Guptagate: ‘Zuma sou afvaardiging ontmoet’

Zuma. Foto: GCIS

Zuma. Foto: GCIS

Sewe helikopters wat trougaste van die Gupta-familie vervoer het, was toegelaat om van die Waterkloof-lugmagbasis na Pilanesberg te vlieg om met president Jacob Zuma te ontmoet, berig City Press.

Volgens die berig is die inligting vervat in ʼn verslag wat deur ʼn millitêre tribunaal opgestel is na ʼn voorlopige ondersoek oor die gehuurde vliegtuig vol gaste van die Gupta-familie wat sonder behoorlike magtiging op die Waterkloof-lugmagbasis geland het. Die tribunaal ondersoek die betrokkenheid van weermagbeamptes by die landing. Die helikopters word glo genoem in ʼn e-pos wat deur brig.genl. Les Lombard, bevelvoerder van die lugmagbevelspos, aan lt.genl. Fabian ‘Zakes’ Msimang, hoof van die lugmag, gestuur is. Lombard het in die e-pos, gedateer 1 Mei 2013, geskryf hy het dringend leiding nodig oor of “verdere vlugte van burgerlike helikopters vanaf die Waterkloof-lugmagbasis na Pilanesberg, waar die afvaardiging Nommer Een moet ontmoet, goedgekeur is as gevolg van aanvanklike interaksies” met Bruce Koloane, die voormalige hoof van staatsprotokol. Beeld het Donderdag berig dat twee van die vyf weermagbeamptes wat by die landing betrek word in hul beëdigde verklarings vir Zuma ook betrek het. ʼn Uittreksel uit lt.kol Christine Anderson se verklaring lees: “Op of om 17 April 2012 het mnr. [Bruce] Koloane my geskakel en ingelig dat hy teruggekeer het van die president af en dat die president wil weet ‘of alles steeds op koers is vir die vlug’.” Koloane is intussen in ʼn laer pos aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wragtig ·

Toemaar ou Zumpie die waarheid sal tog uitkom. Hoekom erken jy nie als nie dan weet ons mos wat is die storie.

wllie ·

Zuma, ek wonder maar net of n stort al die gerugte gaan wegwas?

a.lombard ·

Waarom was daar enige twyfel, die opdrag kon alleenlik kom van die hoogste gesag, maar wat gaan daaraan gedoen word? ons land word stelselmatig vir net eie gewin en vir persoonlike vriende beheer, net so kan die vraag gevra word? wie gaan die kontrak kry vir die nuwe ID dokumente? sekerlik ook ‘n persoonlike familielid of vriend. Almal skreeu , almal praat, koerante publiseer, maar geen persoon het die moed om op te staan, dus as landburgers/die mense op straat mag ons net sowel nie bestaan nie. Waarom word ons nie vertel wie is die Guptas? waar kom hulle vandaan? hoe lank is die vriendskap al? wat besit hulle……..en wanneer hoor ons wat doen Shaik, terwyl Derby Lewis steeds weg rot. in die tronk.

In enige ander land sal die Hoog persoon on middelik moet bedank!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.