Guptas het glo SA verlaat

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Volgens mediaberigte het twee van die Gupta-broers Suid-Afrika verlaat.

Die City Press het Sondagoggend berig Ajay en Atul Gupta, een van hul vroue en vyf assistente het Donderdagaand laat van Lanseria-lughawe met hul privaat straler na Dubai vertrek. Volgens die koerant het hulle ʼn “berg bagasie” by hulle gehad.

Maroela Media het vroeër berig Atul Gupta, Vuran Gupta en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma het met onmiddellike effek by Oakbay Resources bedank.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê die besluit spruit uit die “politieke aanval op die maatskappy” en die bekommernis dat die werk en lewensbestaan van sy 1 000 werknemers in onmiddellike gedrang kan wees weens Atul, Varun en Zuma se verbintenis met die maatskappy.

Die nuus van die Gupta-broers en Zuma se bedanking kom enkele dae nadat FNB aangekondig het dat hulle Oakbay Resources se rekeninge gesluit het. Absa het ook vroeër vandeesweek sy verbintenis met die maatskappy beëindig te midde van bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed op pres. Zuma en die regering se sake het.

Die gesin is veral onder druk geplaas ná bewerings dat hulle ʼn invloed gehad het op Zuma se aanstelling van Mosebenzi Zwane, minister van mynbou, en die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen. Mcebisi Jonas en voormalige ANC-LP Vytjie Mentor het onthul die Guptas het ook vir hulle ministersposte aangebied.

Lees alle vorige berigte oor die Guptas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Sarel Strydom ·

Hardloop!!!!!!!!!! Thuli Madonsela is aan die kom!!

Hetta ·

Hete! Lag ek nou kliphard hier by myself vir Sarel en Maritz se kommentaar!!!! Dankie tog vir humor tussen die choas deur!

Karma ·

PRESIES, Deon, presíés!!! Maar behoort City Press dan nie ook aan die Guptas nie, of swaai ek die kat aan sy stert rond? Of is dit nou die New Age & ANN7???

Garfield ·

Niks gaan regtig verander nie. Hulle het geensins van hulle sakebelange in SA afstand gedoen nie. Hulle gaan Zuma nou net oor ‘n afstand finansier en oor ‘n afstand aangaan met hulle skelmstreke en korrupsie via proksie (met Zuma se seënwense natuurlik). “The world” is nou LETTERLIK ‘n “global village”.

Koos ·

En ek het nou net gewonder Waar Zuma nou gaan geld kry om Nkandla koste te betaal

Garfield ·

Niks gaan verander nie. Hulle het geensins van hulle sakebelange in SA afstand gedoen nie. Hulle gaan nou net oor ‘n afstand via proksie met hulle skelmstreke en korrupsie voortgaan (met Zuma se seënwense natuurlik). En natuurlik ook vir Zuma finansier. “The world is a global village”.

Rynhardt ·

Vandag berig Rapport dat Zuma se vriende, die Guptas het SA verlaat met sakke vol goed! Rapport en res van media kan nie se wat daai sakke vol goed was nie.Die einste Rapport kan berig oor die Guptas se huise van miljoene oir die hele wereld, maar weet nie wat in daai sakke was nie? Niemand ondersoek ook die Guptas se vliegtuig voordat dit SA verlaat nie.Was daar goud en diamante in daai sakke? Een ding is duidelik, daar was nie sakkies kerrie poeier daarin nie, want Indie se kerrie is 200% sterker as SA s’ n!

humor ·

Garfield, stem saam. Niks om oor bly te wees nie. Hul sorg vir hulself. Maar ek reken tog daar skuil groot vrese dat sekere erge dade op die lappe sal kom. Daar wag n paar verrassings vir ons.

Simon ·

Dalk steek daar waarheid in Julius EFF se bewerings dat Zuma geld uitgevat het Dubai toe, Zuma vat die geld, Guptas bring die bagasie. Maak sin….

Theo ·

Wel, of Julius is dom-astrant, of het baie goeie informante…

dirk ·

Zuma het seker al die geld en ‘proviand’ met inkwqazi, sy amtelike vrag vliegtuig vervoer

Theo ·

Is hier nie binnelands iets groter aan die kom nie??? Of klink ek nou soos n “doem profeet”?

