Gupta-bondgenoot mag oorsee reis

Eric Wood (Foto: Verskaf)

Die Gupta-bondgenoot Eric Wood kan binne dae oorsee reis nadat die Palm Ridge-handelshof in Johannesburg Woensdag sy borgtogvoorwaardes verslap het.

Wood, direkteur van Regiments Capital, ʼn Gupta-verwante maatskappy, het ’n aansoek gebring waarin hy die hof versoek om hom toe te laat om tussen 10 en 30 September na die Verenigde Koninkryk en Spanje te reis om sy ouers en dogter te besoek.

Die aansoek is vroeër vandag toegestaan met die voorwaarde dat hy sy paspoort binne vyf dae van sy terugkeer by die betrokke ondersoekbeampte indien.

Daar word ook van Wood verwag om twee weke ná sy tuiskoms weer saam met verskeie voormalige senior amptenare van Transnet in die beskuldigdebank in te skuif en op aanklagte van bedrog en korrupsie tereg te staan.

Wood is in Mei vanjaar op borgtog van R250 000 vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is in verband met die omstrede lokomotiefkontrak by Transnet, wat destyds gelei het tot die verkryging van 1 064 lokomotiewe ter waarde van meer as R54 miljard.

Regiments Capital is destyds onreëlmatig deur Transnet aan boord geneem en het uiteindelik voordeel uit die onreëlmatige aanstelling getrek.

Wood en sy medebeskuldigdes moet weer op 14 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anel ·

Ag, asseblief!!! Hy gaan mos nie terug kom nie! Hoe dom dink hulle is hy????

Nie Verbaas ·

Wonder hoe oud sy ouers is as hy al so grys is. Laat mens dink. Bye bye Eric.

Danie ·

Hy wil voorbrand gaan maak.Gaan seker met ons geld reis en kuier.Wonder wanneer gaan die geld wat hulle verduister het terug gevorder word.# molefi

Jacobus ·

Ons howe hanteer hierdie staatskapers met handskoene. Laat sy familie vir hom kom kuier as hy hulle graag wil sien. Nog een wat gaan wegkom soos die Guptas en Bushiri en vele.

Waarnemer ·

Bye bye mnr woids…R250000.00 is relatief goedkoop om jou vryheid te koop gegewe die miljoene wat jy ut die transaksie gemaak het..En die regter dink regtig om jou weer te sien.Geniet jou vryheid daar anderkant.

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Dommetjies laat hom gaan en ek glo die waaier en die modder is op bystand.

SomeOne ·

hoe dom kan ‘n regter wees, om te val vir so ‘n grappie, “sy familie gaan besoek” lank lewe wood in sy vryheid

Magda ·

Regtig, Hy Gaan Ni terug kom Ni, hoe dom Kan di mense wees.

Jaco ·

Dié hele gupta-sage en jacob Zuma se betrokkenheid daarby het darem een mooi ding in: die nie-rassigheid daarvan. Die guptas en shabir shaik is Indiërs, Arthur fraser en shaun Abrahams is wit en Eric Wood is sowaar wit. Almal mense van minderhede wat, wanneer hulle werk soek, in terme van ANC-regering se wette moet hoor “jy is wit so hiers nie werk vir jou nie” of “you are not black enough” of “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.

Willem Hendrik ·

Hoe de swernoot ? My mond hang oop want wrintiewaar of die regter is omgekoop of die regstelsel is in gebreke. Beide mag dalk nie n fabel wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.