Gupta het Denel-geheime verklap, sê Vytjie Mentor

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Ajay Gupta het geheime inligting van die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel verklap tydens ʼn vergadering by die familie se huis in Saxonwold, Johannesburg, het voormalige LP Vytjie Mentor Dinsdag aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.

Mentor het getuig sy het dié vergadering in 2010 bygewoon terwyl sy hoof was van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings. Sy is versoek om met pres. Jacob Zuma te vergader, maar het uiteindelik met Ajay Gupta vergader.

Gupta het tydens die vergadering vir haar ʼn bevordering aangebied om die minister van openbare ondernemings te word (in die plek van die vorige minister Barbara Hogan) – indien sy sou instem om die SAL se roete na Mumbai, Indië, te kanselleer. Mentor het getuig Zuma was in die kamer langsaan toe die aanbod gemaak is.

Die voormalige ANC-LP het gesê sy was geskok oor Gupta se onthullings oor Denel. “Hy het na Denel verwys en ʼn spesifieke kwessie aangeroer tussen Denel, maatskappye in Indië en die Indiese regering. Die kwessie was hoogs vertroulik en geen privaat burger was veronderstel om daarvan te weet nie. Ek was ʼn lid van die gesamentlike staande komitee oor intelligensie so ek het van die saak geweet, maar nooit veel daaroor gesê nie.”

Mentor het gesê sy wil nie te veel aan die kommissie verklap nie, maar Gupta het gesê daar is iets oor die saak wat hy vir Denel en die Indiese regering wil oplos. Omdat die saak vertroulik was, het sy gekies om dit nie verder met Gupta te bespreek nie.

Toe sy egter wou vertrek, omdat Gupta haar ontstel het, het Zuma uit die kamer gekom. Hy het in isiZulu met haar gepraat en wou haar kalmeer. Hy het gesê alles sal “oukei” wees en sy hoef nie bekommerd te wees nie.

Gupta wou by Zuma weet of hy iets te ete wou hê, “en het op ʼn vernederende wyse met hom gepraat”. “Eerstens het Ajay nie opgestaan toe die president die kamer betree het nie. Tweedens is dit nie hoe mens met die president praat wanneer jy vir hom iets te ete aanbied nie. Die president het gesê hy sal ‘langsaan’ gaan eet; hy het gesê sy seun Duduzane woon langsaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Thinus Oosthuizen ·

Nie net is die Optiese Sisteme van die Rooivalk, H1 en H2 wat aan Pakistan verkoop was sowel as Indië en Pakistan se kernprogramme met Suid-Afrika se kundigheid gedoen. Die Makopa missielstelsel se Optiese geleiding wat hier ontwikkel is, word skielik in Indië vervaardig en moes dit ten duurste invoer. WNNR skaal laser tegnologie af, ek dink slegs drie navorsers, Parlementere kommites sal moet verduidelik waarom inmeng met n regsproses wat reeds afgehandel is en waar hofbevele reeds gemaak is, in n poging om n gratifikasie vir hulleself te bewerkstellig? Wet 12 van 2004?

Arak ·

Ek kan tot ‘n mate beaam wat Thinus hier geskryf het. Ek weet van ‘n ingenieurs wat by sekere navorsings instansies gewerk het wat gereeld oor die kole gehaal was omdat hy nie alle navorsing/ontwerpe oor seker produkte aan ‘n Chinese instituut wou verskaf nie. Later was selfs die regering/minister betrokke om hom te probeer forseer. Hy het toe, helaas, maar bedank, want hy was nie bereid om die werk net so weg te gee. Ek vermoed die afdeling, wat hy basies opgebou het van niks en aan die gang gehou het, bestaan nie meer nie.

Henk du Toit ·

Tekenend van die ou spreekwoord: “Familiarity breeds contempt.” as daar op n vernederende wyse met n Staatsresident gepraat word. Vernedering is in hierdie geval ‘n 100% self toegediende wond. Die regsvraag wat onwillekeurig by my opkom is of die uitlap van geheime inligting waaroor die Guptas beskik het neerkom op hoogverraad en eweneens ook hoogverraad aan die kant van die persoon wie die inligting aan hulle gegee het. Die Suid Afrikaanse burgerskap wat so ryklik deur Malusi Gigaba aan die Gupta gespuis toegestaan word word dan effektief die spreekwoordelike tweesnydende swaard van die reg wat regspreek oor die burgers van n land.

Rynhardt ·

Zuma het met sy gekonkelry nie eens besef wat hy behoorlik aan Suid-Afrika gedoen het nie.Ajay Gupta het nie eens vir Zuma opgestaan toe hy as president kamer betree nie,want hulle het hom in hul sak gehad, en die Guptas ???het hulself gesien as die nuwe base terwyl Zuma net n nommer was vir wie die Guptas kon skakel!☎☎☎☎☎☎ ??????

dup ·

Dankie vir die insig vanaf voorafgaande kommentators ( Thinus , Henk , Rhynhardt) , as die getuienis (Mentor) nie detail en geloofwaardig is nie weet ek waaragtig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.