Gupta-broers moet pa staan vir oortredings in die Vrystaat

Die luukse verblyf waar die Guptas in Dubai tuisgegaan het (Foto verskaf deur die DA)

Die Demokratiese Alliansie meen president Cyril Ramaphosa moet die uitlewering van die Gupta-broers van Dubai na Suid-Afrika bespoedig.

“Elke dag wat hul uitlewering vertraag word, is ʼn dag wat die mense van die Vrystaat van geregtigheid ontneem word,” sê Roy Jankielsohn, leier van die DA in die provinsie.

Dit volg ná die president se aankondiging dat wetstoepassingsagentskappe die aanbevelings van die Zondo-kommissie sal implementeer.

Atul en Rajesh Gupta is al sedert Junie in aanhouding in Dubai. “Hulle was op ʼn omvattende manier betrokke by staatskaping in Suid-Afrika en die Vrystaat. Die Vrede-suiwelprojek was van die eerste korrupte kontrakte waarby hulle betrokke was. Dit het die provinsie tussen 2012 en 2017 sowat R336 368 000 uit die sak gejaag, en kos die provinsie sedertdien elke jaar ʼn verdere R20 miljoen.”

Die DA het ʼn verdere oorsigtelike besoek afgelê aan die projek op 28 September 2022 om met die begunstigdes te vergader, wat ná nege jaar, op 14 Januarie 2022, eers hul regmatige aandeel ontvang het.

“Die DA het lank baklei om seker te maak geregtigheid geskied vir hierdie begunstigdes deur die Openbare Beskermer, die Zondo-kommissie, die howe, die parlement en die Vrystaatse wetgewer.”

Alhoewel die begunstigdes grond en aandele in die projek het, word hulle tans deur talle hindernisse in die gesig gestaar weens ʼn gebrek aan ondersteuning deur die provinsiale regering.

“Dit bly belangrik dat diegene wat daarvoor verantwoordelik is dat die provinsiale geldkas geplunder is, aanspreeklik gehou moet word. Hierdie individue sluit die Gupta-broers en voormalige Vrystaatse politici soos voormalige premier Ace Magashule in.”

Jankielsohn sê hy het verlede week eerstehands die luukse leefstyl gesien wat die Guptas in Dubai geniet het, terwyl 63% van Vrystaters, die slagoffers van korrupsie, in armoede leef sonder basiese dienste. “Die inhegtenisneming van die Guptas, in die hoop dat hulle binnekort aan Suid-Afrika uitgelewer sal word sodat hulle aanspreeklik gehou kan word vir diefstal van Vrystaatse hulpbronne, sal ʼn tree in die regte rigting wees in die stryd teen provinsiale staatskaping en korrupsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaada ·

Hulle het dit nie alleen gedoen nie, dus kan hulle maaitjies in die regering solank pa staan!

Hasie ·

Ons weet almal dat die ANC gee net lippediens en Dan wag hul vir IEMAND om die werk te doen sodat NiEMAND eintlik iets doen .

Papsak ·

Die goed moes al lankal agter tralies gesit het maar nee hulle word nooit aan gekeer nie hier sal niks van kom nie

Yvonne ·

Alles in Afrika styl en tyd…so ek hou nie asem op nie…..MAAR waar sal ons hulp vandaan kom!!!!

Oosie ·

Regering sal daai 2 so ver as moontlik van hul hou.. as daai 2 gaan praat is daar talle wat se koppe gaan waai..

Lida ·

Wat van die duisende mense wat wag vir maande se agterstallige salarisse????????

Marelize ·

En al die skandes gaan nog uit kom. Dis mos wat gebeur as kop in een mus weg loop met die mus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.