Gupta-familie antwoord op bewerings

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Gupta-familie het ʼn verklaring uitgereik in reaksie op Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se bewering dat hulle vir hom die pos van minister van finansies aangebied het.

“Hierdie jongste bewerings is net nóg ʼn poging van mededingende faksies in die ANC om politieke punte te probeer aanteken. Enige bewerings dat die Gupta-familie of enige van ons verteenwoordigers enigiemand ʼn pos in die regering aangebied het, is absoluut vals,” lui die verklaring.

“Ons daag minister Jonas uit om in ʼn hof en onder eed volledig verslag te doen oor die beweerde ontmoeting. Minister Jonas poog om die aandag af te lei van sy eie verhoudings en praktyke. Ons is vol vertroue dat vrae oor sy eie etiese standaarde aan die lig gebring sal word.”

Die Gupta-familie het die verklaring afgesluit deur te sê dat hulle nie verder kommentaar sal lewer oor die “polities gemotiveerde veldtog” teen hulle nie.

Dit kom nadat Jonas Woensdag laatmiddag ʼn verklaring uitgereik het waarin hy sê dat die Gupta-familie hom die pos van minister van finansies aangebied het om Nhlanhla Nene te vervang, maar dat hy dit geweier het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

JAN BRITZ ·

Daar gaan hulle kernkontrak! En hulle steenkoolmyne. En hulle vlugroetes en wie weet wat nog. As iemand nog iets weet is dit nou die tyd om te praat. Die verkiesing is naby!!!!

Ouman ·

Die teorie dat mense ‘n liegstorie sal glo as dit oor en oor vertel word gaan nie werk nie. Dit is dalk tyd vir spul om vir oulaas vanaf Waterkloof te vlieg terug na hulle land van oorsprong voor hulle vliegtuig eiendom van die staat word

Jaco ·

Regtig mense die Guptas het mos nou gese dit is n leun en so iets het nooit plaasgevind en meer Pres Zuma ook se hy ken nie eers vir Vytjie Mentoor . Dit is mense van integriteit hierdie wat altyd net SA se belang voorop stel. Dat hulle nou so onbillik aangeval word. Hou vas hier kom groot sports.

Morne van der Merwe ·

Daar moet op die gupta bates beslag gele word. Hopelik kan van ons gesteelde belastinggeld teruggekry word. Daarna sal deportasie ‘n goeie opsie vir hulle wees.

HEVW ·

Die goeie raad aan die guptas is dat hul so vining as moontlik moet pak en gaan. Ken jy vir Afrika? Hoe hy alles met huit en haar kan verteer. Jul sal nie kan wen nie. Ons geskiedenis bevestig dit al vir meer as 300 jaar.

Pieter ·

Hoe jammer tog dat hulle nie eerbare beleggers was nie. Indië het baie om ons te bied. Nou gaan hulle dinge vir ander beleggers ook bederf. Almal sal nou altyd met agterdog bejeën word.

Flintstone ·

Lank lank gelede was daar ‘n familie wat onder die illusie verkeer het dat hulle die VSA regeer.Hulle van was Kennedy…

humor ·

Jammer guptas jul storie is eenvoudig te dik vir n daler. Daar is maar net te veel sigbare gebeure wat jul brandmerk as ongeloofwaardig.

Vicus ·

Ja Guppie, en die maan is van kaas gemaak! Loop swem in die see. Die enigste persoon wat julle gaan glo is Zoempie!

Ohna ·

Wie de swernoot is die frieken Guptas dat hulle minister poste kan aanbied?

Dee ·

Die Guptasparty. Dit blyk dat Zuma hul enigste kieser is op die oomblik, maar miskien is daar meer lede.

Elgeraine ·

Lekker vol geprop aan ons WERKENDE SUID-AFRIKANERS se belastinggeld! Die wete maak my rerig woedend. Gaan tog net terug Indie toe, en vat zuma saam!