Cherokee ·

Dit is nie onmoontlik nie Theo. Miskien moet ons maar ons privaat stralers ook gereed kry.

Theo ·

Cherokee, Enige leidraad oor waar moontlik gesteelde Lugmag vliegtuie is? Ek het n groot gesin….

Piet Piper ·

Die Vraag is: ” Is dit tot voordeel van S.A. dat hulle die land verlaat?” Afgesien van die baie “bespiegelinge” dat hulle SA “plunder”………………………….hoeveel ekonomiese ontwikkelinge waarmee hulle besig was, gaan nou tot niet of tot stilstand. ?
Wanneer volg die Chinese en ander kapitaal -kragtige magte ? Wat bly oor ?

johan ·

hulle kan hulle besigheid enige plek in die wereld bedruif . moenie dat dit julle bedrieg nie . na die verkiesing is hulle terug

Cherokee ·

Hulle kan nie enige plek in die wêreld druiwe plant nie! Klimaat is ‘n belangrike faktor vir wyn.

My opinie ·

“And that is how the cookies crumble.” Na zuma se vriendelike, nie-amptelike kuier in Dubai het ek nogal verwag dat ‘n hardloop sessie gaan begin. Hul kán steeds hul skadu-bedrywighede voortsit, maar hulle is goed geroer en adv Thuli en die Valke is op hul spoor. Kom ons hou duim vas dis die finale einde van zuma en sy kabinet se houvas op ons land.

Stormrider ·

Hoekom word hierdie mense se vakansies nou aan die massas ‘glo’ as voorbladnuus voorgehou? Dis ‘glo’ nuus Maroelamedia? Dit het ‘glo’ te make met die feit dat hulle teruggetree het uit hulle maatskapye? Daar is ‘glo’ nie ander meer belangrike gebeure in ons land wat meer belangrik is vir verslaggewing nie? Ek ‘glo’ die Guptas steur hulle net so min aan die opinies van die massas as wat hulle hulle ‘glo’ steur aan besigheidsetiek en wat reg en verkeerd is. ‘Glo’ ek.

Lou ·

Hi Stormjaer. Probeer jy Maroelamedia skiet? Dis die verkeerde target boet!

Johann Marx ·

AS daar nou per toeval ‘n ou glipsie oopgekrap word wat deur die Zupta’s begaan is, is dit baie moeilik om in Dubai gearresteer te word….Die valke vlieg nie tot daar nie.

Oupa ·

Johann, jy slaan die spyker op die kop: hulle het maar net moontlikhede arrestasie voorkom, en na ‘n plek gegaan waar hulle nie maklik uitgelewer kan word nie. Hulle buit is veilig via Panama en City of London versteek; die bagasie wat nóú saamgeneem is, is om vakansie-uitgawes mee te dek.

Pietertjie ·

Johann, jy slaan die spyker op die kop: hulle het maar net moontlike arrestasie voorkom, en na ‘n plek gegaan waar hulle nie maklik uitgelewer kan word nie. Hulle buit is veilig via Panama en City of London versteek; die bagasie wat nóú saamgeneem is, is om vakansie-uitgawes mee te dek.

Zirk ·

Dis soos rotte (lees comrats) die sinkende skip verlaat. Geen bank , in hierdie geval, 3banke, sluit die Gupta rekenings sommer ligtelik nie. Hier kom groot dinge.!Hoop net die ondersoekende joernaliste werk 24/7.

Grassie ·

Soos die Engelse sê, “good riddance”. ‘n Mens wonder net tot hoe ‘n mate het hulle die land geplunder en wat het hulle alles landuit gevat. Zoempas se Saudi-uitstappie word ook al hoe meer verdag. En ek wonder ook nog steeds oor daardie vliegtuig met die banknote en ‘n dooie ou as vrag wat in Harare geland het.

Scalla ·

n Maatskappy kan nie praat nie, wel sy direkteure waarvan hulle ook deel van is/was, benoude katte maak benoude spronge, kop in een mus met jakob

elsabe ·

VAT jou goed en trek Gupta! Dit is so ontstellend om die omvang van korrupsie in hierdie land en die wereld in oenskou te neem. Ek is besig om so sinies te word. Wie glo jy deesdae?

