Gungubele by Sol-Tech: ‘Ons het ʼn gesprek begin’

Mondli Gungubele, minister in die presidensie, tydens sy besoek aan Sol-Tech. Heel links is Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Werner Human, operasionele hoof. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Verstommend. Só het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, sy indruk van Sol-Tech se kampus in Monumentpark in Pretoria Vrydag gegee nadat hy die beroepsopleidingskollege op uitnodiging besoek het.

Die besoek is gefasiliteer ná gesprekke tussen onder meer oudpres. Thabo Mbeki en verskeie ministers en leiers van die Solidariteit Beweging.

“Ek loof die feit dat hulle besluit het om met ons te gesels, pleks daarvan om ander vreemde dinge te doen,” het Gungubele ná sy vergadering met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Werner Human, operasionele hoof van die beweging, en Paul van Deventer, hoof van Sol-Tech, gesê.

“Ons is baie opgewonde. Hulle het hul kommer gelys en voel die model van transformasie is nie reg nie. Dit lewer nie uitkomste nie.”

Die minister het benadruk dat dit belangrik is vir alle Suid-Afrikaners om ingesluit te word en sê wat die regering nou uitgedaag word om te doen, is om dit duidelik te stel dat dít wat in die Grondwet vervat word, ook bedoel word.

“Wat ons Grondwet uniek maak, is dat dit opgestel is om juis nié oor verskille te baklei nie, maar om verskille ten bate van ʼn voorspoedige Suid-Afrika te bestuur.”

Gungubele gesels met ‘n groep Sol-Tech-studente tydens sy besoek aan die kampus. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Gungubele het gesê die regering is die leiers van alle Suid-Afrikaners en dat daar werk gemaak gaan word van die gevoel dat sommige burgers nie toegelaat word om oplossings tot die land se probleme by te dra nie.

Buys sê egter die huidige ANC-beleid is nietemin sterk gefokus op rassekwotas en dat Sol-Tech vanweë daardie uitsluiting op die been gebring is as ʼn manier om mense in te sluit.

“Uit ANC-ideologie sien hulle die staat – en nie die gemeenskap nie – as sentraal; daar het ons ʼn fundamentele verskil.

“Ons het baie reguit gepraat. Ons het regtig ʼn goeie gesprek gehad en ons gaan die gesprek voortsit.

“Verskillende sienings, gemeenskaplike belange,” het hy die ontmoeting opgesom.

“Die minister het baie oor bedoelings gepraat en ons het baie oor uitkomste gepraat. As jy kyk na die ANC se beleid ná drie dekades, dan is dit ʼn krisis. Hy stem saam dat die land in ʼn krisis is en dat hulle almal nodig het om dit op te los.”

Schikkie Geldenhuys, adjunkhoof van onderrig en opleiding by Sol-Tech, wys die kampus vir die minister. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Buys sê Gungubele het ook groot begrip gehad dat ʼn instelling soos Sol-Tech nie vir ʼn uitgelese groep is nie, maar vir “gewone mense om toegang tot goeie opleiding te kry en ʼn ordentlike lewe te lei”.

Die minister het ook uitgevra oor die organisasie se siening oor armoede en hoe dit gepak moet word.

“Die manier waarop ons dit aanpak, is deur mense se bydrae te verhoog deur opleiding en nie deur hulle verbruik deur welsyn te verhoog nie,” sê Buys.

‘Uitnemende’ kampus

Flip Buys, Mondli Gungubele en Schikkie Geldenhuys. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Gungubele het op sy toer van die kampus ook ʼn vinnige les in alles van elektrisiteit tot dieselenjins gekry.

“Ek is oorweldig, sprakeloos dat daar in hierdie land só ʼn plek van uitnemendheid is,” het hy gesê.

“Die groot vraag wat jy dadelik vra, as ʼn leier van die land, is waarom word dit nie versprei nie? Waarom is dit nie toeganklik vir alle Suid-Afrikaners nie?

“Maar dit is ongelooflik; verbeel jou dit is toeganklik vir alle Suid-Afrikaners.

“Wat ek hier gesien het, is dat daar in hierdie land talent is wat ons met die res van die wêreld kan laat meeding. Alles hier is modern, dit kan met die beste ter wêreld vergelyk word en ek dink hulle het vir my gewys dat Suid-Afrika iets soos hierdie uitstekend kan doen.

“Wat ons moet bespreek, is hoe sulke uitstekende werk inklusief gemaak kan word.”

Paul van Deventer, hoof van Sol-Tech, gesels met die minister, Flip Buys en Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Gungubele sê dit was die begin van ʼn gesprek wat voortgesit gaan word en is een van vele soortgelyke gesprekke wat deurlopend in die land gevoer word.

Sol-Tech, wat opleiding in Afrikaans gee, is vantevore al gekritiseer as dat sy taalbeleid tot uitsluiting lei. Gungubele het in antwoord op ʼn vraag hieroor gesê dat dit vir hom “op sigwaarde uitsluitend is”, maar dat hy Vrydag anders gehoor het.

