Gupta-bates mag bevries word

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Die parlementêre komitee oor justisie en korrektiewe dienste het die nuus verwelkom dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid die goedkeuring bekom het om die bates van die omstrede Gupta-familie, ter waarde van R1,6 miljard, te bevries.

Die voorsitter van die komitee, die ANC se Mathole Motshekga, het gesê die komitee het die wens uitgespreek dat die proses sonder vrees of voordeel sal voortgaan. “Niemand is bo die wet verhewe nie.”

Die batebeslagleggingseenheid het, volgens berigte, suksesvol aansoek gedoen vir drie afsonderlike bevele verlede maand van die hooggeregshowe in Pretoria en Bloemfontein, kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Dit maak voorsiening vir die bewaring van bates van verweerders en verdagtes in strafregtelike sake. As hulle skuldig bevind word, word die bates permanent aan die staat oorgedra.

Die Gupta-familie, wat van Indië na Suid-Afrika geïmmigreer het en vriende is met pres. Jacob Zuma, staan in die middel van ʼn beweerde web van korrupsie waarby Suid-Afrika se staatsbeheerde ondernemings betrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DS ·

Een se dood is die ander se brood. Kan al sien hoe die korrupte regering sit en uitwerk hoe hulle daai R1,6 miljard in hulle diep bodemlose sakke gaan laat verdwyn.

Dafer ·

Sluit hulle toe! Ondersoek al hulle handelinge. Sal nie verbaas wees om te hoor dat hulle met ons sport ook neuk nie – dit is per stuk van sake baie winsgewend! Gupta krieket. Hah!

Chris Ws ·

Hulle moet op zuma se bates ook beslag le want hy is die hoof peanut in die pakkie!

jaco ·

Hoeveel jaar het die ANC-lede van dié parlementêre komitee ondersoeke teen die Guptas gekeer, self geld gemaak uit Gupta-besighede en kritiek teen die Guptas afgemaak as rassisme en wit verdriet oor wit besighede nie meer die lekker tenders kry nie?
Dis mooi dat hulle nou van deuntjie verander en self die Guptas wil vervolg, maar dis nou ook ongelukkig te laat. Die skade met korrupsie is klaar gedoen en ook só deeglik gedoen dat herstel dekades sal vat.

Muffin ·

Die Guptas se gesanik sal niks van kom nie. Verdere geld word net spandeer. Stop alles en faan voort met die toekoms.

Rupert Ashford ·

1.6 miljard…is dit al? Klink te min vir die invloed wat hulle uitoefen…

Riana ·

Mooi man! Lekker om dié berig te lees. Daar is dalk spoedig ‘n meevallertjie in die staatskas om gratis tersiêre onderrig te befonds…

Johann Marx ·

Hoe bevries jy die Guptas se bates en los diegene wat voordeel getrek het uit hulle gekonkel se bates uit?

l ·

Baie goed! “Pay back the money!”
Wat van daai luukse huise in Saxonwold?

Francois ·

Daar is in die verlede wyd berig hoe geld land uit is met behulp van die regeering. Dit wil se die 1.6 miljard is die kleingeld wat nog in SA is. Wat van huis in Dubai waarheen Zuma so vlug? Hoeveel geld is na buitelandse instansies gestuur dat dit selfs Internationale banke bekomerd het ? Ek dink dit is klaar hopeloos te laat. Kan ons moontlik weer n skok verwag waar die rand 20% waarde verloor?

Nico ·

Die perd is lankal uit die stal !! Bevrees die NVG jaag nou spoke . Die Guptas is uitgeslape knape en baie skerp!!

Grassie ·

Die hele aangeleentheid word eienaardig hanteer. Gewoonlik word so ‘n ondersoek so stil moontlik gehou en wanneer die tyd reg is word vining en beslissend opgetree. Hier werk dit anders. Hulle sê vir die Guptas daar is ‘n lasbrief vir een van hulle, maar hulle sê nie watter een nie. Hulle kondig met groot fanfare aan dat hulle besig is met prosedures om 1,6 miljard rand te vat maar dat hulle vorentoe nog 50 miljard in die oog het. Dit kom voor asof hulle eintlik wil hê die Guptas moet vlug. As die Guptas gearresteer word gaan hulle dalk kwaad word en begin praat. Ek is seker dat hulle noukeurig boek gehou het van elke onder-die-tafel-deur transaksie wat hulle gehad het. Dan sit omtrent die helfte van die kabinet en topbesture van omtrent al die groot staatsbeheerde besighede en instansies in die tjoekie. Ek dink daar is baie mense wat hard bid dat die Guptas moet hardloop, as hulle nie al reeds weg is nie

Jacques venter ·

Seker die beste nageforste boeke wat ek ooit gekoop het. Is Jacques Pauw se; ” Presidents Keepers”
Dis absoluut die moeite werd om die boek aan te skaf. Dit bevat geskiedenis wat nooit weer geboekstaaf gaan word nie.

humor ·

Hierdie manne is geslepe en geld is vir hulle baie belangrik. Belangriker as vriendskap. Uit hulle mond kan daar baie teen z getuig word en glo my hulle sal hom nie juis in die plek van eensaamheid besoek nie.

Voos ·

Ag hulle sal die “gevriesde” bates nie mis nie……..iewers is ‘n geldjie weggesteek om voort te gaan met die spandabelrige lewenswyse

Piet Pompies ·

Intussen by die klere boetiek in Dubai…. jammer mevrou Gupta, die rekening vir u kaart is gevries…. Kontant betaling kan ook voldoende wees….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.