Gupta-koerant berig oor komplot om Zuma te ontsetel

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die New Age-koerant en ANN7-nuuskanaal, wat albei deur die Gupta-familie besit word, het Donderdag berig oor ʼn beweerde komplot binne die ANC om pres. Jacob Zuma te ontsetel.

Volgens die berigte was ʼn ANC-faksie besig om Jessie Duarte, adjunksekretarisgeneraal van die ANC en die welgestelde Gupta-familie te gebruik in ʼn “vuil oorlog om beheer te kry”.

In die berigte, wat skerp in teenstelling is met ander media, sou Duarte dissiplinêr aangekla word ná die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee hierdie naweek as deel van ʼn plan om Zuma te isoleer.

ANN7 het op sy webwerf ʼn uitlating deur die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, dat die Gupta-familie hom die pos van die minister aangebied het voor Nhlanhla Nene afgedank is, as ʼn “tirade” beskryf en ʼn onderhoud met die ANC-jeugliga se woordvoerder, Mlondolozi Mkhize, uitgesaai waarin hy die adjunkminister se integriteit bevraagteken.

Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC, het in ander media bewerings van ʼn “faksie-oorlog” verwerp en gesê dit is ʼn voorbeeld van die arrogansie van die Gupta-familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theo ·

#Zuptasmustfall Mr. Gupta, you and your family overstayed your wellcome. Your are not wellcome here anymore. Please pack up and go, immediately!!!

elize ·

Ek stem saam, pak en gaan! Julle probeer julself en Zuma nou verontskuldig. Zuma voel vere vir sy mense en kiesers. Daar sit sy eie mense by Highveld Steel nou sonder werk want hy gebruik die Chinese se staal. En dit nadat hy almal daar wat vir hom gestem het werk en beter lewens belowe het. Nou sit duisende mense weer sonder werk, kos en blyplek want die nar word skatryk uit die Guptas en Chinese!!! Pak en gaan Guptas en vat sommer julle NAR (Zuma)))) saam!!!

Kaspaas ·

Sal nie verbaas wees as Guptas die verdediging en Intelligensie ook beheer nie, asook die polisie

Dee ·

Ek stem nie noodwendig met julle saam nie. Ek begin dink die Guptas is besig om ‘n goeie doel te dien. Die ANC is besig om te verkrummel, Zuma het vir hom ‘n suitcase met wieletjies aangeskaf en met die hulp van Fifa & Gupta is interessante dinge besig om te gebeur. Dit is wel so dat die ekonomie besig is om saam met hulle te verkrummel maar almal moet sover moontlik voorsorg tref. Sorg dat jou huis of woonstel ‘n paaiement of drie voruitbetaal is, hou jou kar se tenk vol petrol, dan sit jy sit agteroor en geniet die skou.

GES ·

Dee ek is geneig om saam te stem. Die lot se skandelike einde is nie ver nie.

Riekie Nel ·

Ek dink die Guptas is hier om te bly. Netnou gelees 2 van die 3 broers het Suid Afrikaanse burgerskap.

Gerhardt ·

Mens begin so iets van Idi Amin se dinge verstaan as jy kyk na GUPTA, HULLEY, SHAIK, BHANA ENS ENS. Sien julle die gemen deler?

Jonathan ·

Zuma weet niks vriende praat nie gebruik hulle vinger taal ? Shaik Hulley Zuma en ander weet van mekaar die vraag bly is daar verhouding sonder gesprek ?

Rupert Ashford ·

Haha wat ‘n dilemma vir die ANC. Hierdie Gupta media is hulle beste maatjies en hulle eie maaksel toe die res nie mooi soet hulle lof wou besing nie. Eie honde ne.

denise ·

Ek dink daai Gupta wil oz land oor neem wnt hkm is zuma elke so gretig om altyd vreemdes in oz land toe te laat ek dink hule hom geld aan gebied dis hkm hy nu sy skuld wil betaal oz land wrd weg gegee voor oz oe aan di oorsee se mense

Uys ·

Dit is tyd dat SARS die Guptas ondersoek.
Daar is al hoeka bespiegel dat iets of iemand die “nek” is en zuma die ” kop”
Die kop kan nie draai of bobly sonder ń nek nie.

NET EKKE ·

Hkm is Julius so stil het die guptas hom betaal om hier sy bek te hou

Melt Olckers ·

Julius is glad nie stil hieroor nie. Hy het die aanval teen en beskuldigings in die Parlement teen die Guptas begin. Julius het die eerste openbare bewerings gemaak. Gister het die EFF ‘n liedjie vrygestel “Zupta Must Fall!” Die beskuldigings teen die Guptas is deel van die EFF se verkiesings veldtog.

Danie Malan ·

Wie gee een flenter om wat die Guptas te sê het ? Daar hoef nie eers oor dit berig te word nie want die info is net so useless soos Zuma :(

m ·

Malema is omtrent stil oor alles. Hier is beslis nou weer n stilte voor die storm, hy is te lief vir sy eie stem om net te swyg. Daai mal koppie werk seker oortyd aan ‘n plan of action!!!

Dee ·

Van die lesers hierbo het soveel bewondering vir Malema dat hulle van hom praat op sy voornaam asof hulle vriende is.

jaco ·

die guptas het in 1993 na SA gekom en het toe reeds toestemming gekry om hier te bly en besigheid te doen. toe het die land nog ‘n WIT regering gehad. So niemand, veral wit mense awt toe NP gestem het, moet eintlik nou kla nie. hierdie nonsens kom van ver af…

jaco ·

ekskuus, ek onthou nou. Geen wit mens het voor 1994 vir die NP gesteun of enige vorm van apartheid ondersteun nie. almal was mos toe reeds so vreeslik “liberaal”.

Gert ·

Soveel vrae oor :
Integriteit
Handel en nywerheid
Intelligensie
En vele meer
Die hele landsbestuur het soveel tekortkominge, sonder behoorlike vooruitsigte
Alle evalueerders het menings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.