Human sê die organisasie glo in die bou van goeie verhoudings, soos deur die gesprekke met die minister, en dat raakpunte gevind en daarop voortgebou moet word. Daar is ook met Gungubele gepraat oor watter versperrings in die pad van groei staan en wat die regering kan doen om daardie hekkies uit die weg te ruim.

“Ons bevind ons in ʼn diep regulatoriese samelewing. Daar is onnodige diktate van die regering wat groei belemmer,” sê hy.

Human sê omstandighede vir groei moet geskep word en dat Gungubele eerstehands kon sien wat ʼn gemeenskap self kan vermag.

“Ons wil uitbasuin wat ons hier doen,” sê hy.

“Dit is ʼn storie van groei, van selfsorg en ons hoop ons kon die minister wys dat mense nie van die staat afhanklik hoef te wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

De Villiers ·

Dit was redelik die standaard voor julle oorgeneem het, Mr. Gungubele.

Hierdie standaard is afgerokkel deur JULLE, Mnr. Gungubele.

Alle Suid Afrikaners het toegang tot sulke fasiliteite gehad tot JULLE dit toegemaak het, Mnr. Gungubele.

Jy en jou regering is die rede waarom daar nie meer sulke instansies bestaan in Suid Afrika nie.

Lourens ·

“Wat ons moet bespreek, is hoe sulke uitstekende werk inklusief gemaak kan word.”
Volgende ding wat gebeur is dat Lesufi die Afrikaanse onderrig daar as uitsluitend bestempel en probeer onwettig maak. En kort daarna word die Sol-Tech wet deurgevoer, in terme waarvan gedwonge rassekwotas vir toelating en indiensneming vasgestel word.

Nici ·

Bou julle eie. Een instansie kan nie 11 tale akkommodeer nie.

melaney ·

Stem 100% saam. Hierdie minister gaan dinge nie daar los nie.

Waarnemer ·

Mondli Gugubele …die”regering is die leiersrs van alle Suid Afrikaners”Neh!!!!In your dreams my ou.

Goldy ·

Vir inklusiviteit is daar n magdom ander instellings waar ons uitgesluit word. Hierdie is ons sn, gaan ruk nou die res reg.

Pieter9 ·

Mooi so; so lyk innovasie, uitkoms van kundigheid en toepassing – as die regering ‘padgee’ BBBEE stop, raak SA ‘n ekonomiese reus.

Vonkprop ·

Wat bedoel Gungubele met hy is bly hulle het besluit om te gesels in plaas van ander vreemde goed? Wat het hy verwag, studente wat toi-toi, goed brand en breek, studente wat skree op volwassenes? Dit is hoe dit lyk as iets en iemand werk Gungubele. Julle is so gewoond aan stukkende instansies dat julle geskok is om iets te sien wat heel is en werk. Hoop nie julle kom nou en wil beheer vat van wat julle gesien het nie. Loop bou julle eie plekke.

melaney ·

Te laat….die minister gaan die saak verder neem. Oormôre eis hulle wat hulle gesien het

Jaco ·

Dié minister was net daar om te kyk hoe Sol-Tech nie regstellende aksie en BEE toepas nie en hoe Sol-Tech as & deel van radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding afgevat kan word. Het Solidariteit dan NIKS na al dié jare van diskriminasie teen wit mense geleer nie? BLY WEG van die staat, die regering, die ANC, want hulle wil ons nie eintlik hier hê nie.

Delia ·

Presies en goed gestel. Hy was nie daar om te kyk en na te boots hoe goed dit werk nie. Die ANC wil nir hé dat iets deur n blanke Afrikaner te veel shine kry nie.

Bees Boer ·

Minister: “Dit is mooi – nou moet dit aan almal gegee word…”

Tjaart ·

Ek het baie respek vir Solidariteit en dit wat hulle vermag het met beperkte hulpbronne. Hierdie artikel maak my egter bekommerd – hoop nie ons gaan die foute van 1994 herhaal nie want hierdie is nie mense wat daarvan hou om saam te werk en te deel nie, soos die afgelope 30 jaar bewys is.

Nici ·

Ek stem. Moenie weer naief wees nie. Hul vra die pinkie maar dit stop nie tot hul als het nie.

JL ·

“Ek is oorweldig, sprakeloos dat daar in hierdie land só ʼn plek van uitnemendheid is,” het hy gesê.
Onder watter klip het hy bly lê? Ons land het alles gehad. DENEL, YSKOR SAL, ESKOM, SANDW, SAP, STAATS HOSPITALE, UNISA TERTIËRE INSTANSIES, TEGNIESE KOLLEGES ens. Waar is hulle nou! Hierdie is deur blanke Suid Afrikaners op die been gebring, word korrek bestuur en is ñ trots vir die studente wat daar ingeskryf is presteer en hoog in aanvraag is. Look and Learn “Meneer”.

