Gupta-transaksies: Klagtes ingedien; Valke-ondersoek gevra

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Strafregtelike klagtes is teen die Gupta-familie en Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun, ingedien in verband met “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard, wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het.

Die EFF het die klagtes Sondagoggend by die Rosebank-polisiestasie ingedien. Die DA het intussen geëis dat die Valke die bewerings wat Pravin Gordhan, minister van finansies, in hofstukke maak, ondersoek.

Gordhan het hofstukke ingedien om uitsluitsel te kry oor sy verpligting as minister om die Guptas by te staan in hul stryd teen die land se banke. Die respondente in die hofstukke is 14 geregistreerde maatskappye in die Oakbay-groep van maatskappye, wat bande het met die Guptas sowel as Absa, Standard Bank, Nedbank, FNB, die president van die reserwebank en die Finansiële Intelligensie Sentrum (FIC).

“Die hofstukke verwys na 72 verdagte transaksies. Dit is interessant dat 26 van die transaksies, ter waarde van R5,9 miljard, plaasgevind het nadat Nazeem Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments, die eerste keer by Gordhan gekla het oor die banke wat hul bankrekeninge gesluit het,” het David Maynier, woordvoerder van die DA, gesê.

“Ons moet seker maak die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek ook die verdagte transaksies.” Volgens Maynier het hy reeds in Maart aanklagte van korrupsie teen Atul Gupta, Ajay Gupta en Duduzane Zuma ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Alida ·

As alle gesaghebbenes die pot roer het hulle nie uitkomkans nie. Die Guptas moet vir Zuma saamvat tronk toe. Geld kan nie altyd alles regmaak nie. Hierdie goed is van landsbelang en nou is die tyd om die blik wurms oop te maak. Gaan vir hulle DA en roer hulle.

John ·

Die pers sal hierdie saak lewendig moet hou en ander partye sal die geveg moet help veg want die verraderlike kring sal deur sy trawante beskerm word. Die staat en sy sytakke is in ‘n knyptang vasgevang. Die uiteinde…?

Mariaan ·

Dis nie eers te betwyfel nie.
Wat gaan van Suid-Afrika word??????

Toki Scura ·

“Wat gaan van Suid Afrika word” Wel as jy jonk is vra die ouer geslag wat het met Zimbabwe gebeur (los die geskiedenis boeke hulle lieg)
As jy heelwat ouer is dan is ek jammer om te hoor jou oogklappe het gewerk.

Gerd Lourens ·

Lê dadelik beslag op die paspoorte en vries die bates.

Luister ·

Ek is bevrees die Valke se bevelvoerders is ook deel van Zuma se binnekring!

Sane Serenity ·

Nou sal ons sien van watse stoffasie is Shaun Abrahams gemaak. Is hy man of muis? Vir Abrahams is dit ‘n Catch-22.

Hein ·

Ek se vat die klomp vas en stuur die hele lot tronk toe, of nie dan word een van die Guptas nog president ook

zahn ·

Tronkstraf keer niemand om president te word van hierdie piesangrepubliek nie. Die krakies in die anc begin nou al wyer te loop. Te mooi vir woorde. Toesmeer kan mens ook nie vir altyd nie, iewers raak die pleisterwerk te dun..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.