Pietertjie ·

Gewoonlik begin ‘n skip sink vóórdat die rotte mekaar aanval. Klink my die dinge gebeur nou andersom…

Theo ·

Niks anders as verraad. Die sowereiniteit van SA is tot in sy fondamente geskaad deur die Guptas. Zuma en Gupatas moet tot verantwoording geroep word. Le beslag op die Guptas se bates en verklaar hulle “porsona non grata”

Koos van den Berg ·

Wie sal jy eerder glo ń man wat onwettig op Waterkloof land of ń eerbare man wat die ekonomiese belange van die land behartig en vir sy oortuiging opstaan.

johan ·

Zuma en die guptas lieg. Le beslag op hulle bates en gooi hulle in die see.

Bach ·

Z snel vinnig na sy einde en nou gaan die kanaries begin sing om hul eie basse te red om op die soustrein te bly. Foeitog die spul patete.

andries ·

Deporteer die hele lot guptas. Dit is mos hoog verraad.Hulle plunder die land met zuma se goekeuring.Zuma het dan ook hoogverraad gepleeg en sy anc maatjies hou hom in beheer.Hulle is dan net so skuldig. Kry n nuwe kabinet.

Theresa B ·

Ja nee – nou raak die stoel warm. Almal gaan nou weer van niks weet nie en geen kennis dra van enige iets nie. Zuma doen dit klaar. Dis baie maklik om alles net te ontken. Maar wag maar – kieringtjies gaan braai, een of ander tyd.

willie ·

Kyk mooi na die foto en die uitdrukking op daai gesig… spreek boekdele…. Hierdie dam se Makoue is almal kop en een mis.

Dawie Malan ·

Hashtag #MrPresidentPleaseGivePermissionForTheGuptaPlaneToTakeOffFromWaterkloof so they can go home ! ( and sommer join them on the flight ! ) We will donate Nkandla to the poor and promise to build up what you destroyed. Serious !

Jonathan ·

It took time to cook with respect to ‘ truth ‘ denial and blame game has been on the cards Whos kraal was best rewarded and the warrior lives on not to admit ‘ for the good I have done to my followers surely they need ‘

vermeende ·

Ek sukkel om die een uit te werk.
Hoe gaan die ANC die een op die blanke en apartheid blameer.

neelsie ·

Wanneer is genoeg genoeg?
Gierigheid is die ondergang van baie.
As ou Niek jou eers in sy kloue het……………….

moeks ·

Iemand moet gaan kyk watter tenders Guptas gekry het en waar hulle rykdom vandaan kom. Hoe is dit dat een familie so ryk kan wees. Hulle betaal biljoene vir myne links en regs, word die staatsamptenare se pensioengeld nie dalk iewers vir hulle geleen nie ? Wonder maar net.

KP ·

Kla Zuma en die Guptas aan dan kan hulle mekaar in die tronk geselskap hou.

Bekkie ·

Atul is n paar jaar terug in pad blokkade afgetrek en hy het geweier om sy kattebak oop te maak of so iets, hofsaak het als gebeur en wat het van dit gekom …..niks….
wat het van die landing by waterkloof geword…….niks….
Hulle is n baie magtige famielie in Indie en mense besef nie hoe groot hulle hier is nie….
Hulle het hulle vingers orals, koerant , medies, myn bedryf, en kom ek vertel julle iets :hulle het nie n gevoel van n dag oud nie toe hulle partytjie hou in sun city en geskenke vir die gaste elke man het 25 karaat staaf goud gekry wat so groot is soos die mini bubbles , toe word daar 700 mense afgedank en huisloos en werkloos gelos so in desember…met net 25 dae kennis….hulle het beloftes gemaak dat hulle baie sal hou maar nee …mense is werkloos gelos en hulle het party gehou dat die biesies bewe..

Armando ·

Bekkie, daar is nie so ‘n ding soos 25karaat goud nie. As jy wil skryf, skryf, maar sin.

SUSAN ·

Sy gesig spreek boekdele. Tog so onskuldig. Die Guptas en hul geld regeer die land. Ek glo nie daar is iemand in die ANC wat die Guptas op hul plek kan sit nie. Zuma en die ANC is net pione.

SUSAN ·

Jammer laat my spelling my in die steek. …………pionne.

Elize ·

ZUMA\GUPTAS MUST FALL!!!!!!! Genoeg bewyse maar wie gaan hul oor die rand stoot?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.