Samuel ·

Dit verstom my dat Afriforum en Solidariteit kan glo gesprekvoering met die ANC kan enigsins voordelig wees vir die Afrikaner. Hierdie instituut gaan gekaap word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis onmoontlik om onder ANC bewind te wil “self doen”. En ja, Flip het vure om dood te slaan.

Harry ·

“Waarom is dit nie toeganklik vir alle Suid-Afrikaners nie?” ANC talk for I will take what you built because we cant compete and you are making us look bad.

My Mening ·

Ek kry so ‘n gevoel dat die artikel ‘n suikerlagie oor het. Die man maak geluide waarvan ek nie hou nie, alhoewel dit my geensins verbaas nie.

Die minister vra al klaar vrae oor hoe armoede gepak word, inklusiwiteit en hoe dit toeganklik vir almal gemaak kan word.

Die regering het ‘n gawe om dinge lekker op te neuk en almal anders daarvoor te blameer in plaas daarvan om te leer by ander en nie als te wil kom oorvat en hul eie maak nie!

Lourens CFG ·

Pasop, hy praat klaar van inklusief maak en na almal ens.
Julle gaan geteiken word.

Mariana ·

Geweet dis net kwessie van tyd voor ANC Sol-Tech ook sal wil skaak. Hulle kan net nie sien dat daar vooruitgang is by plekke waar hulle nie betrokke is nie en dankie tog hulle is nie. Solidariteit asb julle moet versigtig wees en hulle nie goedsmoeds vertrou nie. Julle is die uitweg vir baie kinders wat ooral sukkel om te studeer. Ons is net nie welkom by ander instansies nie weens ons taal. Maar julle is klomp slim mense en sal doen wat beste is.

Anel ·

30 jaar terug het alles so gewerk. Dit is niks vreemd vir ons nie. Ons was dit gewoond. Julle, die anc, het alles afgebreek. Los ons goed nou uit. Hier betaal mense, niks is verniet nie. Wat jy verniet kry, waardeer jy nie. So, hou maar verby.

Herman L ·

Dit is goed dat ‘n minister sien wat bereik kan word as daar nie kaderontplooiing is nie! Solidariteit sal sekerlik die regering help om soortgelyke fasiliteite te skep. Dit is wat ons land broodnodig het. Om dit wat bereik is onder ‘n maatemmer te probeer wegsteek, sal ‘n groot fout wees.

Delia ·

As daai maatemmer omgeskop word, gaan dit lyk soos die ander tersiêre instellings.

Oom Kobus ·

Nou sê Min Mondli Gungubele, minister in die presidensie tydens sy besoek aan SolRech dit moet aan alle Suid Afrikaners beskikbaar gestel te word. Hy sê “Ek is oorweldig, sprakeloos dat daar in hierdie land só ʼn plek van uitnemendheid is,”. Hy vergeet dat die ANC al die soorgelyke opleidings instansies wat jare bestaan het vernietig het.
Kobus du Toit

Cornel ·

Trust nobody! Nie almal wat vir jou glimlag is jou vriend nie….

Boatsie ·

Ek wens die ouens is ekstra vetsigtig, want sedert 1994 het die mense nog nie geleer om nuwe fasiliteite, skole, technikons, ens. te bou nie.
Hul wag tot “iemand anders” dit doen en gebruik dan enige taktiek en mooi praatjies om dit te vat.
Leer wat hier gedoen is en gaan bou en bestuur julle eie.

Jr ·

NEE, NEE, NEE NO WAYS NIKS NUL NADDA. AS JULLE SO MAAK – BEGIN VAN DIE EINDE WEER. Teacher strikes, standards lowered, equipment stolen, bankrupcy, fraud, tender fraud. NEE NEE NEE

Delia ·

Oppas, as die regering sy kloue in Soltech kry…daar gaan Afrikaans, daar gaan standaarde wat julle moet verlaag om ALMAL te akkommodeer. Daar sal n probleem wees met die lied wat julle sing met opening elke week.
Studente rade gaan ontevrede wees oor goed.
Kyk hoe gaan dit by ander instellings. Die ANC kom vir Soltech….

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Afrikaner se ou probleem: bou, deel, gee weg. Dis maar wie ons is.

Delia ·

Daai unieke Grondwet…. minister in die Presidensie…..gaan gee daai lesing juis in die Presidensie vir jou kollegas

Sonblom ·

Aag nee Sol-Tech. Julle het goed gedink om hierdie man te nooi. Nou het hy gesien en nou gaan hy die regering aan hits om hulle vingers in Sol-Tech te druk. Hoe lank gaan dit die instansie wees wat julle wou op bou?

Nici ·

Afrikaanse taalbeleid lei juis to die insluiting van diegene wat oral uitgesluit en onwelkom gemaak word. Dalk tyd dat die ander etniese groepe ook hul eie bou.

Martin ·

Hierdie keer kan ons ni di anc blameer ni hul was genooi ons het so gehoop en was trots nou hang daar n anc ruik oor sol tech waar gaan ons kinders nou leer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.