is geen welsynskomponent wanneer die advertensies geplaas word nie.”

Kuch het gesê die DBV doen ʼn beroep op ander webwerwe om ook in Gumtree se spoor te volg en sy hoop dat dit ook na ander diere uitgebrei sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johanna Botha ·

Ja nee regtig n brokkie goeie nuus ! Dankie ! As mens dink watse marteling die diere moet en moes deurmaak …sielloos !

Johann ·

Dis deur die klein besluite wat enorme verskille te weeg gebring word.

Zelda ·

Bravo Gumtree. Welgedaan!! Hoop ander volg julle voorbeeld.

AL ·

Mooi so Gumtree! Dankie vir jul positiewe bydrae om onmenslike dierepraktyke te verbied met jul advertensies.

Divan ·

Hoekom nie voels nie? Enige persoon wat n voel in n hok aanhou behoort hulle te skaam. Dis wreed en nie iets wat enige diereliefhebber behoort te doen nie . Dis soos tronkstraf , maar die veroordeelde is 100% onskuldig.

Adeline ·

Stem saam Divan, dis wreed om voëls in hokke aan te hou!

Rina ·

Dit is nou mode om Zonkies (kruising tussen donkies en zebras) te teel vir dieselfde rede. Die verskil is net dat die pryse wat betaal word is baie hoer as die van n donkie. N Zonkie het gestreepte bene en die res van die lyf lyk soos die van n donkie.

Daan Erasmus ·

Gumtree kan gerus meer moeite insit om vals en bedrieglike motor advertensies hok te slaan. Dit ruk hand uit. Wat nou van bona-fide donkie advertensie vir donkies.

foxi ·

Daan ek stem saam. Sekere motor advertensies is so bedrieglik en enige mens wat verstand het kan mos sien dit is bedrog!

Johann ·

Baie dankie Gumtree vir die manhaftige offer wat u maak ter beskerming van ons diere

Fiki ·

Goeie besluit. Ek dink egter dit moet vir alle diere wat as “gratis weggee” geld in enige koerant/media. Nêrens is n keuringsproses of kontrole nie.

E.K. ·

Mens wild an sommer van Gumtree gebruik maak sou jy iets wil adverteer weens hul tegemoetkomendheid in hierdie lelike storie. Mense en julle is almal bly oor Gumtree se besluit wat van so nou en dan paar rand skenk aan plekke wat donkies ‘n veilige hawe bied? Sover is hier sowat 14 kommentare voor myne en sê elkeen van julle skenk net R100.00 hierdie maand…dink kan ‘n groot verskil maak glo my! Ek doen gereeld my ding – ek daag julle ouens uit!

Daan Erasmus ·

Skenk eerder geld aan kinderhuise. Daar is n groter en dringender nood. Donkies is laag op my lys.

E.K. ·

Daan, ek doen dit in elk geval ook – ELKE liewe maand, ‘n taamlike bedrag. Maar diere kan nie praat en is ook soms laaste op mense se lyste. Ek lewe regtig my lewe om te gee waar ek kan.

Jean ·

Uiteindelik, elke bietjie help, dit sal onmiddellik ‘n verskil maak. Dit gaan oor die beginsel hier Daan en ander wat niks omgee vir diere nie. Hoe groter die aanvraag, hoe meer die advertensies en hoe meer mense raak betrokke by die verspreiding en verkoop daarvan. Enigiets om geld te maak. Kinderhuise? Ja ek het simpatie met die kinders, maar steeds kan die volwassenes/ouers by klinieke voorbehoedmiddels GRATIS kry, die diere teel ongelukkig aan, en sonder verantwoordelike eienaars wat hulle moet steriliseer, gaan dit aanhou, daar is geen beheer daaroor tensy ‘n MENS verantwoordelikheid neem nie. Ek het ongelukkig meer simpatie met diere wat wreed gemartel en vermoor word vir hulle velle, as wat ek het met kinders wie se ouers nie voorbehoedmiddels wat hulle GRATIS kan bekom kry nie.

Ben ·

Dankie Gumtree – die wette van dierebeskerming in hierdie land is te slap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.