Gupta-vlugbewerings: Raaisel verdiep

Pres. Zuma (foto: Flickr/GovernmentZA- en die drie Gupta-broers (foto's: who's Who).

Pres. Zuma (foto: Flickr/GovernmentZA- en die drie Gupta-broers (foto’s: who’s Who).

Terwyl woordvoerders van die Gupta-familie ontken dat van die familielede landuit gevlug het en aangedui het dat hulle nie verder oor die aangeleentheid kommentaar gaan lewer nie, is daar berigte dat twee van die Gupta-broers nou in Indië is.

City Press en Rapport het die naweek berig Ajay en Atul Gupta, een van die twee se vrou en vyf assistente het Donderdagaand laat van Lanseria-lughawe met hul private straler na Dubai vertrek. Volgens die koerant het hulle ʼn “berg bagasie” by hulle gehad.

Vrydag is aangekondig dat Atul Gupta, Varun Gupta en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, met onmiddellike effek by Oakbay Resources bedank het. Dit het gevolg dae nadat FNB aangekondig het dat hy Oakbay Resources se rekeninge gesluit het. Absa het ook vroeër vandeesweek sy verbintenis met die maatskappy beëindig te midde van bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed op pres. Zuma en die regering se sake het. KPMG het ook vroeër as Oakbay Resources se ouditeure bedank nadat die maatskappy vir meer as 15 jaar sy kliënt was.

Intussen berig News24 dat die vliegtuig waarmee die Gupta-familielede Donderdagaand van Lanseria-lughawe na Dubai gevlieg het, Maandag in die vroeë oggendure na Indië gevlieg het.

Nazeem Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments, het Maandagoggend aan Bloomberg TV gesê lede van die Gupta-familie het nie landuit gevlug nie.

ʼn Woordvoerder het intussen aan Maroela Media gesê die Gupta-familie het in dié stadium geen verdere kommentaar nie “en sal nie besonderhede verskaf oor die individuele bewegings van familielede nie”. Die woordvoerder het verder gesê “die onus is nou op sakelui en die banke om die regte ding te doen”.

Die Gupta-familie is veral onder druk geplaas ná bewerings dat hulle ʼn invloed gehad het op Zuma se aanstelling van Mosebenzi Zwane, minister van mynbou, en die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen. Mcebisi Jonas en voormalige ANC-LP Vytjie Mentor het onthul die Guptas het ook vir hulle ministersposte aangebied.

Lees alle vorige berigte oor die Guptas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

m ·

dalk weet hulle iets wat ons nog gaan uitvind een of ander tyd.

Martin ·

M, ek dink jy is heeltemal rêg. Hulle vertel dalk nog self vir ons iets.

André ·

KPMG en die banke sal nie sommer net ontrek gebasseer op bewerings nie. Iemand weet iets wat nie uitgelap word nie.
Good riddens of bad ……..

Sarie ·

Ja dalk dat hulle besig is om die Indiese weermag in ons land in te stuur om ‘n staatsgreep uit te voer. Hulle skryf mos klaarblyklik aan die Indiese regering voor hoe om die landte run, dan kan hulle dit mos hier ook kom doen

Wonder net...? ·

Ek wonder of hul dalk op vakansie is, of waar ons ingevoerde”Made in China, gekry het, vervang gaan word met “Made from Guptas, India”

Rynhardt ·

Ek glo die Anc het nog steeds baie sterk verbintenisse met die Guptas, al ontken hul dit.Ek glo Indie gaan Anc nog bystaan in chaos wat kom in SA.Guptas het nie verniet sakke vol goed Indie saamgeneem nie.Ek glo daai sakke was vol goud en diamante gewees.Guptas het groot invloed by Indiese regering en wereld.Interpol het nog nooit Guptas ondersoek vir al hul omstrede transaksies nie! Ons moet nie vergeet nie, China en Indie is baie lief vir die Anc! Ek glo dat beide China en Indie gaan kom inmeng of probeer inmeng in SA se sake nog!

Loeis ·

Jy raak iets aan wat dalk soos ‘n sameswerings teorie mag klink. Maar kom ons vat die Des van Rooien debakel. Was Zuma regtig dom, of het hy dit beplan? Die Rand het baie waarde verloor, en toe weer gestyg toe Gordhan oorgeneem het. Zuma het geweet wat hy gaan doen. As hy en sy vrinne bv ‘n paar milljoen Rand se Dollars gekoop het voor hy Nene gepos het en daarna met daardie Dollars swak Rande gekoop het, het hy binne twee dae ‘n vet wins gemaak. Dom of slim?

As hulle kliek dus iets van komende chaos in SA weet, dan weet hulle dalk om hul geld te skuif voor dit gebeur. Maar, lg kan dalk ook beplan wees om mense te laat dink hulle verwag dat iets verkeerd gaan loop, terwyl hulle iets heel anders beplan. Die vraag is: wat?

Hannes ·

Dit maak sin! Kry Zuma om die land te de stabiliseer, die rand verswak, en hulle skep miljarde rande met uitvoere. En solank die rand swak bly word hulle ryker en ryker, hoekom anders sal n president wat al die raadgewers het dan so optree, dis als in eie belang, self veryking!