Ouman ·

Was dit sakke vol geld? Niemand deursoek die spul voor hulle vlieg nie. Maklik om rand om te ruil in Dubai. Hoop owerhede kyk bietjie na hulle bankrekenings veral die by die geheimsinige Indiese bank in Durban – sal verbaas wees as hulle hulp gekry het om valuta te smokkel nie. Daar behoort nou ‘n behoorlike forensiese ondersoek gedoen te word deur die SARB

wynand ·

Dit het te warm in die kombuis geword……Skoter skandes gaan seker nog uitkom.Kan nie wag daarvoor nie.Guptas het by CNN gaan kla maar systap vrae van CNN. Hulle het ook self hulle naam vernietig en hele wereld weet nou van hoe skelm hulle en Zuma en parlement is.Jy word aan jou vriend geken.Hulle het ons land gestroop saam met Zuma want Zuma kan net tot vanaand dink en niks verder nie.Ek hoop die res van die skelms word ook ontbloot sodat almal kan sien wie hulle is.

GES ·

Dit is wonderlike nuus. Dit is nog nie die oplossing maar ten minste ‘n goeie begin.

Cherokee ·

Het nou net betroubare inligting gekry wat sê die balju het Nkandla gevat.

Susanne van Graan ·

Nee, hulle het vergeet om hom te vra of hom op te laai!

Bart ·

Ek is DIEP bekommerd oor die welstand van die regstelsel in Suid Afrika

Ek vermoed dat een van die 4 groot SA Banke, Nedbank, ABSA, FNB of Standard Bank, het die Gupta broers se name of die “Shamwari” databasis van “SAFPS” gesit.

As jou naam op hierdie “Shamwari” databasis van “SAFPS” gesit is, het die groot banke ooreengekom dat geen een van hulle sal vir jou enige bank rekeninge oop maak nie, nie eers ‘n spaar rekening nie. Definitief oogmerke van ‘n kartel.

Ek is een vir die bekamping van bedrog en ek glo dat alle bedrog moet ondersoek word en as ‘n hof jou skuldig bevind dan moet jy gestraf word.

…. Maar hier lê die groot gevaar:

Al vier die groot SA banke se sienswyse is: “As ons as SA Banke vermoed dat jy het ons enge betwisbare feite gegee gaan ons nie bodder om geld te spandeer om jou in die hof aan te kla nie. Ons as Banke gaan sommer die reg in eie hande neem en jou straf deur jou op die “Shamwari databasis van ‘SAFPS” te lys
vir die res van jou lewe.

Die 4 groot SA banke, Nedbank, ABSA, FNB en Standard Bank het die reg in eie hande geneem en besluit hulle gaan nie bodder met howe nie maar sommer self die skuldigbevinding maak.
“Wat het geword van “Onskuldig tot skuldig bewys is”
Suid Afrikaanse regstelsel is onder bedreiging deur veral die SA Banke (Nedbank, ABSA, FNB en Standard Bank)

Dirk Breytenbach ·

Bart, of jy skeer gek of jy probeer debat uitlok maar jou siening is uit lyn uit met 99% van SA. So nou daar kry jy nou ‘n debat. Verduidelik verder ab., of nee gaan slaap maar rustig ons luister nie na mense met verdraaide waardes nie.

Pierre Nell ·

Doane??? Was hulle ooit deur Doane “laat nag” OF was dit ook vir hulle gereël deur hul politieke bondgenote.
Wat sou die kommentaar wees van Doane, sou hulle gekonfronteer word?? Kom ek raai; Sorry, we don”t work at that time of the night. The Airport is close at that time. En die Beheer toring ” Guptas,enjoy your flight,and don”t forget me

Voorlaaier ·

Hulle het gevlug voordat hulle gearesteer word. …. Daar is geen ander rede hoekom hulle di land so vinnig verlaat ni.

Joann ·

Haha he he. Ek ruik n paar rotte. Daai mense sal nie sommer net land verlaat nie daar is n groot vet slang in die gras. Hul gaan nou net beter korup wees.

Piet Piper ·

Genesis 37:27 “Kom laat ons hom ( Josef) aan die Ismaeliete verkoop…………………………………………..
Genesis 37:28 ” En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle….Josef se broers, hom aan die ismaeliete verkoop vir 20 sikkels silwer, en hulle (Ismaeliete) het Josef na Egipte geneem.

