Gupta-maatskappy kap terug oor Eskom-kontrak

Argieffoto

Argieffoto

Nazeem Howa, uitvoerende hoof van die Gupta-familie se Oakbay Investments, het uitgevaar teen die Sunday Times oor sy berig rakende ʼn steenkoolkontrak met Eskom.

Die koerant het berig dat Tegeta Exploration and Resources, ’n maatskappy wat deur die Gupta-familie besit word, ’n kontrak van R4 miljard gekry het om steenkool te verskaf ondanks die feit dat hulle glo in 2011 nie gebruik is weens die standaard van hul steenkool nie.

Volgens die Sunday Times het die maatskappy ná die vyfde probeerslag die kontrak gekry nadat hulle vier keer die gehaltetoets gedruip het. Howa het in reaksie op die artikel gesê dit is “swak nagevors, feitelik bankrot en ʼn redakteur se kommentaar”.

Volgens Howa word hulle steenkool daagliks getoets. “Oakbay Investments, die gesin se primêre dryfmaatskappy, het minder as 50% aandeelhouding in Tegeta, so om na die Gupta-familie in die opskrif te verwys is kwaadwillig en misleidend.”

Howa het gesê sedert die maatskappy in April vanjaar steenkool begin verskaf het, word daar daagliks toetse gedoen en het daar eers in Augustus “onverklaarbare verskille ontstaan rondom die vlakke van swael” in die steenkool.

Volgens Howa het Eskom toe ʼn ondersoek van stapel gestuur en is alle invorderings van Tegeta eers gestaak. Eskom het ná die afhandeling van die ondersoek weer steenkool by Tegeta begin ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

alex ·

@ Daan ek stem 100% met jou saam.
Van zuma kan jy enige misdaad verwag.
Die man met honderde Bedrog Klagtes teen hom!!!

Eduard ·

HOEKOM KRY BIUTELANDSE MAATSKAPPYE SILKE KONTRAKTE WAT VAN ONS UIE MENSE

nicoprinsloo ·

Lieg maar net soos die anc en pak sluld op ander.sal laaik om te weet hoeveel ander kontrakte het hulle in ons land en dit is hoekom ons skole n gemors is hoe minder geleerders vir die anc hoe meer buitelandse vriende met kontrakte so die pres zuma en sy nabye vriende lag al die tyd bank toe

Dee ·

Netjiese diplomasie, Karolis. Jy kon bygevoeg het dat hulle dalk selfs weet wat die doel is van die CapsLock sleutel.

Peet Schabort ·

Net soos daardie laaigraaf op die foto die swart goud skep so skep hulle ook ons land se ekonomie.

neelsie ·

“Mr Nazeem, jy is maar net so korrup soos jou vennoot Mr Jacob.”
Jammer dat gierigheid julle lewe gesteel het en julle is verantwoordelik vir die ondergang van miljoene ander.

Lisa ·

Ek dink eerder dat Cyril die BEE vennoot is. ‘n Jakkals uit die boonste rakke

BoereBikerBaby ·

Ek verstaan nie hoe dit werk, help my as ek dom is soos bogenoemde (in a way) ons voer steenkool uit (reg?) hoekom voer ons in as ons dit verkoop aan ander lande? Dis mos nou glad nie baie “slim” en ekonomies nie?

Lynette ·

Ek het jare gelede vir n staal mpy in Vereeniging gewerk en ons het sekere produkte wat ons benodig het uit China ingevoer. Die spesifieke produkte, het China aangekoop van Yskor in Vanderbijlpark en dit goedkoper aan ons verkoop as wat ons dit self vanaf Yskor kon aankoop. Dis nou handeldryf. Ek vetstaan dit ook nie.

Karolis ·

Lynette,
Die groter risiko is min of meer tussen Vanderbijlpark en Vereeniging, genaamd Sharpville. Jy kan nie daar verby ry met ‘n vrag staal sonder om ten minste die helfte van die vrag aan kaping en of diefstal af te staan nie. Ek is nie baie goed gewees met somme op skool nie maar dit klink of daar minder risiko is om die staal vanaf China in te voer. So word dit vanaf JHB verby Meyerton vervoer. Sien jy nou, veiliger!
Nou dink ek ook,……..uhm?…….China is dalk die skuilnaam/maatskappy van die Gupta’s…….

Jan maak n Plan ·

Ek wil my verbeel, dat daar so hele ruk terug n stuk was op Carte Blanche, oor min of meer dieselfde storie. Oordat die vorige regering blykbaar n steenkool kontrak gesluit vir +/- R80 per ton, het met verskaffers vir Escom, tot ek dink 2030 en toe kom n slim vorige direkteur en sien die groot berge steenkool by die kragstasies le. Hy stop toe alles en toe die steenkool min raak toe laat laai hy weer af. Aangesien hy kontrak breek gepleeg het, moes Escom toe uitvoer prys betaal, wat toe iets soos R800/ton was. Seker n pel van nr1 en die Guptas gewees. Gewerk met n plan. Dit laat n man maar net wonder ne.

Ben ☺☺☺ ·

Baie skerp Karolis – jy het puik hiemor verskav – kikker my dag op !!!

Ben ·

‘n Paar skerp aan/op-merkings hier. Vernaamlik van die “Capslock” asook die gebrek aan korrekte spelling. Ek sal daarvan hou as Maroela soos Facebook ‘n “Like” geleentheidsblokkie skep. Miskien sommer ook ‘n “Dislike” blokkie?

pop ·

Ek sal ook like om n dislike blokkie te he as ek iets like of dislike.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.