GES ·

Dit sal baie insiggewend wees om te weet of hulle die land op op ‘n wettige wyse verlaat het maw is hulle deur doeana? Die vermoede is dit hulle moontlike arrestasie wil uitskakel en gevolglik gaan ons hulle miskien nie weer sien nie. Dit beteken nie dat hulle, hulle ‘bedrywighede’ gaan staak nie. Ek hoop en vertrou dat hierdie die begin van die groot skoonmaak proses is en dat stelselmatig van alle skuim ontslae geraak gaan word. Die tyd sal leer.

Paul ·

Is julle seker dis “Vuran Gupta” en nie “Varun Gupta” nie? Die naam “Varun” is ‘n algemene Hindi-naam, maar ek het nog nooit van “Vuran” gehoor nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Paul,

Dankie dat jy ons op ons fout gewys het. Dit moet inderdaad Varun wees, die berig is gewysig.

Groete
Landi nms Maroela Media

Deon ·

Dit is Varun, hy was werksaam saam my by Shiva Uranium, die ou Afrikaner myn buite Klerksdorp.

Koos1 ·

Die vraagstuk verdiep:
1. “n Vliegtuig met kontant word ‘n paar maande gelede in Durban gestop. Zuma se naam word daaraan gekoppel.
2. Zuma gaan Dubai toe vir ‘n werkende besoek (LW nie staats besoek nie) en die EFF beweer hy het R6 Biljoen vir die Guptas gaan weg steek.
3. Des van Rooyen was Des 2015 in Dubai vir ‘n “private reis” terwyl die Guptas daar is, en word daarna Minister van Finansies.
4. Nou vlieg die Guptas Dubai toe.
Kan dit alles toeval wees?

Katrien ·

ag siestog, en ons gewone mense moet eers toestemming kry om n paar rand die land uit te vat.

Jan maak n Plan ·

Nee nee mense die Guptas het nie die land uitgevlug nie – oooo nee. Hulle is amptelik op ‘n premanente buitelandse vakansie om al die geld wat hulle “so vreeslik hard verdien ” het te gaan blaas.

Francois le Cochon ·

‘n “Berg bagasie” of stawe goud en kontant?

MIke van Staden ·

My conspiracy “theory” lui so:
eers 2 en toe 6 Billion en n ronde getal van 8 Billion, goud verhandel op die oomblik per kilo vir so rofweg R596000, deel daai 8 billion daar in, dit maak vir 13431 Kilogram goud. Nee wat, daai suitcases was gelaai met Breitlings en Rolex horlosies. Die ware prys was tien teen een deur die uwe Zumer as n gunsie in Dubai afgelaai, onthou Zumer se vliegtuig het diplomatic immunity, dus vry om nie deur SARS en enige ander Customs te onder soek word nie. En waar sou hulle die goud kry, onthou die Guptas besit n goud myn as deel van Shiva Uranium Mine, dus is hulle vry om met goud te handel. En wie gaan hulle stop om goud met hulle aandeel houer in Dubai te deel as deel van die se profeit? Die reserwe bank? Dink weer, onse Zumer het hom lankal met “Loyalists” om ring, nes sy buddy BOB oor kant die rivier.

Voorlaaier ·

Hulle het land uit gevlug om arrestasie te voorkom…Dis al.

EMK ·

Ek kyk die foto’s so…ek onthou my ma het altyd gesê as mense lank getroud is/na aan mekaar lewe begin hul na mekaar lyk en ek moet sê no.1 en van die’s begin baie na mekaar lyk

Anoniem ·

Kyk bietjie na 11 March 2011 Mail&Guardian se “The Guptas:A dummy’s guide” vir nog inligting. Heel interessant!

GERRIT ·

Waar is ons nasionale intelegensie mense dan. Kan mos nie te moeilik wees nie. Of is dit verdoeseling.

Uit die Ooste ·

Hoeveel Guptas broers is daar nou ? Lyk my hulle is nou die wereld vol.

pieter ·

vlieg ons weer rond sonder dat ons paspoorte,of vrag nagegaan word.ZUMA TOESTEMMING OF HOE

Frans ·

Zumi broem broem jy sal moet spoed kry dinge word warm jou jomas is aan die hol

EMK ·

En let wel, almal – van LANSERIA af want daar is nie doeane nie – mens wonder dus wat was alles in die bagasie.

Anny ·

Al die goed maak my sommer naar. Kan nie verstaan dat korrupsie ens elke keer eers bekend word nadat dir bom gebars het. Waar is ons eie eerlike “FBI”

KP ·

Iemand het nou die dag hier kommentaar gelewer dat daar n nuwe omstrede Indiese bank in Durban oopgemaak het. As dit so is dan is die vliegtuig met die R70 miljard rand en dooi man aan boord wat blykbaar op pad Durban toe was, seker bestem vir die bank wat dalk aan die Guptas behoort. Kan iemand dalk meer lig op hierdie kommentaar lewer.

Magda ·

My oorlede ma het altyd gese die waarheid sal uitkom al moet n kat dit ook uitbring. Ek dink die Hemelse Vader moet vir ons weer n Beleamse donkie wat kan praat.

Magda ·

My oorlede ma het altyd gese die waarheid sal uitkom al moet n kat dit ook uitbring. Ek dink die Hemelse Vader moet vir ons weer n Beleamse donkie gee wat kan praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.