Gupta-broer rig vertoë ná NVG miljoene laat bevries

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die omstrede sakeman Atul Gupta het ʼn aansoek by die Bloemfontein-landdroshof ingedien om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid voor die hof te daag oor die R10 miljoen in sy persoonlike rekening wat die liggaam laat bevries het.

Dié geld word na bewering verbind met die belastingbetalersgeld wat veronderstel was om vir die Vrede-suiwelprojek aangewend te word.

Gupta het in ʼn beëdigde verklaring gesê hy is tans nié in Suid-Afrika nie. Volgens hom het hy deur middel van “ander partye wat ook in die saak geraak word” bewus geword van ʼn bewaringsbevel wat toegestaan is ingevolge die beslaglegging van geld in sy rekening.

Volgens hom het hy nog nié die bevel onder oë gehad nie, maar is intussen deur sy prokureurs in kennis gestel van die batebeslagleggingseenheid wat sy geld laat bevries het.

Hy het gesê sy beëdigde verklaring is in “uiterste haas” voorberei en in Dubai by die Suid-Afrikaanse konsulaat-generaal onderteken.

Dít volg nadat die hoë hof die NVG se aansoek om sowat R220 miljoen – bates van die beweerde verdagtes in die saak – te bevries vroeër toegestaan is.

Gupta beoog om die NVG se aansoek ter syde te stel. Sy vertoë sal na verwagting op 1 Maart aangehoor word.

Intussen het Fikile Mbalula, minister van polisie, gesê ʼn lasbrief is vir Ajay Gupta en vier ander verdagtes se inhegtenisneming uitgereik in verband met die polisieondersoek na die Vrede-suiwelprojek.

ʼn Neef van die Gupta-broers en sewe ander verdagtes het reeds verlede week in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat die Valke klopjagte op die Guptas se huis in Saxonwold en ander persele uitgevoer het.

Sewe van die agt verdagtes is intussen borgtog toegestaan. Peter Thabethe, Sylvia Dlamini en Takisi Masiteng, glo regeringsamptenare, is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Varun Gupta, Ronica Ragavan, Nazeem Howa en Ashu Chawla, die verdagtes wat van bedrog beskuldig word, is op borgtog van R200 000 vrygelaat.

Die Valke het bevestig dat Kamal Vasram nog in aanhouding bly hangende die ondersoek.

Intussen het die forensiese speurder, Paul O’Sullivan, en die uitvoerende hoof van Sygnia, Magda Wierzycka, verskeie belonings uitgeloof ter gesamentlike waarde van nagenoeg R2 miljoen.

Wierzycka het onder meer R200 000 aangebied vir een van Gupta se lyfwagte wat met die polisie in verbinding tree oor waar hy hom bevind en R200 000 vir die eerste beskuldigde in die Vrede-suiwelprojek om staatsgetuie te word.

Die Valke het hulself intussen gedistansieer van die belonings. Die bedrogsaak in die Vrede-suiwelprojek sal weer op 17 Augustus aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

anti verrotting ·

So Frikkie – ek vra weer – wanneer is jou “enige tyd’ vir die inhegtenisname van die Gupta’s?

Zumie ·

Insiggewend hoe die eens ongekroonde prinse wat na hartelus op ‘n nasionale militere basis geland het vir ‘n familietroue of dit hulle eiendom is nou die windhond ding doen…

Alida ·

Ag man ek wens Fikile wil eerder gaan sokker speel !!!! Alles is mos vir hom sports!.

Grassie ·

Die ondersoekbeamptes in die saak teen die Guptas het verdag opgetree. Hulle het die Guptas kort-kort gedreig met vervolging, ook dat lasbriewe vir hul arrestasie uitgreik gaan word en dan verder net getalm met die ondersoek. Dit dui daarop dat hulle die Guptas ‘n kans gegee het om landuit te vlug. Ek dink nie die regeringslui wil die Guptas in hegtenis sien nie, want as lg. begin praat gaan baie senior regeringsmense, insluitende die helfte of meer van Zuma se groot kabinet, tjoekie toe. Indiër sakemanne is daarvoor bekend dat hulle baie noukeurig rekord hou van alle transaksies waarby hulle betrokke is vir moontlike latere gebruik.
Ek het hierdie stelling al vantevore hier op MM gemaak en ek was toe reg.

LouE ·

Ek sou dink dat die konsulaat-generaal iemand binne in sy konsulaat in hegtenis kan neem en na Suid Afrika kan stuur. Die lasbrief is mos uitgereik en die binnekant van die konsulaat is deel van Suid Afrika? Ajay Gupta was daar by hom in die konsulaat.

Eben ·

Ek dink Ajay moet persoonlik hier in SA in die hof verskyn en sy saak stel. Hy moet dan gearresteer word indien hy die saak verloor. Indie hy enige intregiteit het, sal hy vinnig na SA kom en homself verdedig. Intussen hoop ek maar al sy eiendomme word onteien.

Anoniem ·

Ek hoop die Gupta neef se paspoort is gekonfiskeer, anders gaan hy ook probeer vlug na Dubai…

Cassie ·

Nou waaroor maak Ajay en Atul nou geraas vanaf oorkant die water.As hulle dan onskuldig is laat hulle hof toe kom en hulle onskuld bewys.Hoekom het hulle in die eerste plek gevlug.Kan iemand my se van watter land is hulle nou eintlik burgers.Nee die konsul-generaal mag nie die arrestasies uitvoer en die mense terugstuur S A toe nie.Aansoek moet gedoen word vir hulle uitlewering .

Thea Gerbet ·

Nou is die tyd om op die Optinum Myn beslag te lê. Asook die paleise in Saxonworld. Die regering wou al lankal ‘n myn hê en dalk kan die eiendomme se opbrengs vir die suiwelprojek teruggegee word

cassie ·

Thea jou slimkop,Die myn kan onder staatsbeheer geplaas word en hulle ander bates kan verkoop word en so kan alle gelde wat hulle ons land skuld vereffen word.Ek sien die manne se prokureur beweer dit is toevallig dat hulle al drie in die buiteland is en dat hulle die lasbriewe betwyfel.Hoekom kom hulle nie terug en vind uit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.