Gumtree waarsku teen slenter

internetDie advertensiewebwerf Gumtree het die publiek gewaarsku oor ʼn slenter op sy en ander soortgelyke webtuistes wat poog om potensiële kopers uit groot geld te bedrieg.

Volgens Claire Cobbledick, hoof van bemarking by Gumtree Suid-Afrika, ontvang hulle ʼn stortvloed navrae oor die geldigheid van Gumtree-fakture en -rekeningbesonderhede. “Ons wil beklemtoon dat Gumtree nie geld ‘hou’ namens kopers of verkopers nie.  Verkope op die webwerf geskied direk tussen kopers en verkopers of ons transaksievennote wat onderskryf en veilig is, naamlik Shepherd en Motofinn. Nie Gumtree of Shepherd of Motofinn sal ooit ʼn koper vra om geld in ‘n PayPal- of Western Union-rekening te betaal nie.”

Cobbledick het gesê die modus operandi wat deur die swendelaars gebruik word, behels dat advertensies vir goedere met ʼn hoë waarde op dié webwerf geplaas word. Sodra ʼn potensiële koper reageer, ontvang hy of sy ʼn boodskap dat die verkoper nie tans in die land is nie, “maar dat ʼn derde party” die transaksie sal fasiliteer. Die sogenaamde verkoper vra ook die koper vir persoonlike inligting, soos sy of haar naam, adres en telefoonnommer. Die swendelaars voer ook aan dat daar ʼn 14 dae geld terug-waarborg is en ʼn Britse telefoonnommer word verskaf vir navrae.

“Kort nadat die koper meer inligting verskaf het ontvang hy of sy ʼn vervalste faktuur van Gumtree wat versoek dat ʼn e-pos gestuur word om die transaksie te verifieer. Die niksvermoedende koper word ook versoek om ʼn deposito in ʼn PayPal of Western Union-rekening in te betaal.

Cobbledick het gebruikers van die webwerf gevra dat diegene wat onseker is oor die geldigheid van ʼn e-pos, dadelik met hulle in verbinding moet tree. “Moet ook nooit geld in ʼn derde party se rekening deponeer indien jy onseker voel oor die geldigheid van die bankbesonderhede nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pearl ·

Dit het met my ook gebeur. Toe ek die email kry wat sê hy is oorsee toe ignoreer ek dit. Maar is ook in UK. So ek gaan die polisie hier daai nr gee.

Dawie ·

Mense moet aub baie versigtig wees met enige advertensies op hierdie tipe webtuistes. Dit wil voorkom asof meeste van hulle slenters is. Kyk ook baie mooi na die advertensies vir poste hulle is net so skelm – moenie cv’s faks nie en moet ook nooit enige geld oorbetaal aan sogenaamde personeel agentskappe nie.

Daan ·

Bly weg van Paypal. Die oomblik dat hul jou besonderhede bekom gaan daar enige snaakse transaksies op jou rekening verskyn
Al belowe hulle dit gaan terug betaal word geskied dit nooit
Jy is jou geld kwyt
So wees versigtig en vermy Paaypal

Babs Maritz ·

Moet ook nie vir hulle enige bewyse soos id of paspoort afskrifte gee nie.

Petrus ·

Moet geen sake doen met ene Devin Naidoo op gumtree nie, hy stuur vervalste bewys van betaling aan jou. Het reeds n klag van bedrog teen hom ingedien.

Pietie ·

As jy gevang word met so ‘n slenter verdien jy dit waarskynlik. Gierigheid (ook om so veel as moontlik te probeer spaar op ‘n transaksie) is vieslik. Ek glo “A fool and his money is soon parted”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.