Guptagate-beamptes weet gou hul lot

Foto: www.planespotters.net

Foto: www.planespotters.net

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) sê weermagbeamptes wat glo by die sogenaamde Guptagate-skandaal betrokke was, sal teen die einde van die maand hul lot weet.

Adv. Pikkie Greeff, nasionale sekretaris van Sanwu, sê die vier weermagelde – kol. Nomsa Khumalo, lt.kol. Christo van Zyl, lt.kol. Christine Anderson en ao. Thabo Ntshisi – het reeds in die millitêre hof by die Thaba Tshwane-basis in Pretoria verskyn en is aangekla. Die aanklagte hou verband met ʼn gehuurde vliegtuig vol gaste van die Gupta-familie wat sonder behoorlike magtiging op die Waterkloof-lugmagbasis geland het. Greeff sê die landdros moet teen 29 Oktober besluit of daar ʼn saak is om aan te hoor en indien so wat die aanklagte is. ʼn Ondersoek deur die regering het president Jacob Zuma en sy ministers vrygespreek van enige verkeerde optrede en bevind die landing was weens “sameswering deur beamptes.” Daar is vroeër die week berig dat Anderson in haar beëdigde verklaring gesê het Zuma was bewus van die landing en dat hy persoonlik navraag daaroor gedoen het. Greeff sê indien die saak voortgaan die staat sal sukkel om die beamptes te vervolg indien Bruce Koloane nie geroep word om te getuig nie. Koloane, die voormalige hoof van staatsprotokol, is daarvan beskuldig dat hy die landing georkestreer het. Hy is intussen in ’n laer pos in dieselfde afdeling aangestel en met twee maande se salaris beboet. Agang SA het Anderson intussen geloof “vir haar dapperheid om die groot man van Suid-Afrikaanse politiek bloot te stel terwyl hy probeer het om op haar en haar kollegas te steun om die reëlboek weg te gooi om sy vriende te baat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mariette Hammann ·

Hoekom word hulle enigsins aangekla as hulle net opdragte van bo uitgevoer het? Tyd dat Zuma die waarheid praat en verantwoordelikheid neem.

wllie ·

Mariette jy moet onthou, hy het al met verkragting ook weggekom.

wragtig ·

Mariette, Zumpie sal nooit skuldig bevind word aan enige iets nie want dan word die hele regering in die tronk gestop.

Vas Vat ·

Wragtig, ek raak nou tegnies, daar is n deler ook, wonder so in my enigheid, wie gaan die spel wen ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.