PJ ·

Wonder nou hoekom het zumptas nie aansoek gedoen vir bank lening by die Brics bank nie ?

Gert ·

Ek wonder waar kry malema al sy inligting ? hulle vlug vir malema .

ANDRÉ ·

Slegte gemors opgeruimd, sover dit my aangaan! Hierdie Guptas het die land soos hulle eie klein speelgrond behandel. Dit feit dat hulle vriende en ondersteuners van Jacob Zuma is sê alles!

jaco ·

Die opskrif van die berig “Guptas het glo SA verlaat”, is misleidend. Dit skep die indruk dat die HELE Gupta-familie weg is. Dis egter NET 2 broers, een vrou en 5 assistente wat weg is. Die res van die Gupta-familie is steeds in Suid-Afrika. Ek dink dis te gou om bly te word.
Wat ek nie verstaan nie, is hoe ‘n Indierfamilie se besighede soveel voorregte by die ANC-regering kry. Waar is die BLACK economic empowerment dan nou? Gewoonlik word daar vir Indiers en Kleurlinge gesê “you are not black enough.”

lisaan ·

Moenie jou koppie breek oor daardie bekommernis van banke nie Bart.Die Gupties het vir lewenslank bymekaar gemaak .

Mr P ·

Jaco ek het ook my eie BBBee onderneming en ek praat uit ondervinding.Dit is so dat almal wat voor 1994 ongeag sy land van oorsprong in SA was, behalwe as jy blank is.word geklasifiseer as nie blank en trek dan voordeel met die BBBee stelsel. Maak nie saak of jy n Indier of Japanees is nie. Jy is dan n vlak een BBBee kandidaad wat die meeste punte by n tender sal kry.

Limeriek ·

Hoekom nou gis of wonder of raai? Hoekom is ons land, so in sy maai? Vir wat is jy bang ? Dat hulle jou sal vang? Jy glip net, in die nag weg na Dubai.

scheepers vryburg ·

DA – jy mors jou tyd !
Wees trots komminus jul arme DA’s en stem ANC !

scheepers vryburg ·

DA – jy mors jou tyd !
Wees trots komminus jul arme DA’s en stem ANC !

andries ·

Maroela, wat beteken, HET GLO Suid Afrika vetlaat. Het hulle of het hulle nie, Definieer asb HET GLO.

Sune van Heerden ·

Dagsê Andries

Daar is nog geen bevestiging dat die broers Suid-Afrika permanent verlaat het nie.
Ons vra om verskoning indien die berig vir jou verwarrend was.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jean ·

Dalk ook tyd om te kyk na die klomp Chinese (en andere) wat so na willekeur besighede bekom in SA en dan gewoonlik GEEN belasting betaal nie. Hier is ook ernstige ongeruimdhede aan die gang en sekerlik trek sekere politici toutjies en word dan daarvoor vergoed.

Piet Pompies ·

Vrou, ons moet “Gu” ons “tas” pak, hier kom moeilikheid!

alida ·

Dit kry jy as jy ‘n ooreenkoms met die duiwel aangaan. Het hulle ooit geding hulle kan JZ vertrou of andersom?

Akram ·

Genugtig. Sakke vol goed gelaai en gevlieg. Die Guptas is een van dalk vele meer wat ongesiens ondergrond berdywig is. Dalk was hulle maar net gebruik om die kollig te steel wyl iets of iemand anders nog erger bedrywig is.

Donovan ·

Ek wonder wat se wurms gaan uit die hout kom… miskien moet iemand harder klop… Die Zupta brigade is aan die beweeg…. ons sal sien dat die laaste boetie ook binnekort sal aansluit by die familie in Dubai… die and Gupta vrou is seker by O R Tambo deur die doane met n Ninja pakkie stoksiel alleen sonder dat enige iemand haar af gesien het en sy het ook seker so hoop tasse saam haar gehad… lekker man…

Rina ·

Gaan ons dalk nog meer druk voel, nou dat hul uit die land vlug soos vet rotte. Goed gesteel saam met hul vennoot ????? Hoeveel het hul werklik mee weggekom. Ons land is mos maklike targets omdat van ons mense onbevoegd is, en net std 3 het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.