Atul Gupta, Vuran Gupta en Duduzane Zuma het met onmiddellike effek by Oakbay Resources bedank.
Atul Gupta het as voorsitter bedank, Varun Gupta as uitvoerende hoof en Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, het bedank uit sy pos as nie-uitvoerende direkteur van Shiva Uranium, ʼn belangrike filiaal van Oakbay Resources.
Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê die besluit spruit uit die “politieke aanval op die maatskappy” en die bekommernis dat die werk en lewensbestaan van sy 1 000 werknemers in onmiddellike gedrang kan wees weens Atul, Varun en Zuma se verbintenis met die maatskappy. Die drie hooggeplaastes is volgens die verklaring van mening dat dit in die beste belang van die maatskappy, sy aandeelhouers en werknemers sal wees as hulle uittree.
Die Rand Daily Mail het berig dat Terence Rensen, ’n onafhanklike direkteur, as waarnemende voorsitter sal oorneem, terwyl Trevor Scott, die maatskappy se finansiële hoof, as uitvoerende hoof sal waarneem totdat die poste permanent gevul kan word.
Die nuus van die Gupta-broers en Zuma se bedanking kom enkele dae nadat FNB aangekondig het dat hulle Oakbay Resources se rekeninge gesluit het. Absa het ook vroeër vandeesweek sy verbintenis met die maatskappy beëindig te midde van bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed op pres. Zuma en die regering se sake het.
KPMG het verlede week as Oakbay Resources se ouditeure bedank nadat die maatskappy vir meer as 15 jaar sy kliënt was.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
36 Kommentare
Nog ‘n skelm slenter.
Nou toe nou ! Niks is meer snaaks waar ‘n Gupta en ‘n Zuma betrokke is nie.
Aitsa! Benoude katte maak benoude spronge………. tralalalala……..
Maar die aandele en agteraf betalngs bly deel van die pakket. Dis nou fronting.
Maar die aandele en agteraf betalngs bly deel van die pakket. Dis nou fronting.