Guptas gaan aandele in alle SA-sake verkoop

Pres. Zuma , Atul Gupta en Noxolo Kiviet. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma , Atul Gupta en Noxolo Kiviet. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die omstrede Gupta-familie het Saterdag bekend gemaak hy gaan al sy aandele in Suid-Afrika teen die einde van die jaar verkoop.

“Sedert ons besluit om uit te tree uit alle uitvoerende en nie-uitvoerende poste in al ons Suid-Afrikaanse ondernemings in April 2016, het die plaaslike bestuurspan ons sake van krag tot krag laat groei, met ʼn omset en winste wat goeie groei toon en meer werksgeleenthede geskep het,” het Gary Naidoo, die familie se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“As ʼn familie glo ons dit is nou die regte tyd om ons aandeelhouding in Suid-Afrikaanse ondernemings te beëindig. Ons glo dit sal ons huidige werknemers bevoordeel en lei tot verdere groei in die ondernemings.”

Die familie het gesê hulle is reeds in gesprek met verskeie internasionale voornemende kopers en hulle sal binnekort verdere aankondigings daaroor maak. “Ons glo die besluit is in die beste belang van ons ondernemings, die land en ons kollegas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Alida ·

Die enigste rede hoekom hulle dit doen is omdat hulle weet hul groot tjommie Zuma is oppad uit.

Ander Koos ·

Die redes wat hulle aanvoer is nie waar nie. Hulle besef die “fonteintjie”gaan binnekort opdroog

Nico ·

Hulle weet waarskynlik ook hulle moet uitverkoop voor ons rommelstatus tref.

Ww ·

Sal graag wil weet wie is al die maatskappye en hoe van skoene op staat verkoop tot so magtige familie wie het gehelp en hoe

Lance ·

Dis net nog n front ….ons sien al deur hierdie oneerlike mense …jy word aan jou vriende geken .

Uys ·

Die Guptas weet reeds wat ons nog op hoop bleik dit wees.
Alles net te skielik na die Zuptagate!
Zoem Zum

Voorlaaier ·

Hulle weet Zuma se doodsklokke lui… Like rats deserting a sinking ship!

Arrian ·

Stem saam, hoop net daar bly genoeg reddingsboeie oor om ekonomiese skip drywend te hou tot uitkoms kom.

Pik ·

Hulle weet hoe swak die rand gaan word na Zuma se aanval op min van fin

Cherokee ·

Ek het ook vir ‘n oomblik so gedink…. gedink dat dit alles beplan is omdat hulle wil verkoop. Maar toe besef ek dat die redenasie verkeerd is want hulle wil teen ‘n sterker rand en nie ‘n swakker geldeenheid, verkoop want hulle wil dollars koop met rande.

Peter ·

Die ratte draai en die knyptange draai al vaster en die hitte word al warmer

Theo ·

Dis so waar wat jy se Peter. “Interessante” week of twee wat voorle vir SA.

Frederik ·

Mnr Gordhan het gister op ‘n personeelvergadering net een keer hul naam genoem, nou gaan hulle al hul aandele in SA verkoop. Dit wys net hoe korrup en skuldig die spul werklik is en Gordan se “rogue unit” is op hul spoor.

John ·

Praat vann bollemakiesie slaan… en al wat oorbly is… Nee, nie die makiesies nie… om te glo hulle gaan geen geld verder maak in SA nie… Mens twyfel… Maatjies sal as front dien. Ou mammon se geldlaai klingel steeds.

Corrie ·

Hopelik kies almal wat deur tenderpreneurskap hulself onregmatig verryk het die hasepad landuit om nooit weer terug te kom nie.

Jan maak n plan ·

Lekker daar gaan nog so biljoen of twee die land uit. Min Gordhan moet net sê dat hulle geld nie die land mag verlaat nie. Dan sit die klomp Guptas met hulle vingers in hulle……. ore.

Ashton van Niekerk ·

Nou hoe weet ons hulle gaan nie eenvoudig die ondernemings “verkoop” aan van hulle vele marionette en so indirek steeds ‘n invloed uitoefen sonder om hulle naam daaraan te koppel nie?

Lh ·

Korrek alles verkoop wat op alle denkbare oneerlike wyses bekom is

Sus ·

Good riddens of bad rubbish! Al moet SA nou net skadebeheer doen. Guptas moet waai…..Hoe gouer hoe beter!

Rupert Ashford ·

Jip ek het nou net vir Kersvader en die Paashaas op ‘n pienk vark hier sien verbyvlieg. Hulle sal dit baie goed wegsteek of nog dividende van die nuwe “eienaars” kry. Ou Jakop Regop en die spul sal nie sonder ‘n geveg net verdwyn nie. Hulle is nie die tipe nie.

John ·

Wat was in die bagasie wat annerdag so vinnig die landuit gevlieg is? Dit was glo baaaie en grooot en swaaar sakke. Seker nie mevrou ball’s se blatjan en rooibostee nie… Miskien al die rommel wat deur die jare in hul agterplase opgehoop het… Stories wil dit he dat sekere skilderye ook in die hande van talentvolle plaaslike kunstenaars gelaat sal word om verder mee te woeker…

Wern ·

Dis net nog n skelmstreek, n front voorgehou. Onkruid vergaan nie so maklik nie.

Katrien ·

Ek hoop hulle loop dieselfde roete as ons gewone Suid Afrikaners om geld die land uit te vat.om n klarings bewys van SARS te kry om jou toegelate paar rand uit te vat is n omslagtige proses wat frustrerend is en nie altyd toegestaan word nie

Emile ·

Hoe gaan hulle vir Zuma verkoop? Opveil aan Suid-Amerikaanse dwelmbase?

CHRISTA ·

Hulle sien nou hoeveel skade Zuma se leierskap aan hulle besighede gaan doen en daarom vat hulle geld die pad!!

Adam ·

Ek dink enige iemand met bietjie verstand kan baie suksesvolle besighede tot stand bring met die staatsgelde wat hulle ontvang het Meeste gevalle het ons net nie die aanvangskapitaal om te begin nie en hulle het die staat agter hulle gehad

Johann ·

En my oorle ouma was in haar laat 90s n fenominale branderplankryer. Glo nie n asemhaling van die klomo en hulle handpoppe nie. En sou hulle WEL ons landjie verlaat…wies in hul plek?

Alida ·

Moet die opbrengs uit die verkoop nie terugkom na die staastskoffers nie, aangesien transaksies van die maatskappye vermoedelik met onregmatig toegekende kontrakte gedoen is, of die opbrengs ten minste gevries word totdat die staats beskermer se ondersoek afgehandel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.